Thursday, 28 August 2008

My Vrydag Storie - 29 Augustus 2008

Goeie more uit 'n lekker warm Johannesburg. Ek hoop en glo dit gaan nog baie goed met julle almal, en dat dit 'n lekker week was. Wel, ek het mos Maandag weer begin werk na twee en 'n halwe weke af siek, en glo my, dit is goed om weer terug te wees. Wag, kry gou dai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag vroeg op. Weer terug 'klippe kap'... Almal is bly om my te sien, en selfs 'n paar wat gesê het hulle kan sien ek het gewig verloor! (ek het 'n goeie oog-arts...) Natuurlik kan ek dit nognie aan my klere sien of voel nie... Daar's 'n bietjie admin wat vir my wag, en verder niks nie. Ek sal myself hierdie week moet besig hou by die kantoor... Dit was maar rustig elke dag, en Dinsdag het ek vir Cornè ingestaan om van sy konsuliasies te doen. Natuurlik was dit mos weer een van daai dae waar - of niemand nie, of net die werkgewer opdaag... Elke aand was so 'n 'ek kul jou hier, ek kul jou daar, en siedaar!!' - so vol surprises was Christo met sy lekker kos. Selfs maccaroni en kaas Dinsdag aand gekry! Woensdag oggend saam Christo gaan koffie drink by Seattle Coffee Shop in Killarney... lank-laas dit gedoen! Elke aand bietjie voor die tv gelê, en teen 10 was ek al in droomland. Weet nie wat is dit nie, maar ek is gedaan elke aand. Donderdag weer sommer 'n vroeë middag-ete saam hom gaan eet. Na 'n heerlike hoender-slaai agter die blad, is ek terug kantoor toe. Wel, my eerste week terug het behoorlik gevlieg, en ek glo dit sal net beter gaan vorentoe. Ivy is ook terug, en ek sien daarna uit dat sy Saterdag kom werk. Nou kan die huis weer skoon wees... (nie dat die ander dame die plek skoon gemaak het nie; glo my, ons kon net sowel elke Donderdag daai geld in die water gegooi het...) Ek hoop julle gaan almal 'n heerlike naweek hê. My wens vir die naweek:- God sê vir ons... Hou op spartel met wat jy moet doen, moet wees, moet dink, hoe jy moet bid, moet ontspan. Julle is my Genade Kinders! Wat 'n vreugde as daar iemand is wat ons lief het en aanvaar net soos ons is. Ons hoef nie perfek of anders te wees voor God nie! Sy genade is vir ons genoeg! Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Die begin.... Adriaan en Jacques Wettig getroud.

Monday, 25 August 2008

My Maandag Storie - 25 Augustus 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop dit was 'n heerlike naweek vir almal. Natuurlik met hierdie heerlike warm weer, sou dit net-nie reg gewees het om in die huis te sit nie! Maar dit was my nie beskore nie, want ek het die laaste 2 dae van my siek-verlof rustig voor die tv deur gebring. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Vrydag net rustig gewees. Laat geslaap, en tv gekyk. Geniet ook die laaste van my dvd-kyk... Vandag is dit a Bug's life, en ice age. Ai, ek kan dit weer en weer kyk! Vanaand maak Christo vir ons heerlike spaghetti bolognaise. Al mag ek nie harde kosse eet nie, is die pasta my gunsteling! Bietjie laat gelê en tv kyk, en net na 12 onder die appelboom...
Saterdag net na 9 op. Dad bel, en ons 'kuier' heerlik oor die foon. Net na 11 gou Christo se tv by Alta gaan haal, en toe's ons terug. Om te dink dis minder as 2 maande, dan's sy ook 'down under'... Terug by die huis is dit 'n gewerkskaf en gewoel, want ons moet plek kry vir die groot tv. Gelukkig - en nadat ons 'n paar skywe gemaak het - is alles binne 'n tjop-tjop reg. Vanaand is daar lekker vis, mash en groente. Lekker! Voor die tv gelê, en teen 11 in droomland.
Sondag, my laaste dag van rus na 2 en 'n halwe week weg van die werk af. Kyk, vandag benut ek die rustigheid ten volle! Laat geslaap, koerant gelees, Christo het vir ons heerlike hoender, rys en groente-gereg gemaak, en die olimpiese spele gekyk. Moet sê, ek het 'n goeie tyd gekies om siek te wees, want ek kon elke dag die spele kyk. Vanaand 'die hard 4' gekyk, en teen half 11 in droomland...
Vandag wil ek dankie sê vir almal wat my gesms het, vir my gebel het, my bederf het, en ook vir my gebid het. Dominee Trevor, Danie, Janneman en Frikkels, Fransman, Thomas, baie dankie vir jul kuiertjies. Maar seker die grootste dankie is vir Christo wat my so opgepas, en bederf het. Skapie, jy is 'n ster, en ek is oneindig lief vir jou!!
Oor die naweek het Pieta sy laaste footy vir die seisoen gespeel. Ongelukkig het hulle verloor, maar daar is mos weer volgende jaar... en Leanka het aan 'n perde-skou kompetisie deel geneem... Uit die 8 items, het sy vier 2de plekke gekry, en 3 derde plekke! Wow, baie geluk Sussa. Peter sê hy was aan die einde moeër as die perd, want hy moes die perd die hele tyd lei...! Dan ook 'n baie geluk aan my maatjie Adriaan en Jacques wat verlede Donderdag die groot stap geneem het! Julle twee, baie geluk met die huwelik, en mag julle altyd vir mekaar so spesiaal bly soos wat julle vir jul vriende is!!
My wens vir die week:- As jou hande moedeloos hang, en die trane blink op jou wang, onthou: JY KAN! As jou kop onseker skud en jou vermoëns is uitgeput, onthou: JY KAN! As jou pas verslap en vuur ontbreek in jou stap, onthou: JY KAN! Dit is GOD wat in jou werk!
Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Leanka, ons volgende Kampioen perde ruiter!!
Leanka en Silver.
Kyk net so 'n trotse Pieta voor die perd!
Deaci besig met footy.
Deaci - moeg en gedaan na 'n harde wedstryd!

Thursday, 21 August 2008

My Vrydag Storie - 22 Augustus 2008

Goeie more uit 'n lekker warm Johannesburg.
Natuurlik was dit mos net 'n fals alarm - die koue van verlede naweek!.... gelukkig is dit weer lekker warm hier by ons!! Ek hoop julle het 'n heerlike week gehad. Myne, sommer heel lekker, maar baie rustig. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Hierdie hele week mos nog by die huis gewees. Eers komende Maandag terug by die werk. Maar dit gaan sommer stukke beter. (nie dat dit sleg gegaan het nie...) Dinsdag middag was Thomas gou hier (net 'n koffietjie gedrink), en ek't ook die nuwe Acer Aspire one gesien. Wow, absoluut wonderlik!! Robert slaap hier oor vanaand, en ons kuier tot wie-weet-watter-tyd. Christo het natuurlik sy wonderlike hoender-feta pasta vir ons gemaak. Soos altyd is dit weer 'n wenner! Elke dag was ek maar rustig voor die tv, en is bederf met heerlike kos en drink-goed. Baie tv gekyk, en lekker laat geslaap. Wayne maak ook Woensdag oggend 'n draai hier.
Wel, soos julle kan sien, het ek behoorlik 'n rustige week gehad. Glo my, volgende week sal dit sekerlik 'back to normal' wees... Ek sluit sommer 'n paar kiekie's in van Dad en Moeder se handewerk.... lekker maketaan konfyt! Dan van Nadia by die skool se mode parade, van Ruan ook by die skool, en natuurlik van Robert en Corlia se kiddy's.... Pikkie, Ico en Nici.
My wens vir die naweek:-
I said a little prayer for you, the way I often do. I asked the Lord to fill your life with joy and blessings too. I asked Him to be close to you and hear you when you call, and give you all His sweetest gifts for you deserve them all.
Geniet die naweek, en tot ons weer gesels, no worries mate, en take care.
Coen xxx
Lien besig met 9000 stukke.
Lien steeds besig...
Die lekker konfyt.
Lyk dit nie lekker nie? Nadia as model.

Nadia en maatjies.
Ruan by die skool.
Ruan en 'n maatjie.

Kan julle glo.... dis Pikkie hierdie!! Mensig, sy het groot geword!
Rovico met die groot burger!
Ag moeder, kyk hoe groot het Nici geword!

Sunday, 17 August 2008

My Maandag Storie - 18 Augustus 2008

Goeie more uit 'n koue Johannesburg. Ja, kan nie glo nie, maar ek dink die winter is nou hier.... Ek hoop julle het 'n heerlike naweek gehad. Natuurlik het ek mos altyd *SC naweke (* - Super-Coen naweek) Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag mos 'n heerlike dag by die huis gehad. Vandag maak ek klaar met die dvd's van Taken. Wat 'n nice storie was dit nie... en dit bring weer soveel herinneringe van jare gelede! Christo was bietjie uit, en is in die middag terug. Vanaand maak hy vir ons die lekkerste hoender fetta en groente kothuis pastei (cottage pie?). Wow, hierdie kan gerus weer gemaak word! Kyk tv, en net na 10 onder die appelboom... Saterdag net laat geslaap. 9 uur saam met Christo gery om sy laaste paar goedjies by sy ou woonstel te kry, en dit gou stoorkamer toe gevat. Toe terug huistoe. Val op die bed neer, en die res van die middag tussen die tv en die rekenaar. Speel bietjie rond en organize my blog... Moet sê, Christo moes hare op sy tande vandag gehad het, want elke nou-en-dan moes hy eers probeer inlog om te sien kan hy my blog kry... All ends well!! Vanaand eet ons heerlike knoffel vis en pampoen. Al te lekker, sê ek! Net voor 9 skakel ons oor National Geographics toe. Die tv eers half 1 af geskakel... Sondag weer net na 9 op. Dis koud en bewolk buite. Terwyl Christo gou winkels toe is, het ek die koerant gelees. Vandag is ons rustig by die huis. Vir lunch eet ons heerlike hoender, pasta-rys en soet patatas. Daar wag nog 'n triple chocolate sundae as poeding, maar ek sal dit later eet. Die res van die middag (en aand...) vir Christo gehelp om sy facebook bietjie reg te ruk!! Wel, Woensdag, 20 Augustus, is daar nie net 1 verjaarsdag nie, maar sommer 2!! Dis Margie en Shaun (Ma en seun!) se verjaarsdae. Margie, Shaun, mag dit 'n wonderlike dag wees, en mag die jaar gevul wees met vreugde, sukses en goeie gesondheid. My wens vir die week:- Hy wat tussen die sterre wandel, tussen engele loop, Hy aan wie die hemele behoort, sal jou bewaar. Jou hand in Syne hou. Jy's veilig by Hom! Geniet die week, en tot ons weer gesels, no worries mate, en take care. Coen xxx

'n Roos vir Margie, en die hondjie is vir jou, Shaun....

Hoekom Wilmare 'n A++ gekry het....

Hierdie storie het my goeie vriendin Karen vir my gestuur van haar dogtertjie, Wilmare. Ek glo julle gaan dit net so geniet soos wat ek dit geniet het.... Dankie Karen, dis pragtig! 15 Augustus 2008 Kunswedstryd Graad R by Louwtjies, 16h00 Dis groot storie die, want sus gaan haar eerste kunswedstryd opsê. Moet mooi netjies wees in skoolklere, so Corman glip vroeg weg om te bad en huiswerk te uitsorteer. Toe skool toe. In die saal is daar al klomp ouers met jonge spruite reg om te luister / gediggie te doen. Luister dieselfde versie ‘n HELE paar keer, voor Wilmare 3de laaste se beurt is: Nou die trick is om te stap tot in die middel, dan stil te staan, te wag tot die tannie (soos Werner sê die JUDGE) vir jou kyk en glimlag voor jy mag begin: “Otjie Potjie met die londe lange snoet Waalom speel jy altyd in die moddel swalt soos loet? (Hande langs die sye, staan doodstil…) Og Og! (Ogies kyk een kant toe) Og Og! (Ogies kyk ander kant toe) Weet jy dan nie? (Dramaties fluister, terwyl kop in die rondte draai om die varkie se stert na te maak) Dit laat my steltjie klul!” Die poging het haar A++ gegee! (Die ander trick was van die vorige pogings om KLAAR te praat – van die het omtrent al gesit dan praat hulle nog van die stertjie…) Ongelukkig het die video clip wat Werner sou neem, eers begin afneem toe sy reeds klaar was, so dit wys hou hy terugloop tot by die stoele met mense wat hande klap. Maar dit was nog baie oulik! Karen Otjie Potjie

Saturday, 16 August 2008

My Vrydag Storie - 15 Augustus 2008

Goeie more uit 'n heerlike somers Johannesburg. Ek hoop en glo dit gaan nog baie goed met julle almal? Natuurlik gaan dit mos altyd goed met my! Maandag mos nou lekker laat geslaap. Christo my bederf met lekker ontbyt in die bed, en nadat ek gou myself deur die stort gesleep het, het ek weer plat geval voor die tv. Net na 1 is daar 'n klop aan my deur... en dis Danie wat kom kuier! Wow, is dit nou goed om hom te sien. Bel om te hoor waar's Christo sodat hy kan saam kuier. Natuurlik word ek weer bederf, en kry 'n pragtige bos rose, chokies en 'n heerlike stuk biltong! Danie, baie dankie vir jou kuier; ek waardeer dit ontsettend!! Nogmaals dankie vir die bederf ook!! Die middag olimpiese spele gekyk. Vanaand gaan ons by Janneman eet, want Cornelius en Sarel is hier van Londen af! Julle sal nie glo wat gebeur oppad daantoe nie... Stop by 'n rooi robot. Soos dit 'n wets-gehoorsame citizen betref, trek ons weg toe die lig groen slaan... Wel, natuurlik dog die ka..er toe sy fiets is vinniger en hy sal voor ons kan indraai.... Met 'n slag connect hy ons... oor die bonnet, teen die voorruit vas, en oor... Daar lê hy - lights-out!! Ook maar goed, want hy't nie gehoor hoe vloek ek hom nie!! Het julle al gehoor hoe skel 'n spirits-m..d op 'n Vrydag aand?? Wel, ek het so geklink!!! Die ruit - fyn-en-flenters! Ai, so uitgesien na 'n rustige kuier saam met die Londenaars, en nou dit!! Die ongeluk het presies 10 voor 7 gebeur; en die brandweer en 'n ambulaans daag eers daar op 20 oor 7. Tot nou-toe was die metro-polisie nognie op die toneel nie... Ons het maar later self polisie-stasie toe gery om 'n saak te gaan maak.... En ta wat die form moes invul, is meer bekommerd oor hoe die papier gevou moet word as oor iets anders... Welkom in Suid-Afrika!!! Kom eers teen half 9 by Janneman aan. Goed om vir Cornelius en Sarel te sien, en ons kuier heerlik. Moet sê, Lindie en haar nuwe boyfriend is ook daar, en sy giggel net die hele tyd. Janneman, Frikkels, baie dankie vir jul gasvryheid, en dankie vir Christo se heerlike kos. Hy kon nie uitgepraat raak oor die lekker bees-stert nie! Hopelik (oor 5 weke) sal ek dit ook kan proe... Teen half 11 is ons weer oppad huistoe. Dood-moeg en gedaan val ek plat, en gou-gou is ek onder die appelboom... Dinsdag vroeg op, en bel gou 'n paar plekke om te hoor wat sal 'n nuwe voorruit kos. Julle sal nie glo nie, maar PG Glass vra R4500.00! Die goedkoopste wat ons kon kry, was by Commercial Auto Glass in Selby. Teen R1400.00 is dit die beste!! Vir voorruite, probeer hulle gerus. (tel. 011 493 5724 - en praat met Kobus of Carlos) Vandag is ek tussen die olimpiese spele en movies. Die dag vlieg verby. Vanaand maak Christo vir ons heerlike spaghetti bolognaise! Kyk, al mag ek net sagte kosse eet, eet ons lekker!! Vanaand rustig voor die tv, en net na 11 in droomland... Woensdag oggend vat Christo die kar in vir 'n nuwe voorruit. Terwyl hy weg is, begin ek die dvd reeks Taken van Steven Spielberg kyk. Toe hy half 3 terug kom, is die nuwe ruit in! En hy't dit gekry teen 'n nog-beter prys as wat hulle ons gekwote het - R1200.00!! Regtig, save hierdie ouens se nommer vir eendag!! Het vir Francois vir ete vanaand genooi, en hy's net na 7 hier. Christo maak weer sy lekker hoender, pasta rys, groentes, en natuurlik sy caramel patatas en sy groente-pastei. (spesiaal sodat ek ook sagte groentes kan eet...) Ons kuier al te lekker, en die aand vlieg behoorlik. Fransman, dankie vir jou vriendskap, en ek hoop alles werk uit vir jou en H...! Teen half 12 is ek in droomland... Donderdag vroeg op, want vandag word my steke uit gehaal. Net voor 10 by dokter Toppie. Gou-gou hom gesien, en hy's baie tevrede. Sê ook vir my as ek ooit weer 'n op wil hê, moet ek gerus na hom toe kom; ek was 'n goeie pasiënt. (hoop ek kry 'n afslag daarvoor!!) Wel, net na half 1 kry ons die goeie nuus... Christo en ekke het oupa's geword van Logan Visser. Shaun, Rochelle, baie geluk met jul pragtige dogter, en ouma Margie, baie geluk en dankie dat jy daar is om ons te verteenwoordig!! Logan Visser weeg in teen 2.8 killo's. Oupa Christo, baie geluk vir jou ook!! Ek weet dis vir jou moeilik om hier te wees en nie daar nie, maar weet ek is altyd langs jou... Oppad eers gou 'n draai gaan maak by Christo se ou woonstel, en amper die laaste van sy goedjies gelaai. Terug huistoe, want ek kan voel ek's moeg. Val op die bed plat, en gou-gou aan die slaap. Net na half 6 maak Christo my wakker. Vanaand eet ons heerlike vis, mash, en lekker pampoentjie. Heerlik! Thomas kom maak ook 'n draai. Thomas, baie dankie vir die kuier, en dankie vir die biltong.... (private joke!!) Wel, my gebed vir die naweek:- Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en 'n Pragtige deel is vir my afgemeet. Dankie Vader. Elke dag is vol van U genade; en dit is alles onverdiend. Bly by my o Heer, nou en altyd. Amen. Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Frikkie, Janneman, Lindie en ....? Frikkels, Janneman, Coen, Cornelius en Sarel Pappa Shaun en Dylan Hello World.... this is me.... Logan! Mamma Rochelle, Pappa Shaun en Logan 'n Trotse pappa Shaun met Logan