Sunday, 11 January 2009

My Maandag Storie - 12 Januarie 2009

Goeie more uit 'n lekker koel Johannesburg. Ek hoop julle het sommer 'n heerlike naweek gehad! Veral met die baie reën, was die wêreld sommer koel ook. Voordat ek begin vertel, wil ek eers vir Leanka sing... Veels geluk, liewe Leanka, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën, en nog baie jare spaar. Hip hip; Hoera! Nog 'n hip hip; Hoera! Baie geluk, Sussa. Ek hoop dit gaan 'n heerlike dag wees, en mag dit 'n wonderlike jaar vir jou ook wees. Wel, Vrydag oggend 10 uur 'n dissiplinêre verhoor gehad. Ons moes 10 uur begin het, maar die applikante daag toe eers half 12 daar op! Soos dit mos gaan met dissiplinêre verhore, is dit 'n proses wat sy eie tyd het.... Net na half 2 daar uit, en toe terug kantoor toe. Gelukkig sluit ons 4 uur die kantoor. Vanaand net rustig by die huis. Christo maak vir ons 'n heerlike herders-pastei. Eers Eli Stone gekyk, en toe rustig voor die tv gelê. Net na 11 uur onder die appelboom... Saterdag opgestaan en buite was dit donker wolke.... Ontbyt gaan eet by Nestcafè in Rosebank. Teen die tyd wat ons daar ry, is dit amper lunch...! Het 'n paar goedjies wat in die stoor-kamer gesit moet word; ook 1 van Gertruida se spaarwiele. Skaars daar weg, of die hemel begin uitsak! Wonderlike reën! Gaan drink gou 'n koffietjie by Niel. Daar vandaan ook by Janneman 'n draai gemaak. Hy's terug by die werk! (vir 10 dae op verlof gewees!!) Mos altyd goed om my 'sussie' te sien!! Janneman, onthou ek is oneindig lief vir jou! Toe Craighall toe, want Christo se sel-cover is daar, en ons moet dit kry voordat dit uit is! Terwyl ons daar is, bel Ivy om te hoor of sy kan huistoe gaan.... My golly.... sy't nie 'n remote om uit te kom nie, en sit nog die hele tyd by die huis! Gertruida moes uithaal en wys soos ons gemaak het vir die huis! Wel, vanmiddag klim ek onder die duvet, en slaap die middag om. Christo maak my net voor 6 uur wakker. Terwyl hy vir ons 'n heerlike hoendertjie op die kole gooi, maak ek vir ons braai-broodjies. Hoender, wors, braai-broodjies, 'n kerrie-noedel slaai, en natuurlik Moeder se beet slaai! Vanaand eet ons soos konings! Surf Up! op tv gekyk, en teen 11 uur in die kooi. Bietjie tv gekyk, en half 1 die lug af gesit... Sondag net na half 9 op. Die koerant gelees, en later bietjie voor die rekenaar gaan sit. Geskryf aan my bevinding vir die dissiplinêre verhoor, maar daar's 'n paar 'kwel-vrae' wat ek eers wil uitklaar. Vanmiddag eet ons heerlike skaap-boud, rys, groentes en soet patattas. Ai, dis tog te lekker!! Frans en Kobus maak net voor 5 'n draai hier, en hulle bly nie lank nie. Vanaand gaan ons kerk toe. Dominee Trevor, hoe sê mens 'dankie' vir tyd....? Wel, my wens vir die week is Tyd:- Tyd vir God, Tyd saam met geliefdes, Tyd vir drome, Tyd vir liefde, vir lag en leef! Geniet 'n wonderlike week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

No comments: