Thursday, 30 October 2008

My Vrydag Storie - 31 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop julle het net so 'n heerlike week gehad soos ek! Wag, sonder enige doe, kry daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Maandag vroeg uit, want vandag het ek baie werkgewers om te sien. Vandag is ek in Cresta omgewing. Gaan maak ook 'n draai by my goeie vriend Janneman, en vat vir hom 'n bietjie biltong saam. Ag, dis altyd so lekker om by hom te kuier. Nie lank nie, en ek is vort. Gelukkig is ek besig, en die dag vlieg verby. Terug by die huis, en vanaand maak Christo vir ons bobotie met geel rys. mmmmm..... heerlik! Net rustig voor die tv vanaand. Net na 11 onder die appelboom...
Dinsdag weer uit. Vandag net collections wat gemaak moet word. Gelukkig is dit nie vreeslike harde werk nie, maar dis baie rondry. Behoorlik van bakboord na stuurboord vandag, en die dag vlieg. Marius (van die Kaap) bel om te sê hy's hier in Johannesburg, en ons moet vanaand saam kuier. Kry hom 7 uur by Cape Town Fish Market in Cresta. Mensig, ons eerste keer hier, maar heerlik! En ons kuier 'n hond-uit-'n-bos. Teen die tyd wat ons terug by die huis is, is dit net na 10. Dolla, altyd goed om jou te sien, en na 20 jaar is en bly jy nog altyd Elizabeth Taylor! Net na 11 in droomland.
Woensdag eers 'n draai op kantoor gemaak voordat ek uit is. Christo ry saam vir geselskap. 'n Paar plekke wat ek moet aan, en so tussen-in ook 'n Wacky-Wednesday by Steers gekry. Vandag word ek lekker bederf! (ook maar goed Christo is saam...) Oppad huistoe gou 'n koeldrank by Frans gaan drink, en wat toe net 'n vinnige 'inloer' moes wees, word 'n kuier. Ons ry net voor 6 daar by hom. Christo maak vanaand vir ons heerlike natcho's. Dis heerlik! Voor die tv vanaand, en teen 11 uur onder die appelboom...
Donderdag weer uit. Vandag moet ek tot in Krugersdorp werk. Dis 'n laaaang dag, en warm ook. Selfs gewerk in Honeydew ook, en net na 4 terug by die huis. Vanaand is ons genooi vir ete by my goeie vriend Janneman en Frikkie. Dis Ulrich se verjaarsdag, en ons is ook genooi. Natuurlik maak ek my lagie-slaai, en Koeks het 'n heerlike lasagne gemaak. Tania het 'n heerlike knoffelbrood met kaas gemaak, en vir poeding was daar die aller-lekkerste roomys met orio's, gekookte kondensmelk en ..... Julle sal nie glo of weet hoe lekker dit is nie!! Ai, en ons kuier so lekker. Teen die tyd wat ons huistoe gaan, is dit net voor 11. Janneman, Frikkels, baie dankie vir 'n heerlike aand, en baie dankie vir jul gasvryheid. Onthou ek is baie lief vir julle!
Wel, Sondag die 2de November, is dit die verjaarsdag van my goeie vriend Andrè. Andries, baie geluk, en mag dit 'n heerlike dag wees. Mag al jou drome waar word, en mag die jaar vol geluk, vreugde en goeie gesondheid wees.
My wens vir die naweek:-
Friendship is a chain of gold, each link is a smile, a laugh, a tear, a grip of hand, a word of love. No matter the load, let's be friends till we grow old!
Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Marius en Coen.
Christo en Marius.
Ulrich, ons verjaarsdag boy.
Ulla, ons birthday-boy.
Derick en Tania (Frikkie se niggie en haar man)
Derick en sy dogtertjie.
Frikkie en Janneman.
Coen, Christo, Ulrich, Frikkie, Koeks, Tania, Janneman en Derick. Ons 4 voetige vriend is Toughies.

Sunday, 26 October 2008

My Maandag Storie - 27 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike nat Johannesburg. Ek hoop en glo julle het 'n heerlike naweek gehad. Wel, siende dat die Sharks toe gewen het, en dat ons heerlike reën gehad het, was dit 'n SC naweek! Dan het ek ook gehoor van die paartjie wat R5000.00 gewen het by die Sexpo, en nadat hulle hul prys gespend het, moes hulle nog geld inbetaal.... Maar wag, genoeg gewonder oor wat hulle alles kon gekoop het met al daai geld.... Kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... (nee, nie van al die speelgoed nie, maar van my naweek....!) Vrydag aand rustig by die huis. Christo maak vir ons 'n heerlike mix-grill - wors, eiers, mash en 'n lekker sous. Mensig, hy kan gewone kos ook maak! En dêm lekker, hoor!! Rustig voor die tv, en net na Dexter onder die appelboom... Saterdag oggend vroeg op. Teen half 9 sit ons al by Nestcafè in Rosebank. Neil en Alani join ons vanoggend vir 'n heerlike kuier. En is dit nou lekker om hulle te sien, en weer 'soos van-ouds' te kuier. Hulle lyk so goed, en mens kan nie glo dis omtrent 'n jaar en 'n paar dae gelede wat hulle getroud is nie!! Nie net koffie nie, maar ook 'n ou 'bloody mary' vir my. Almal eet tramazini's, en ons kuier lekker. Die oggend vlieg behoorlik, en teen half 12 moet ons gaan. Neil en Alani, dankie vir 'n heerlike oggend. Ons gaan beslis gou weer kuier. Nou Norwood Hyper toe, want ons het 'n klomp goedjies nodig vir die huis. Ai, vandag lekker om shopping te doen, want dis nie so besig nie. Toe gou 'n draai gaan maak by Killarney om ons vleis, drinks en Willie se 'house warming' persent te kry. Terwyl ons by Pick & Pay in die ry staan om te betaal, staan ons goeie vriendin Winnie Mandela met haar veiligheidswagte voor ons! (het mos nou al haar 'signature' gekry op 'n vroeë geleentheid; nie weer nodig nie!) Terug huistoe, want ek moet 'n slaai nog maak. Net voor 4 is ons oppad. Mensig, so goed om vir Willie, Jacques en Jaco, Pierre, Vincent, Christo, Corrie, en Janneman en Frikkie te sien, en weer saam te kuier. Maar die weer is nie aan ons kant nie, en dit sak net voor 5 uit. Terwyl ons die vuur aan die lewe probeer hou, hou Christo ons op hoogte van die telling. Was natuurlik baie bly toe die Sharks wen, want nou kan ons begin braai. Almal braai hulle eie vleisie, want met so baie 'bestellings van medium, of well-done', is dit net makliker as elk hul eie braai. Ons pork rushers was heerlik. Mensig, Pierre se 3 bone-slaai is heerlik, en net so Willie se aartappelslaai. My lagie-slaai was (soos altyd) 'n wenner! En Pierre het die lekkerste poeding gehad. Net na half 12 daar weg, en teen 12 uur in die bed. Pierre, baie dankie vir al jou lekker kos, poeding en die peusel-happies! Dit was regtig heerlik! Willie, dankie vir jou gasvryheid, en welkom in Johannesburg. Ons gaan nog baie kuier. Skapie, baie dankie vir die vleis wat jy so lekker vir ons gebraai het. Jy is die beste braaier! Sondag bietjie laat geslaap, en net na 9 op. Gaan saam met Christo Killarney toe, en kry die koerant. Wil iets kry vir lunch, en stel voor ons gaan eet iets by Cresta. Oppad kan mens sien hoe het die water gisteraand geval. Elk 'n lasagne by Mugg & Bean gaan eet, en lekker gekuier. Terug huistoe, en terwyl die klere gewas het, het ons die dvd van Thumbelina gekyk. Te sweet! Vanaand gaan ons na Pastoor Philip Liebenberg se gemeente toe. Bietjie vreemd om daar te kom en niemand te ken nie, maar gelukkig het Neil en Steve daar aangekom. Pastoor Philip, dankie vir die bewusmaking van 'n hart van steen wat weer 'n hart van vlees kan word. En daai stuk wat jy gesê het oor jou 'magiese kragte van die wiele van die taxi's wat afblaas'.... hoe het jy geweet ek het ook dieselfde 'kragte'...?! (en ek toets hulle omtrent elke dag uit...!) Na die tyd heerlik gekuier, koffie gedrink, en elk 'n heerlike hot-dog geeët. Gaan maak gerus 'n draai by Die Kapel op die hoek van 4de Laan en 4de Straat, Melville. (oorkant die NG Kerk). Gaan kyk ook na Philip se blog by http://philipliebenbergsegaychristenblog.blogspot.com/ . Terug by die huis, en ons val voor die tv plat. 'n Program wat ons tussen 9 en 10 wil kyk, en daarna is ek voor die rekenaar. Wel, Donderdag die 30ste, is dit my skoonsussie Sheila se verjaarsdag. Sheil, baie geluk, en mag dit 'n wonderlike dag wees. Mag die jaar vol geluk, vreugde en baie voorspoed wees. My wens vir die week:- Soms het jy nodig om jou siel te vind. Soms het jy nodig om te huil oor wat jy verloor het en soms moet jy lag oor wat God vir jou wil gee. Soms is die gisters vol hartseer maar die mores vol nuwe beloftes. Soms moet jy leer dat God met liefde mense na jou stuur om jou lewe te verryk. Geseënde week saam met God - wat nie net Soms is nie, maar EWIG! Tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Jaco as ons eige Gene Kelly... Singing in the rain, I'm singing in the rain..... Willie lyk heel verbaas om te sien dis tjoppies, en nie wors nie....
Christo besig om ons rump te braai.
Janneman cheers op Willie se nuwe plek!
Jaco en Jacques is Vanderbijl se eie Siamese tweeling...
Janneman en Frikkie
Willie saam met Pierre, ons gasheer.

Friday, 24 October 2008

My Vrydag Storie - 24 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike koel Johannesburg. Ek hoop en glo julle het 'n heerlike week gehad. Wel, natuurlik het ek weer 'n SC week gehad. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag vroeg op. Vandag gaan ek bietjie 'platteland' toe. Christo ry saam vir geselskap. Eers 'n draai in Westgate gaan maak, want hy't gou 'n klient daar gesien. Toe Krugersdorp en Randfontein toe, en toe Oberholtzer toe. Wel, as jy nie weet waar Oberholtzer is nie.... dis deel van Carltonville! 'n Heerlike rit uit. Daar by die Kentucky sommer vir ons elk 'n heerlike Streetwise 2 gekoop, en dit rustig gesit en eet. Toe die werkgewer gaan sien, en 'n stadige rit terug Johannesburg toe gehad. (so 100 die hele pad gery, want ons het die reuk van die gras en die reën ingedrink...) Ook 'n werkgewer by Hillfox gaan sien voordat ons huistoe is. Wow, wat 'n heerlike dag uit op die pad! Vanaand maak Christo vir ons sommer van gister aand se hoender gemix met 'iets' wat ons op brood eet. Heerlik! Net rustig voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Dinsdag weer uit. Florida toe, en ook 'n draai gaan maak in Northriding. Oppad German Butchery toe ry ek by Niel verby, en ons gaan drink gou 'n koeldrank. 'n Vinnige 'werks-kuier', en toe's ek weer oppad. Dis warm, en ek wens die dag verby! Net na 4 almal gesien wat gesien moet word, en toe terug huistoe. Terug by die huis koffie gedrink voordat ek oppad koor toe is. Vanaand 'n koor-vergadering. Goed om vir Griet, 'Ciela, Viv en die ander te sien. Maar dis nie goeie nuus wat ons kry nie... Net na 8 weer oppad huistoe. Dit reën liggies. Christo het vir ons beet-pasta hoender gemaak. Dit lyk heerlik, maar ek is nie baie honger nie, en eet net 'n bietjie. Weet nie wat gaan aan nie, maar my maag is nie te lekker nie. (nie 'n goeie nag vir my nie, want ek was elke uur op....) Woensdag die dag op kantoor, want dis arbitrasies. Net na 9 kom die eerste faks in waarin die eerste vergadering settle, en net daarna bel die werkgewer van die 1 uur vergadering om uitstel te vra.... Wel, ek is uit op die pad! 'n Paar werkgewers in Randburg gaan sien, en sommer vir Christo ook daar gesien. Toe Cresta se kant toe. Net na 1 gou by my goeie vriend Janneman ingeval. Ai, altyd so goed om hom te sien! 'n Bietjie daar gesit, en net toe ek wil ry, kom Frikkels daar aan. Maar ek moet ry... Nog 'n paar werkgewers wat ek moet sien. Voel nie te wel nie, en teen 4 uur terug by die huis. Val op die bed neer en slaap tot so half 7. Christo het vir ons heerlike vis gemaak. Gelukkig voel ek beter, en dis heerlik! Vanaand vroeg in die bed, en net na 10 onder die appelboom... Donderdag op kantoor. Vandag 3 konsuliasies. Soos dit mos gaan, daag die eerste nie op nie. Gelukkig is almal hier vir die 11h30 vergadering, en ons kan 'n settlement bereik. Wonderlik! Vir lunch gaan drink ek en Christo gou 'n koffie by Nestcafè in Rosebank. Toe terug werk toe. Die vergadering van vanmiddag verloop toe nie so goed nie... maar dis o.k. Vanaand eet ons heerlike stir-fry. Ook bietjie aan Gwen se sunroof gepeuter, want dit sukkel om die laaste tyd oop te maak. Het mos magic vingers, en dit werk! Rustig voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Wel, my wens vir die naweek:- Shalom in hebreeus beteken om veilig te wees, om heel te wees, niks ontbreek, niks stukkend, om gelukkig te wees, veilig, tevrede, ongeskonde, sonder hartseer, vrede te hê. My wens vir jou - SHALOM! Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxxx

Wednesday, 22 October 2008

Oumie, ons onthou - 22 Oktober 2008

"They shall grow not old, as we that are left grow old; Age shall not weary them, nor the years condemn. At the going down of the sun and in the morning, We will remember them." ~Laurence Binyon~(1869-1943) Ouma Hettie (Vermeulen) Du Plooy *22 - 10 - 1916 +01 - 09 - 2001

Sunday, 19 October 2008

My Maandag Storie - 20 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg. Ek hoop en glo julle het 'n lekker naweek gehad. Natuurlik was my naweek ook lekker, dankie. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag mos die dag verlof ingesit sodat ons 'vir oulaas' saam met Alta kon kuier. Heerlik laat geslaap (tot 9 uur) en net na 10 hier weg. Kry Alta by haar vriendin, Margarite. Terwyl hulle die tas uitsort, gaan ek en Christo gou Hyde Park toe. Sien die pragtigste ringe by Orpheo Twins! Die volgende oomblik word ek hier deur die venster na binne geroep.... Christo het in gegaan om dit van nader te bekyk... Mensig, 'n half karat diamant in geel goud; maar pragtig! Moet ook die ring pas, maar nadat ek die prys gehoor het, kon ek dit skaars van my vinger af kry.... so het my vinger geswel van die skok! R39 000.00, ja, nege en dertig duisend rand! Ai, ons met ons sjampanje smaak en bier beursies...! Vir die wat regtig van iets unieks hou, en natuurlik die geld het, gaan kyk gerus by Orpheo Twins in Hyde Park. Hulle tel no is (011) 325 5048, - praat met Pietro. Terug by Alta is die tasse gepak, en ons ry Hugo's toe by Kyalami vir ons kuier. Dis so rustig, en die diens is uit die boonste rakke. Terwyl ons kuier, vertel Margarite vir ons van toe sy in 1968 uit Switserland hier in SA gekom het. Jan Smuts het soos Kimberley lughawe gelyk, en daar was nog 'n enkel pad tussen die stad en die lughawe... Ja, dis 40 jaar gelede!! Kuier en eet heerlik, maar die tyd stap aan, en Alta raak haastig. Oppad lughawe toe is dit maar stil in die kar. Daar gekom, en ons val in die ry by internasionaal vir Sydney. Terwyl ons wag, hoor ons Alta se tas is te swaar, en daar moet uitgepak word - na haar rugsak toe. Al die boeke, persente en vanity case word geskuif. Nou moet ons maar duim vashou. In die tyd kom 'n vriendin en haar man ook daar aan om 'totsiens' te sê. By die inweeg gekom, en daar hoor ons die tas is 3 killo's te swaar. Kan julle glo, vir 3 eksta killo's kos dit R950.00!! Gaan dit beslus nie betaal nie, en net daar word nog klere uit die tas gepak vir die rugsak!! Teen die tyd wat die tas ingeweeg word, is dit 25,3 killo's swaar. Geen probleem nie, geen boete nie, en daar gaat die tas! Die vlug sou kwart oor 6 vertrek het, maar is delaid tot 20 voor 8. Vir die stress moet ons eers iets gaan drink... by die Spur kry ons plek. 'n Bier proe soos heuning! Half 6 is dit tyd... Groet, en toe's sy weg... Teen die tyd wat ons by die huis kom, is dit donker. Vanaand net rustig voor die tv, en Christo maak vir ons heerlike broodjies met kaas, koue vleis en rocket. Teen 11 uur onder die appelboom... Saterdag vroeg op, want Ivy kom in. Die oggend is gou verby, en net na half 2 val ek op die bed en tv neer. Kyk so bietjie, en slaap die res van die middag. Net na 4 ry ons Pretoria toe, want ons gaan by my niggie kuier. So iets van 'n 'family bymekaarkom'. Goed om almal te sien. Sussie, Ruan en Nadia is ook daar. Oom Nando en tannie Hetta, Pedro en Berdine, Nadine, tannie Kotie, Gert en Elzette, Lorinda, Stydom en Susan, en natuurlik die kinders. Terwyl ons braai, sak die reën uit. Lekker gekuier, en teen 9 uur is ons oppad. Berdine, baie dankie vir jul gasvryheid. Gaan slaap by Sussie. Kuier eers saam met Ruan in sy kamer - moet al die toys sien werk, die karre toets, en bekyk tot die trein-stel. Val so 10 uur op die bed neer - gedaan! Sondag oggend net na 8 op. Drink 'n koffietjie en eet 'n beskuit voordat ons in die pad val huistoe. Gelukkig is die pad stil, maar mens kan sien dit het heerlik deur die nag gereën. Terwyl ek die koerant lees, maak Christo vir ons heerlike hoender, pampoen en rys. O ja, daar was poeding en vla ook, maar ek was nie lus daarvoor nie. Soos altyd was die kos heerlik! Vanmiddag val ons op die bed neer, en word eers half 6 wakker. Maak klaar vir kerk. Vanaand is dit nagmaal. Raai wie is ook hier...? Janneman! Ag, so goed om hom ook te sien! Dominee Trevor, dankie dat ons weer herinner word om eerste die balk in ons eie oog te sien voordat ons die splinter in my mede-mens s'n sien... Na die tyd eers tee gaan drink voordat ons huistoe is. Wel, vandag was dit my goeie vriend Frans se 50 ste verjaarsdag en Dinsdag is dit Pietertjie (Londen) se verjaarsdag. Julle twee, ek hoop dit sal 'n heerlike dag wees, en mag die jaar vol geluk, vreugde en baie voorspoed wees. Dan Woensdag, 22 Oktober, sou my liefste Oumie 92 jaar oud gewees het. Ouma Hettie, ons onthou... My wens vir die week: God se oog is vandag oor jou, Sy hand is onder jou, Sy gees en vrede is binne jou, Sy liefde en engele is rondom jou. Lekker week in die holte van SY hand. Tot ons weer gesels, no worries mate, en take care. Coen xxx Margarite en Alta Christo Christo en Alta op Jan Smuts. Ruan en Nadia Nadia, ons Miss Sunshine. Ruan met sy mombakkies. Sussie, Ruan en Nadia. Iceberg rose in Moeder se tuin. Moeder se tuin.

Thursday, 16 October 2008

My Vrydag Storie - 17 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop dit was 'n heerlike week vir julle. My week - wel, buiten dat ek Maandag 0ggend skaars kon opgekom het, was dit 'n heerlike week. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Maandag oggend kon ek net nie opkom nie. Glo my, ek kon nog gedoen het met baaaaiiie slaap. Die naweek het my behoorlik gedaan gelos. Vandag het ek arbitrasies. Maar dit gaan mos maar soos met enige ander dag.... van die werkgewers daag nie op nie, of net die werkgewer daag op... Die storie van die lewe as 'n arbiter! Gelukkig vlieg die dag verby, maar dis verskriklik warm buite. Moet sê, ek is bly ek is in die kantoor vandag. Vanaand maak Christo sommer vir ons van gister aand se kos warm. Lekker. Net rustig voor die tv, en teen 10 uur onder die appelboom...
Dinsdag 'n klomp konsuliasies. Gelukkig verloop vandag bietjie beter. Doen ook 'n klomp admin, en die dag vlieg verby. Gedog ons kry vandag bietjie verligting, maar die reën het ander planne. Dis vrek warm vandag. Vanaand maak Christo vir ons gnocci. (spreek dit uit nokkie...) Mapstieks, het nie geweet dit kan so lekker wees nie. Eet natuurlik weer 2 borde! Rustig voor die tv, en vroeg-vroeg in droomland.
Woensdag vroeg op, want ek het my eerste vergadering teen kwart oor 8. En dis in Randburg! Net na 7 op, maak klaar, en ek's uit. Oppad bel Blackie my om te vra of ek hom nie in Wadeville sal kry nie. My afspraak na-gekom, terug kantoor toe, en toe Wadeville toe. Mensig, daar's 'n ongeluk by die Geldenhuis wisselaar, en dit gaan maar stadig. Kry Mister Malubane, en toe's ons terug. Nou moet ek Wesrand toe. Eers gou stad toe om by die sheriff 'n draai te gaan maak, toe Roodepoort toe. 'n Klomp werkgewers gesien, en net voor 3 bel Blackie om te hoor of ons weer Wadeville toe kan gaan. Kry hom by die kantoor, en toe's ons gou deur. Terug by die huis net na 4. Alta land vanmiddag, en Christo het haar op Jan Smuts gaan haal. Goed om haar te sien. Soos julle almal mos weet, vlieg sy Vrydag Australië toe - VIR ALTYD!! Mensig, ons gaan haar mis, maar gelukkig kan ons gaan kuier. 5 uur gaan ons Nescafè toe, want ons ontmoet van haar vriende daar vir drinks. Ja, dis nou alles so 'vir ou-laas'... Daarna gaan ons drie Sandton toe en gaan eet by Cape Town fish market. Mensig, soos altyd is die calamari en vis (dorado) heerlik! Daarna 'n 'night cap' op Mandela Squere gaan drink. Terug by die huis, en ons kuier bietjie voordat ek bed se kant toe staan. Christo en Alta kuier nog bietjie, en natuurlik word die tiquila ook uit gehaal... Weet nie hoe laat hulle gaan slaap het nie...
Donderdag vroeg op. Christo en Alta is net na kwart oor 7 uit, en ek's eers na 9 weg. (moet sê, ek't eers 'n draai by die kantoor ook gemaak) 'n Paar werkgewers wat ek moet sien, en die dag vlieg verby. Dis weer so warm buite. Sien my verste werkgewer in Krugersdorp, en teen half 4 is ek terug by die kantoor. Al my admin gedoen, en teen half 5 is ek by die huis. Vanaand eet ons heerlike groente-pastei, rys en frikkadelle! Wow, dis heerlik! Julle sal nie glo nie, maar terwyl ek nou skryf, dreun die weer buite, en dit kllink wonderlik! Dalk kry ons lekker reën vanaand... Alta, die hemel huil saam met ons omdat jy weg gaan...
Wel, ek het vir more verlof ingesit sodat ons nog kan saam kuier. My swaer Ig is ook Donderdag geopereer.... dieselfde as wat ek gehad het. Ig, ons hoop op 'n vinnige herstel, en glo nou sal al die probleme weg wees. Sterkte, en word gou gesond.
My wens vir die naweek:-
(Jare gelede het my beste vriend Schalk Pretorius (rest his soul) hierdie vir my gegee, en vandag wil ek dit weer vir Alta gee... Ek weet nie wie is die skrywer nie, maar ook aan hom of haar; baie dankie!)
'At an airport I overheard a father and daughter in their last moments together. They had announced her plane’s departure and standing near the door. She said, “Daddy, our life together has been more than enough. Your love is all I ever needed. I wish you enough, too, Daddy.” They kissed good-bye and she left. He walked over toward the window where I was seated. Standing there I could see he wanted and needed to cry. I tried not to intrude on his privacy, but he welcomed me in by asking, “Did you ever say good-bye to someone knowing it would be forever?” “Yes, I have,” I replied. Saying that brought back memories I had of expressing my love and appreciation for all my Dad had done for me. Recognizing that his days were limited, I took the time to tell him face to face how much he meant to me. So I knew what this man was experiencing. “Forgive me for asking, but why is this a forever good-bye?” I asked. “I am old and she lives much too far away, I have challenges ahead and the reality is, her next trip back will be for my funeral,” he said. “When you were saying good-bye I heard you say, ‘I wish you enough.’ May I ask what that means?” He began to smile. “That’s a wish that has been handed down from other generations. My parents used to say it to everyone.” He paused for a moment and looking up as if trying to remember it in detail, he smiled even more. “When we said ‘I wish you enough,’ we were wanting the other person to have a life filled with enough good things to sustain them,” he continued and then turning toward me he shared the following as if he were reciting it from memory. I wish you enough sun to keep your attitude bright. I wish you enough rain to appreciate the sun more. I wish you enough happiness to keep your spirit alive. I wish you enough pain so that the smallest joys in life appear much bigger. I wish you enough gain to satisfy your wanting. I wish you enough loss to appreciate all that you possess. I wish you enough “Hello’s” to get you through the final “Good-bye.” He then began to sob and walked away. My friends and loved ones, I wish you ENOUGH!!!
Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxxx
Die bok en haar tweeling.
Coen en Alta
Christo en Alta

Monday, 13 October 2008

My Maandag Storie - 13 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop en glo julle het 'n heerlike naweek gehad. Wel, julle kan seker daai advertensie onthou waar hulle vir die twee ou tannies gevra het wat hulle deur die week gedoen het, en dan antwoord hulle 'ons het gekook'. Dan vra hulle weer wat het hulle vir ontspanning gedoen, en die tannies antwoord 'ons het gebak.' Wel, as julle my moes gevra het wat ek die naweek gedoen het, sal ek sê 'ons het gewerk.' En vir ontspanning...? 'Ons het baie hard gewerk!' Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Vrydag oggend is Christo saam my Cedar Square toe om my Donna Clifford opskep-lepels te gaan haal. Julle sal nie glo hoe moi is haar winkel nie! Pragtig! Swaar materiale, donker hout, glas en spieëls. En natuurlik is alles net van die beste, en die duurste!! Was so opgewonde oor die lepels, maar is ook ontnugter deur die grote van hulle... Maak nie saak nie, ek is baie bly oor my prys! Sommer 'n koffietjie in die sentrum gedrink, en toe's ons terug werk toe. Die dag het behoorlik gevlieg. Vanaand is ons net rustig by die huis, en Christo braai vir ons 'n ou vleisie. Lekker tjoppies, wors en 'n slaai. Mensig, weet nie wat hy in die slaai gegooi het nie, maar dis heerlik! Vanaand net rustig voor die tv. Teen 11 uur onder die appelboom...
Saterdag vroeg op, want Ivy kom vandag. Net toe ons wil ry (Nescafè, hier kom ons vir ontbyt!) bel Sussie om te hoor of ons nie haar wil kom help nie... Wel, nou ry ons Pretoria toe... Daar gekom, en ons gaan eers saam met Sussie Spar toe. Raai wie sien ons daar? Neef Jan en Trevor! Goed om hulle te sien, want hulle is juis oppad Australië toe. Vir altyd! Hulle vlieg die 21ste November, en voor dit moet ons nog 'n kuier inkry! Sussie het alles gekry wat sy soek, en terug by die huis word gewys hoe ons die servetringe moet maak. Eers lint gaan kry, maar by al 3 winkels waar ons was, het hulle nie die regte lint nie. Wat nou gemaak? Op die foon met Lol, en sy stel voor ons koop die wat die naaste lyk aan dit wat ons soek. Teurg na die eerste winkel toe, en daar kry ons die lint - vir die wis en onwis sommer 5 rolle gekry! Teen half 2 oppad huistoe. Frikkels en Janneman bel, en ons word genooi vir 'n braai vanaand. So opgewonde om daar te gaan kuier, want nou sien ons hulle nuwe plekkie! Terwyl ons aan die servetringe werk, kyk ons rugby. Jippeeee!!! die Sharks het gewen! Kan nie wag vir die naweek van die 25ste wanneer die eindstryd gespeel word tussen die Sharks en die Bulls nie! 5 uur is ons by Janneman en Frikkels. Ai, hulle het so 'n oulike plekkie. Later kom nog ander vriende, en ons kuier heerlik. Janneman het die heerlikste varkie, hoender en wors gebraai, met aartappelslaai, en Christo se slaai. Mensig, ons eet heerlik vanaand! Speel ook 'n paar 'drinking-games' voordat ons inskuif sitkamer toe. Teen 11 uur moet ons huistoe. Frikkie, Janneman, baie dankie vir 'n wonderlike aand, en dankie vir jul gasvryheid! Dis altyd lekker om saam met julle te kuier, en onthou ons is baie lief vir julle!
Sondag oggend net bietjie laat geslaap, maar teen 9 uur is ek op. Daar's werk wat moet klaar, en die dag stap aan. Werk terwyl Christo vir ons die heerlikste hoender, groentes en rys maak. Net na 2 heerlik geeët, en dis lekker!! Die ringetjies wil net-nie minder word nie. Sussie bel net na 4, en sê hulle is terug by die huis. Ons pak op, en daar gaat ons - Pretoria toe! (mensig, dis die meeste kere wat ek op 'n naweek in Pretoria was....!!) Daar gekom, en ons val verder weg met die res. Gelukkig is dit nou meer hande wat werk. Net na half 8 maak ons klaar met die 100 servetringe. So, nou verstaan julle dat ons die naweek net gewerk het... Eet lekker pizza, en toe's ons terug huistoe. Ek is vanaand gedaan. Skaars by die huis gekom, of ons val op die bed neer. Gou-gou in droomland...
My wens vir die week:-
Vriendskap is: 'n Brug oor eensaamheid; 'n Steunpilaar in pyn; 'n Vlam vir 'n lamp as jou lewenslig kwyn; 'n Skouer om op te huil as die lewe druk. 'n Stewige hand om jou vas te hou; een wat 'n Roos kan pluk; 'n Oor wat luister al sê jy soms sinlose dinge. 'n Stem wat fluister... Jy's 'n kosbare mens!
Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Jenna Clifford se winkel in Cedar Square.
My prys!
Lien, die puzzle en Matewis.
Nadia en Sussie
Nadia en Sussie.
Die spyskaarte en een van die 100 servetringe.

Thursday, 09 October 2008

My Vrydag Storie - 10 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg. Mensig, julle sal nie glo hoe warm is dit hier by ons nie. En dan bly die reën net weg... Ek hoop julle het 'n heerlike week gehad. Myne - soos altyd mos 'n SC week. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag vroeg op, want daar's baie om te doen. Vandag uit op die pad. 'n Klomp werkgewers wat ek moet sien, en probleme wat afgehandel moet word. Dis warm in die kar, maar werk moet gedoen word. Christo bel my so 11 uur - histeries! Hy't sy beursie (met baie geld in) verloor. Ek voel regtig jammer vir hom, en oppad huistoe koop ek vir hom biltong en droë wors. Net na 4 terug by die huis na 'n warm dag buite. Hy's baie bly oor die bederf, maar dit maak nie regtig op vir die kaarte, geld en bestuurders lisensie wat weg is nie. My troos is dat die persoon wat die beursie opgetel het, die geld baie nodiger gehad het as ons... Vanaand maak Christo vir ons lekker bees-stert. Mensig, lekker bly maar lekker, nè! Vanaand rustig voor die tv, en net na 10 onder die appelboom... Dinsdag weer uit op die pad. Christo ry vandag saam vir geselskap. Dis dalk vir hom net 'n lekker saam-ry, maar ek moet werk. Eers Sunninghill toe, en toe Northgate se rigting. 'n Klomp werkgewers en werknemers gesien, en die dag vlieg behoorlik. Net na 3 bel Les my, en ek moet 'n swembad pomp vir die baas gaan haal in Randburg. Dit gekry, en toe dit vir hom huistoe gevat. Toe huistoe vir ons. Nie baie honger vanaand nie, maar Christo maak vir ons heerlike hoender-pasta. Ai, hierdie persoonlike sjef van my spoil my behoorlik met die lekker kos! Bietjie voor die rekenaar gesit, en teen 11 in die kooi. Iewers tussen 11 en 12 in droomland gewees... Woensdag eers gou 'n paar afskrifte in die kantoor gemaak, en toe's ek uit. Siende dat Christo nie baie besig is nie, vra ek hom om saam te ry. Gou 'n paar draaie gemaak in Roodepoort, toe Randfontein toe. Dan Magaliesburg toe. Voordat ons in Randfontein ry, bel ek gou vir Mari om te hoor of sy by die huis is... Kry vir ons sommer by die Spar doughnats, en daar gaat ons. Warm buite!! Die stofpad getrotseer, en julle sal nie glo hoe groot het Dalmae geword nie! Sy is so vriendelik, lag die hele tyd, en sy is pragtig! Dale, Mari, julle dogter is regtig 'n klein prinsessie. Drink 'n koffietjie, en die dag stap aan. Gou Magalies toe, en toe terug Johannesburg toe. Sussie het lint bestel wat ons vir haar moet gaan oplaai in Randburg, en dan sal sy ons glo halfpad meet.... Daar gekom, is dit weer een van daai 'julle kan maar wag, want ons is die enigste mense wat dit het wat julle soek, en daarom SAL ons diens swak wees'... Sandy's Ribbons wen die jaarlikse prys vir die swakste diens!!!!! Half 4 daar weg, en ons ry deur Pretoria toe om dit vir Sussie te vat. Sy't mos gesê sy sal ons halfpad ontmoet - halfpad tussen haar kantoor en die kar. Werk toe gevat, en sy't heerlike koekies, coke en 'n p.s. - you made my day! Nadia het eers haar nuwe poppe vir my gewys, en sy sing ook nou in die junior koor. Ongelukkig wou sy nie vir ons sing nie.... 'n volgende keer. Ig en Ruan ook gesien, en net na 6 daar weg. Dis donker en dit lyk of dit kan reën... Terug by die huis, en Christo maak vir ons van gister aand se pasta warm - met 'n bietjie verandering. Lekker. Vanaand net rustig voor die tv, en teen 11 uur slaap ek al... Donderdag weer uit. 'n Paar werkgewers gesien, en toe 'n inspeksie gedoen wat ek seker 6 maande gelede moes gedoen het... Ook 'n draai gaan maak by Hermies in Krugersdorp Wes. Sien daar 'n masker, en ek neem toe 'n kiekie daarvan met my selfoon. Wel, die volgende oomblik is hier 'n sekuriteits ou wat sê dat ek nie mag foto's neem nie.... O.K. .... Wat mens nie alles vir jou sussie sal doen nie, nè. Oppad huistoe bel ek vir Christo. Kry hom by Nino's in Rosebank vir 'n 'sun downer' of twee... Vandag was behoorlik 'n dag om te vier, en geen beter manier om dit af te sluit nie. Net na half 5 by die huis. Vanaand is dit heerlike paela. Mensig, dis heerlik! My sel lui net so na 6, en 'n dame sê vir my ek het 'n prys gewen. Julle sal nie glo nie, dis 'n slaai-lepel stel!! Maar nie enige stel nie, 'n Jenna Clifford stel! Yippeeeee!! Ter waarde van - hou julle stoele vas - R2500.00!! Ek sal almal moet deursoek as ons daai lepels gebruik met 'n kuier... Ek is so opgewonde, want ek gaan dit more haal! Het klaar vir Christo opgekommandeur om saam te gaan sodat kiekie's met die oorhandiging geneem kan word vir My Storie. Wel, natuurlik kan julle uitsien na Maandag se kiekie's.... Sondag is dit my vriendin Yolandè se verjaarsdag. Vriendin, mag dit 'n wonderlike dag wees, en mag die jaar vol geluk, vreugde en baie voorspoed wees. My wens vir die naweek:- Steady your steps with faith, set your eyes on hope, and remember the important thing is to move. Let your heart lead you forward, let your dreams keep you going. If you get weary or discouraged, if you feel lonely, remember this - Life is your friend; God is your guide and somebody cares abour you.... me! Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx
Moeder voor die huis in Sydney.
Leanka - ons ballerina.
Leankie.
The New Adventures of Crocodile Dun.... Nee, ons eie Koala Deacon...
Shaun, Dylan en Logan.
Kyk hoe lekker slaap ons, Oupa's.
Mari (my niggie) en Dalmae.
Coen en Dalmae.
Christo en Dalmae.
Dalmae. Kyk net daai mooi blou oë!
En is sy nie vriendelik nie.... vol smiles!
Dalmae

Sunday, 05 October 2008

Johannesburg dieretuin - 5 Oktober 2008

'n Foto oorsig... Christo by die ingang van die dieretuin. Wat eet ons vandag? Toebroodjies!! Die bruin-beer. (is die naam nie vanpas nie...?) Besig om toebies te eet. Besig om Woolies toebies te eet. Oom olifant, jou grote dier... Christo en die olifant. Coen en die olifant. Die pelikaan. Christo en die pelikane. Die swaan. Natuurlik het Christo hom geterg! 'n Iris wat daar blom. Die oerang-oetang. Christo en die renoster. Kyk hoe oulik lyk Christo en Max - die gorila. Max wou my hoed opgehad het. Christo in Max se arms. 'n Soentjie, my ou dier. Christo en 'n bokkie. Jock of the Bushveld.