Sunday, 07 December 2008

My Maandag Storie - 08 Desember 2008

Goeie more uit 'n heerlike koel/warm Johannesburg. Mensig, wat 'n heerlike naweek was dit nie!! Baie rond gery, en ook 'n paar trane weg gepik... Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag eerste ding op kantoor. Al my admin gedoen, en net na 10 is ek en Christo gou aroma's toe vir 'n koffietjie. Net rustig gesit en kuier. Terug kantoor toe. Les wil hê ek moet 'n geskenk Bruma toe vat, en Craig en Jaco ry sommer saam. Oppad begin dit reën, en glo my, dis sommer 'n wolk-breuk! Two-tieks, en ons is oppad terug. Kan nie wag vir huistoe gaan tyd nie!! Vanaand net rustig by die huis. 'k was nie baie honger vanaand nie, en eers so 9 uur 'n stukkie brood geëet. Net voor die tv gelê, en teen 12 uur in droomland... Saterdag vroeg op, want Ivy is mos hier. Wil vandag 'n draai gaan maak by die roos-plaas anderkant Krugersdorp, want ek's opsoek na 'n roos-bos of twee... Oppad ontbyt gaan eet by Olivia's in Northcliff. 2 eiers, toast, bacon en gebraaide tamaties is heerlik, terwyl Christo 'n ommelet eet. Ai, dis nie dat ons verraaiers is nie, maar so nou-en-dan is ander plekke net so lekker soos Nestcafè! Gou 'n draai gaan maak by my liefste vriend Janneman, en vir hom 'n muffen gevat wat ons by Olivia's gekoop het. Toe verder, want ons dag gaan lank wees... Eers 'n draai gaan maak by die Fizzball & Soap Factory, en raai wie sien ons daar? Mari! my niggie! Gedog dis nou toeval dat ons haar daar raak-loop, totdat sy vir ons vertel dat sy weer daar uithelp. Tog te goed om haar te sien! Toe verder op ons 'quest'! Eers roos-plaas toe, en daar gaan nie veel aan nie. Oppad terug stop ons by Austraflora Nursery, en daar kry ons 'n pragtige marshmallow vark-oor. Onmiddelik koop Christo dit vir my! Net oor Hels-hoogte sit nog 'n kwekery, en daar ook 'n draai gemaak. Toe Garden World toe in Honeydew. Mensig, so lekker om hier rond te loop, want hulle het die pragtigste plante! Koop 2 sakke potting soal, en ook vertiliser. Heel laaste, maar nie die minste nie, maak ons 'n draai by nog 'n kwekery. Ja, julle sal ook dink ons was net by 'n klomp kwekerye hierdie naweek.... maar julle is reg! Gedog dis ons laaste, maar gaan toe Lifestyle toe. Nie lank daar nie, en ons eintlike rede om hier te stop was om 'n bier te kom drink by Primi. Ongelukkig het hulle nie my bier nie, en kyk, dan weet ek ek wil nie hier kuier nie. Gaan liewers huistoe! Het 'n paar plante wat ek wil uitplant, en Christo maak die potte gereed. Dis nie net die pachypodium lamerei wat oorgeplant word nie, maar ook my ander kaktus, en al my vark-ore. Nou gaan hulle groei!! Christo braai vir ons 'n heerlike stukkie wors en ribbetjie, terwyl ek vir ons braai-broodjies maak. Met 'n lekker groen-slaai is dit heerlik!! Vanaand gedaan en moeg na die hele dag se karjakker, en teen 10 uur onder die appelboom... Sondag geslaap tot half 9. Op, en reg vir die dag! Rosebank se vlooi-mark toe, want vandag soek ons persente.... So lekker om hier rond te loop, maar met 'n bier-beursie en ons sjampanje smaak, is dit moeilik om iets te kry. Het gelukkig vir 3 mense 'ietsie's' gekry, en sal vir die ander maar later soek. Terug by die huis van gister aand se braai-vleis geëet. Vanmiddag is dit die afskeids-konsert van Weiss Doubell by Pro Musica, en ons is uitgenooi. Oppad deur 'n storm gery, en die wêreld is nat!! Kon nie verstaan hoekom daar so min karre is nie, maar nadat ons elk 'n drankie in die kroeg gekry het, besef ons net hoe vroeg ons is... Dis nou half 3, en die konsert begin half 4!! Kuier rustig, en stadig kom almal aan. Corman en Karen met die kinders, liewe Leon, Anton en Lizelle, Viv, Steff en Ciela, Mike, Griet en Rudi, tannie Rita, ag, te veel om op te noem... Die orkes klink soos engele-sang, maar dis Weiss wat almal bekoor. Die middag gaan net te gou verby. Ja, wanneer gaan ons weer hier almal saam wees vir 'n opera of 'n simfonie uitvoering? Ek was bevoorreg om deel van Pro Musica te wees met Weiss Doubell aan die stuur. Weiss, alle voorspoed vir die toekoms, en mag die 'aftrede' die begin wees van baie meer. Geniet die rustigheid van tannie Rita, en jou klein-kinders. Na die tyd saam met almal gekuier, ietsie geëet, en net die geselskap geniet. Weiss het ook in my program geskryf... Hier vandaan direk kerk toe. Ja, vanaand is ons vroeg! Dominee Trevor, hoe kan ek dankie sê vir vanaand se diens? Dankie vir die roos, en weet ek gaan myne, Christo s'n en joune more vir Janneman gee. Janneman, vanaand het ek vir jou 'n kersie gebrand... My wens vir die week:- D - dierbaar A - altyd daar N - nooit kwaai K- koelste maatjie I - iemand spesiaal E - ekstra oulik! DIT alles is jy! Dankie dat ek jou in my lewensboekie het. Tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Moeder en Dad - 06 Desember 2008

No comments: