.jpg)
Vir my Dad en Moeder wat vandag 46 jaar getroud is...
'Jy's geskape vir my deur die Vader daar Bo - Jy's my ander helfte, dit is wat ek glo.
Jy vul my aan, jy maak my ek - Jy beskerm my met jou liefde wat my bedek.
Jy's my vrede as die storms woed in my - Jy's my blydskap as die hartseer my wil onderkry.
Jy ken my gedagtes... selfs beter as wat ek doen - Die bekommernisse in my kan jy verdryf met net een soen.
Jou hart is myne, net soos my hart aan jou behoort - En so deur die lewe brand ons liefdesvlam voort.
Daar is niemand wat my so volmaak vervul soos jy - By jou sal ek tot in ewigheid bly.
Reeds 46 jaar as man en vrou is ons saam - Elke foto van herrinneringe in ons harte geraam.
Mag ons liefde, respek en vertroue in mekaar nooit kwyn - Mag ons vir mekaar altyd wees 'n oase in die dorre woestyn.
Vandag en veraltyd beloof ek weer: Deur dik en dun, in rykdom en armoede, deur siekte en gesondheid, tot die dood ons eendag skei - Dat jy altyd my sielsgenoot, my eggenoot, my maat en my liefling sal bly.' - Alleen -