Monday, 27 July 2009

My Maandag Storie - 27 Julie 2009

Goeie naand, goeie naand.

Ek hoop dit gaan nog baie goed met julle almal? Lank laas gepraat; maar 'no news is good news!' Wel, ek weet wat julle seker nou dink...., maar nee, ek gaan beslis nie by Maart 2009 begin nie! Daar het so baie gebeur, maar ook so min. Soos Edith Piaf sing:- 'No! No regrets. No! I will have no regrets. All the things that went wrong, for at last I have learned to be strong....' Na 'n 5 maande sabbatical, is ek weer reg vir die pen en papier... of sal ek eerder sê die 'blog'!

My buurman Henriek en Adelaide is ook vroeg in Maart getroud, en ek het haar rok gemaak. Baie geluk, julle! Dan het my Dad ook vir 'n baie groot operasie einde Mei gegaan, en gelukkig was ek en Lien daar vir ondersteuning en kuier. Wat 'n wonderlike 3 weke was dit nie. Buiten vir elke dag se ry Kimberley toe, was dit wonderlik! Selfs 'n vriendin na 24 jaar weer gesien. Yolandè, dit was goed om weer te kuier. Elke aand tot wie-weet-watter-tyd gekuier, en nie bed toe gegaan voordat ons 'n cappuccino gehad het nie... (Moeder, ek is nou nog spyt oor daai paar sakkies wat terug gekom het....) Selfs my lewe gewaag voor 'n oop geyser en warm water, en natuurlik het Candy in my hart gekruip. Dad, Moeder, hoe kan ek ooit vir sulke mooi herinneringe 'dankie' sê? Ai, baie vuurmaaak hout vir koue winters-aande... Dan was dit mos weer my verjaarsdag einde Junie. Wow, ek het die speel-groepie oor gehad, en hulle het my bederf met die lekkerste eetgoed, en 'n ongelooflike mooi bord! Janneman en Frikkie, Ouboet en Bets, Derrick en Tanya, Egoli, julle is vriende wat ek vir ewig in my hart sal koester. Derrick en Tanya het ook die goeie nuus met ons gedeel dat hulle 'n nuwe Basson'netjie verwag. Baie geluk julle!! Nou wag ons net vir Ouboet en Bets... Op die net ook 'n vriend van skooldae af 'ontdek'. Felix, dit voel soos gister toe ons in die koor gesing het... In die tussen-tyd het daar weer 'n nuwe kroeg in Braamfontein oopgemaak, en ons kuier so nou-en-dan oor 'n naweek daar. Gelukkig nog-nie furniture nie, maar you never know...

Donderdag-aand die 23ste Julie het ons weer by Janneman en Frikkels gaan eet. Soos op spesiale versoek moes ek weer Moeder se lagie-slaai maak, Bets het haar heerlike knoffel-broodjies gebring, en Tanya het 'n heerlike peppermint tert gebring. Vanaand was ook die eerste keer dat ons Frans se nuwe vriend ontmoet het. Wat 'n aangename jong man is die Ryan nie! Fransman, alle geluk vir julle twee!! Soos altyd het Janneman weer uitgehang met die heerlikste gebraaide hoender, 'n lekker aartappel gereg en groentes. Cornelius en Sarel (al die pad van London af) was ook daar, en ons het lekker saam met hulle gekuier. Die aand was natuurlik nie volmaak sonder Egoli se 'Juan-Pierre the French fighter pilot' nie, en selfs Frikkels het vir ons 'n impersonation van 'Brumhilda op die vloer' gedoen. Lekker gelag, lekker gekuier, lekker geëet, maar ons moes ook huistoe gaan. Janneman, Frikkie, baie dankie vir 'n ongelooflike lekker aand saam met baie spesiale vriende!!

Vrydag vroeg op, maar as ek my sin kon kry, het ek eerder onder die warm duvet gebly. 'n Werkgewer gaan sien by Hillfox, en oppad terug sommer 'n koffie by my liefste vriend Janneman gaan drink. Basies net 'n inloer, maar dis mos altyd lekker om hom te sien. Ook oor die vingers getik omdat ek durf waag het om vir hom vars vrugteslaai te bring... Terug by die kantoor alles gedoen wat gedoen moes word, en half 4 is ek by die huis. My vriendin Gina se man - QP - is opgeneem in Joburg Gen, en ek gaan maak gou 'n draai daar. Mensig, vir die van ons wat privaat medies kan bekostig... ons is baie gelukkig!!! Ai, en my maatjie lyk nie goed nie. Terug by die huis, en net voor 7 is Thomas hier. Ja, hy kom kuier baie! Was mos nie kwaad vir hom nie!! Is nie lus vir kosmaak vanaand nie, en ons gaan eet by die Spur. Elk 'n lekker rump steak gehad saam met 'n aartappel en room. Mensig, laas so lekker geëet by die Spur in Kimberley (maar ook die laaste keer wat ek by 'n Spur was...) Wat 'n heerlike aand. Sou na die tyd 'n drink gaan drink het by Top Bar, maar daarteen besluit. Sommer voor die tv gelê, en net na 11 in droomland.

Saterdag oggend net na 8 op. Cresta toe vir 'n heerlike ontbyt by Mugg & Bean, en daarna gou 'n draai gaan maak by Frikkie. Het vir ons elk 'n 'my pillow' gekoop, en hopenlik is dit die oplossing vir 'n heerlike nagrus! Skaars terug, of Thomas moet terug Pretoria toe. Bietjie klere gewas, en ook gou shops toe. 3 Uur by QP 'n draai gaan maak, en Nocky, Seun en Michelle is ook daar. Tot net voor 5 gekuier voordat ek terug huistoe is. Vanaand is dit ons gemeente se dans, en ek sien vreeslik daarna uit. All dressed up, en 7 uur oppad. Natuurlik wag Francois en Johan ons in met die lekkerste warm glu-wine, en glo my, nog voordat ons begin, het ek al my glas gerefill, en weer gerefill, en weer.... en sommer nog 'n keer! Nou hoeveel keer het ek my glas gerefill? Dis die vraag: 'to refill, or not to refill?' Vir George gevra om saam te gaan, want ek wou nie alleen gaan nie - dis mos lekker om 'n goeie dans-maat te hê. Sit aan Dominee Trevor en Gerhardt se tafel. Ja, soos Janneman sê - 'jy is mos in by dominee en mevrou....' Wat 'n heerlike aand! Gewals, getwo-step, ge-you-name-it, dit was lekker! Natuurlik moes Eishkom ook 'n vinger in die pie gehad het, want net na 11 gaan die krag af. Hulle kon wel die musiek weer aan kry, maar ongelukkig nie die ligte nie, en half 1 is ek daar weg. Nee kyk, as julle al op lekker parties was, was julle beslis nognie op een van ons kerk se danse nie! Dominee Trevor, jy het voorwaar 'n span wat goed kan organize!!

Sondag bietjie laat geslaap, en net na 8 op. Mens sou sweer ek het die hele aand gedans so seer was my voete!! Norwood Hyper toe om bietjie inkopies te doen, en soos die noodlot dit wou hê; net toe ek uitstap, skeer my sak suiker, en die hele vloer word soet! Janneman, ek't nie suiker voor die deur gestrooi nie; sommer die hele sak daar uit gem..r!! Gelukkig het ek weer 'n heel sak verniet gekry. Terug by die huis die koerant rustig gelees, en 3 uur hospitaal toe. Vandag is daar baie mense wat wil kuier. Gelukkig verstaan Gina, en dit was net 'n vinnige in-en-uit hardloop. Vanaand gaan ek kerk toe. Dis fliek-diens, en Dominee Trevor het soos altyd 'n ongelooflike mooi boodskap. Dominee Trevor, ek sien nog hoe lyk jy in daai spiderman outfit...! Dankie dat ons kan vasklou aan ons Rots, en ook die wete dat Hy weet wat aangaan in ons lewens. Skaars terug by die huis, of ek's onder die appelboom...

Wel, geniet 'n wonderlike week, no worries mate, en take care.

Coen

xxx

Henriek en Adelaide Nadia verjaar - sy is nou 7! Peter en Peter Dad en Moeder Lien en Moeder Moeder verjaar Ek en Yolandè Ek en Marie Na die geyser gebars het... By ons hek op die plaas Suurlemoene pluk in die Noordkaap Ek en Candy Mensig Janneman, dit moes 'iets' vreesliks gewees het wat Egoli vir jou wys.... Soos altyd kuier Ouboet en Bets lekker... Ons toekomstige mamma Tanya en pappa Derrick. Ek en Kerneels Janneman en Frans Frikkie, Frans en Ryan Ek, Frans en Ryan 'Brumhilda op die vloer'....

No comments: