Sunday, 18 January 2009

My Maandag Storie - 19 Januarie 2009

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop julle het 'n heerlike week en naweek gehad. Wel, soos altyd was dit vir my 'n heerlike naweek. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek....
Maandag mos Leanka se verjaarsdag gewees. Ek sluit sommer 'n paar pragtige kiekie's in van waar sy by haar verjaarsdag-tafel staan. Kyk net die pragtige krimpvarkie-koek wat Riana gebak het!! Dan Woensdag was dit Nadia se eerste skool-dag! Ai my liefste Prinsessie, ek kan nie glo jy is al so groot nie.... Al was dit seker 'n hartseer dag, glo ek sy sal die juffrou binne die volgende week of so in haar sak hê... Ek sluit ook sommer 'n paar eerste skooldag kiekie's in van haar....
Vrydag aand sommer in Melville gaan eet. Hulle special - home made hamburgers - is heerlik, en met 'n biertjie op die kant, kuier ons lekker. Natuurlik baie om oor te gesels, maar dis goed so. Die aand vlieg net te gou verby, en ons is by die huis net na 9. Bietjie tv gekyk, en toe's ons onder die appelboom...
Saterdag vroeg op. Christo ry net na half 8. Vandag gaan hy vir Frans help met 'n verjaarsdag partytjie, en hy moet die kos maak. Weet nie hoe laat hy terug sal wees nie. Wel, net nadat Ivy hier is, ry ek gou Norwood Hyper toe om 'n paar goedjies te kry. Terug by die huis, en ek gaan sit sommer onder die boom en lees die koerant. Wat 'n heerlike rustige oggend was dit nie... Ivy is hier weg net voor 12, en ek val voor die tv plat. Net rustig gewees. Ook 'n draai by Killarney gemaak, want vanaand is ek lus vir brood, bully beef, eiers met tamatie sous, en kaas. Terwyl ek myself vergryp aan my aand-ete, kyk ek tv. Later ook myself bederf met Lindor tjokkies.... (wat ek nog Desember by die kerk gekry het....!) Gedurende die aand met Christo gepraat, en dit klink of hulle party 'n groot sukses is. Wel, moet sê, daar's 'n paar goeie movies op tv vanaand. So 12 uur sak die reën uit, en dis nie net reën nie, maar swaar donderweer ook! Christo is net na 2 by die huis. Nou kan ons gaan doeks!!
Sondag bietjie laat geslaap, en net na 9 op. Klaar gemaak, en 'n draai by Frans gaan maak. 'n Koffietjie gedrink, en bietjie gekuier. Oppad huistoe die koerant gekoop. Vanmiddag eet ons van gisteraand se lekker kos wat Christo gemaak het. Heerlike boud, hoender, soet wortels, boontjies, aartappeltjies en rys. So lekker!! Terwyl ek die koerant gelees het, het Christo bietjie gaan skuins lê. So 6 uur klaar gemaak vir kerk. Nagmaal vanaand. Dominee Trevor, dankie dat ons weer bewus gemaak word dat ons spore laat waar ons gaan.... en dat daardie spore na Jesus moet lei...
Wel, my wens vir die week:-
May peace fill all the empty spaces around you and in you;
May contentment answer all your wishes.
May comfort be yours, warm and soft like a sigh and
May this day be blessed.
Let abundance be your constant companion so that you have much to share.
May mirth be near you always like a lamp shining brightly on the many paths you travel...
Geniet 'n wonderlike week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Kyk net vir Leanka en die lekker eet-goed!!
Die krimpvarkie wat Riana gebak het! Is dit nie pragtig nie....
Nadia se eerste skool-dag. Die tas is amper so groot soos sy...!
Te pragtig....!!
En om te dink ek moet vir die volgende 12 jaar hier wees...

No comments: