Wednesday, 07 January 2009

My Vrydag Storie - 09 Januarie 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg. Ek hoop die eerste week na die vakansie was lekker!! Natuurlik was dit nou nie my eerste week terug nie, maar nogsteeds was dit lekker! Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag oggend net nie lus gehad vir die kantoor of om werkgewers te besoek nie, en ry saam met Christo Pretoria toe. Terwyl hy sy kliente sien, sit ek in die kar en lees die koerant. Wel, teen 2 uur voel ek al soos 'n uitgebakte tjop!! Gelukkig is ons oppad huistoe net na 3, en teen 4 uur is ons terug by die huis. Vanaand maak Christo vir ons heerlike vis en groente gebak. Mensig, dis heerlik!! So moeg van die hitte, dat ek voor die tv aan die slaap geraak het, en net na 9 in droomland... Dinsdag die dag op kantoor. Gedurende die oggend gou 'n draai gaan maak by die mall, toe Randburg toe om die pos te gaan haal. Die hele dag behoorlik om gewens, want mens kan die koerant net soveel keer deur lees... Vanaand braai Christo vir ons sommer 'n tjoppie en wors. Saam met 'n mengelslaai en Moeder se beet slaai, is dit heerlik! Voor die tv gelĂȘ, en net na 11 onder die appelboom... Woensdag weer op kantoor. Craig is ook op kantoor, en net na 10 gaan ons gou CCMA toe. Terug kantoor toe voordat ons die pos gaan haal in Randburg. Wow, die oggend het gevlieg, en ek hoop die res van die middag sal ook so gaan. Gelukkig vlieg die dag. Vanaand maak Christo vir ons heerlike peri-peri hoender-pasta! Mensig, dis heerlik!! Alweer voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Donderdag mos my goeie vriend Thomas se verjaarsdag gewees!! Thomas, baie geluk, en mag die jaar vol geluk, vreugde en baie voorspoed wees. Eers gou al my rekeninge en admin gekry, want vandag het ek 'n paar werkgewers wat ek wil gaan sien. Groot is my verbasing toe ek hoor ek het konsuliasies vandag....!! Wel, het ek 'n keuse? Soos dit mos so vroeg in die jaar gaan, daag nou nie almal op vir die vergaderings nie. Gou na 10 uur ry Christo saam my Randburg toe om die pos te gaan haal. Maak dit net in tyd terug vir my half 12 vergadering! Niel verteenwoordig die werkgewer, en na die tyd drink ons eers 'n koffietjie. Goed om hom te sien. My half 3 vergadering daag almal op, net om uitstel te vra tot die 20ste. Die res van die middag net rustig gewees. Vanaand het Christo sommer vir ons 'n hoendertjie in die oond, met lekker groente, pampoen en aartappels. Lekker! Wel, ek sien nogal uit na 'n rustige naweek. My wens vir die naweeek:- Elke ster wat jy sien, vertel jou van God se liefde; Elke sandkorrel noem Sy genade; Elke grashalm Sy voorsiening. Mag jy Sy omgee ervaar hierdie naweek. Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

No comments: