Sunday, 18 January 2009

My Maandag Storie - 19 Januarie 2009

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop julle het 'n heerlike week en naweek gehad. Wel, soos altyd was dit vir my 'n heerlike naweek. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek....
Maandag mos Leanka se verjaarsdag gewees. Ek sluit sommer 'n paar pragtige kiekie's in van waar sy by haar verjaarsdag-tafel staan. Kyk net die pragtige krimpvarkie-koek wat Riana gebak het!! Dan Woensdag was dit Nadia se eerste skool-dag! Ai my liefste Prinsessie, ek kan nie glo jy is al so groot nie.... Al was dit seker 'n hartseer dag, glo ek sy sal die juffrou binne die volgende week of so in haar sak hê... Ek sluit ook sommer 'n paar eerste skooldag kiekie's in van haar....
Vrydag aand sommer in Melville gaan eet. Hulle special - home made hamburgers - is heerlik, en met 'n biertjie op die kant, kuier ons lekker. Natuurlik baie om oor te gesels, maar dis goed so. Die aand vlieg net te gou verby, en ons is by die huis net na 9. Bietjie tv gekyk, en toe's ons onder die appelboom...
Saterdag vroeg op. Christo ry net na half 8. Vandag gaan hy vir Frans help met 'n verjaarsdag partytjie, en hy moet die kos maak. Weet nie hoe laat hy terug sal wees nie. Wel, net nadat Ivy hier is, ry ek gou Norwood Hyper toe om 'n paar goedjies te kry. Terug by die huis, en ek gaan sit sommer onder die boom en lees die koerant. Wat 'n heerlike rustige oggend was dit nie... Ivy is hier weg net voor 12, en ek val voor die tv plat. Net rustig gewees. Ook 'n draai by Killarney gemaak, want vanaand is ek lus vir brood, bully beef, eiers met tamatie sous, en kaas. Terwyl ek myself vergryp aan my aand-ete, kyk ek tv. Later ook myself bederf met Lindor tjokkies.... (wat ek nog Desember by die kerk gekry het....!) Gedurende die aand met Christo gepraat, en dit klink of hulle party 'n groot sukses is. Wel, moet sê, daar's 'n paar goeie movies op tv vanaand. So 12 uur sak die reën uit, en dis nie net reën nie, maar swaar donderweer ook! Christo is net na 2 by die huis. Nou kan ons gaan doeks!!
Sondag bietjie laat geslaap, en net na 9 op. Klaar gemaak, en 'n draai by Frans gaan maak. 'n Koffietjie gedrink, en bietjie gekuier. Oppad huistoe die koerant gekoop. Vanmiddag eet ons van gisteraand se lekker kos wat Christo gemaak het. Heerlike boud, hoender, soet wortels, boontjies, aartappeltjies en rys. So lekker!! Terwyl ek die koerant gelees het, het Christo bietjie gaan skuins lê. So 6 uur klaar gemaak vir kerk. Nagmaal vanaand. Dominee Trevor, dankie dat ons weer bewus gemaak word dat ons spore laat waar ons gaan.... en dat daardie spore na Jesus moet lei...
Wel, my wens vir die week:-
May peace fill all the empty spaces around you and in you;
May contentment answer all your wishes.
May comfort be yours, warm and soft like a sigh and
May this day be blessed.
Let abundance be your constant companion so that you have much to share.
May mirth be near you always like a lamp shining brightly on the many paths you travel...
Geniet 'n wonderlike week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Kyk net vir Leanka en die lekker eet-goed!!
Die krimpvarkie wat Riana gebak het! Is dit nie pragtig nie....
Nadia se eerste skool-dag. Die tas is amper so groot soos sy...!
Te pragtig....!!
En om te dink ek moet vir die volgende 12 jaar hier wees...

Sunday, 11 January 2009

Oupa Coenie, ons onthou... 12 Januarie 1988

"They shall grow not old, as we that are left grow old; Age shall not weary them, nor the years condemn. At the going down of the sun and in the morning, We will remember them." ~Laurence Binyon~(1869-1943) Oupa Coenie du Plooy

My Maandag Storie - 12 Januarie 2009

Goeie more uit 'n lekker koel Johannesburg. Ek hoop julle het sommer 'n heerlike naweek gehad! Veral met die baie reën, was die wêreld sommer koel ook. Voordat ek begin vertel, wil ek eers vir Leanka sing... Veels geluk, liewe Leanka, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën, en nog baie jare spaar. Hip hip; Hoera! Nog 'n hip hip; Hoera! Baie geluk, Sussa. Ek hoop dit gaan 'n heerlike dag wees, en mag dit 'n wonderlike jaar vir jou ook wees. Wel, Vrydag oggend 10 uur 'n dissiplinêre verhoor gehad. Ons moes 10 uur begin het, maar die applikante daag toe eers half 12 daar op! Soos dit mos gaan met dissiplinêre verhore, is dit 'n proses wat sy eie tyd het.... Net na half 2 daar uit, en toe terug kantoor toe. Gelukkig sluit ons 4 uur die kantoor. Vanaand net rustig by die huis. Christo maak vir ons 'n heerlike herders-pastei. Eers Eli Stone gekyk, en toe rustig voor die tv gelê. Net na 11 uur onder die appelboom... Saterdag opgestaan en buite was dit donker wolke.... Ontbyt gaan eet by Nestcafè in Rosebank. Teen die tyd wat ons daar ry, is dit amper lunch...! Het 'n paar goedjies wat in die stoor-kamer gesit moet word; ook 1 van Gertruida se spaarwiele. Skaars daar weg, of die hemel begin uitsak! Wonderlike reën! Gaan drink gou 'n koffietjie by Niel. Daar vandaan ook by Janneman 'n draai gemaak. Hy's terug by die werk! (vir 10 dae op verlof gewees!!) Mos altyd goed om my 'sussie' te sien!! Janneman, onthou ek is oneindig lief vir jou! Toe Craighall toe, want Christo se sel-cover is daar, en ons moet dit kry voordat dit uit is! Terwyl ons daar is, bel Ivy om te hoor of sy kan huistoe gaan.... My golly.... sy't nie 'n remote om uit te kom nie, en sit nog die hele tyd by die huis! Gertruida moes uithaal en wys soos ons gemaak het vir die huis! Wel, vanmiddag klim ek onder die duvet, en slaap die middag om. Christo maak my net voor 6 uur wakker. Terwyl hy vir ons 'n heerlike hoendertjie op die kole gooi, maak ek vir ons braai-broodjies. Hoender, wors, braai-broodjies, 'n kerrie-noedel slaai, en natuurlik Moeder se beet slaai! Vanaand eet ons soos konings! Surf Up! op tv gekyk, en teen 11 uur in die kooi. Bietjie tv gekyk, en half 1 die lug af gesit... Sondag net na half 9 op. Die koerant gelees, en later bietjie voor die rekenaar gaan sit. Geskryf aan my bevinding vir die dissiplinêre verhoor, maar daar's 'n paar 'kwel-vrae' wat ek eers wil uitklaar. Vanmiddag eet ons heerlike skaap-boud, rys, groentes en soet patattas. Ai, dis tog te lekker!! Frans en Kobus maak net voor 5 'n draai hier, en hulle bly nie lank nie. Vanaand gaan ons kerk toe. Dominee Trevor, hoe sê mens 'dankie' vir tyd....? Wel, my wens vir die week is Tyd:- Tyd vir God, Tyd saam met geliefdes, Tyd vir drome, Tyd vir liefde, vir lag en leef! Geniet 'n wonderlike week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

Wednesday, 07 January 2009

My Vrydag Storie - 09 Januarie 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg. Ek hoop die eerste week na die vakansie was lekker!! Natuurlik was dit nou nie my eerste week terug nie, maar nogsteeds was dit lekker! Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag oggend net nie lus gehad vir die kantoor of om werkgewers te besoek nie, en ry saam met Christo Pretoria toe. Terwyl hy sy kliente sien, sit ek in die kar en lees die koerant. Wel, teen 2 uur voel ek al soos 'n uitgebakte tjop!! Gelukkig is ons oppad huistoe net na 3, en teen 4 uur is ons terug by die huis. Vanaand maak Christo vir ons heerlike vis en groente gebak. Mensig, dis heerlik!! So moeg van die hitte, dat ek voor die tv aan die slaap geraak het, en net na 9 in droomland... Dinsdag die dag op kantoor. Gedurende die oggend gou 'n draai gaan maak by die mall, toe Randburg toe om die pos te gaan haal. Die hele dag behoorlik om gewens, want mens kan die koerant net soveel keer deur lees... Vanaand braai Christo vir ons sommer 'n tjoppie en wors. Saam met 'n mengelslaai en Moeder se beet slaai, is dit heerlik! Voor die tv gelê, en net na 11 onder die appelboom... Woensdag weer op kantoor. Craig is ook op kantoor, en net na 10 gaan ons gou CCMA toe. Terug kantoor toe voordat ons die pos gaan haal in Randburg. Wow, die oggend het gevlieg, en ek hoop die res van die middag sal ook so gaan. Gelukkig vlieg die dag. Vanaand maak Christo vir ons heerlike peri-peri hoender-pasta! Mensig, dis heerlik!! Alweer voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Donderdag mos my goeie vriend Thomas se verjaarsdag gewees!! Thomas, baie geluk, en mag die jaar vol geluk, vreugde en baie voorspoed wees. Eers gou al my rekeninge en admin gekry, want vandag het ek 'n paar werkgewers wat ek wil gaan sien. Groot is my verbasing toe ek hoor ek het konsuliasies vandag....!! Wel, het ek 'n keuse? Soos dit mos so vroeg in die jaar gaan, daag nou nie almal op vir die vergaderings nie. Gou na 10 uur ry Christo saam my Randburg toe om die pos te gaan haal. Maak dit net in tyd terug vir my half 12 vergadering! Niel verteenwoordig die werkgewer, en na die tyd drink ons eers 'n koffietjie. Goed om hom te sien. My half 3 vergadering daag almal op, net om uitstel te vra tot die 20ste. Die res van die middag net rustig gewees. Vanaand het Christo sommer vir ons 'n hoendertjie in die oond, met lekker groente, pampoen en aartappels. Lekker! Wel, ek sien nogal uit na 'n rustige naweek. My wens vir die naweeek:- Elke ster wat jy sien, vertel jou van God se liefde; Elke sandkorrel noem Sy genade; Elke grashalm Sy voorsiening. Mag jy Sy omgee ervaar hierdie naweek. Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

Sunday, 04 January 2009

Kersfees 2008, 'n foto-oorsig!

Ons kuier vir Kersfees '08 by Dad en Moeder op Delportshoop in die Noordkaap. Wat 'n onvergeetlike week was dit nie! Nogmaals baie dankie Moeks vir al die bederf en die lekker kos! Ons is baie lief vir julle. 20 Desember 2008 tot 27 Desember 2008 Gertruida, gewas en gepolish vir die pad... Ons slaan tent op... So lank-laas die tent gebruik dat Christo die manual moet lees... Buite op die gras... net rustig. Christo lees die koerant...
Kimberley - die voël hou nie van 'dames' nie...
Christo met 'n baba krimpvarkie - Ulco.
Kyk net hoe klein is ekke...
Christo met 'n baba likkewaan...
Die grootste bosluis wat ek nog ooit gesien het! - Ulco.
Dad kuier op die stoep.
'n Baba skilpad - Ulco.
Die meerkat met haar kleintjies - tannie Tops.
Kyk hoe rustig slaap ons terwyl mamma wag hou....
Ou-kersnag, en ons deel persente uit.
Dad met 'n persentjie van ons af...
Ek deel die persente uit...
Mos altyd lekker om 'n bottel te kry...
Christo met 'n dvd, en ek met ....
Kersdag, en ons kuier.... Dad, Susan en Elmi.
Moeder en ekke.
Kyk net ons lekker kos.
Dad by die kospotte van Egipte...
Twee neefs - twee Coen'e....
My niggie Susan en haar man Strydom.
Moeder en Dad.
Coenie (my neef), niggies Susan en Benita, en ekke.
Oppad rivier toe vir 'n swem.
Besig om op te klim vir die trip...
Ons was al 16 op en in Gertruida!
Swem by die rivier.
Strydom, Rozanne en haar ma, Susan.
Koel in die Vaal rivier...
Swem in die stroom...
Oppad terug.... die grondpad tussen Delportshoop en Jan Kempdorp.
Ulco in die verte...
'n Likkewaan wat ons langs die pad gekry het!
Christina, Queen of the Northern Cape!
By die Danie Theron monument...