Thursday, 11 December 2008

My Vrydag Storie - 12 Desember 2008

Goeie more uit 'n warm Johannesburg. Julle raak seker nou ook al moeg vir my 'goeie more uit 'n warm Johannesburg', maar ons is mos maar altyd ontevrede oor of te warm, of te koud, of te nat, of te droog... En ek geniet die somer, want 'k's mos nie 'n winter-baba nie... Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag my gewone draai by die kantoor gemaak, toe's ek uit. Eers 'n draai by my goeie vriend Janneman gaan maak. Namens dominee Trevor, Christo en myself vir hom 3 rose gevat. ...om te sê ons gee om, ons is lief vir hom, en ons is altyd daar vir hom... Kry ook 'n heerlike koppie koffie! Die dag gaan aan, en ek moet werk. Sien 'n paar werkgewers, en teen 1 uur stop ek gou by Westgate vir 'n chicken en mayo pastei. Ek moet bieg.... nie 1 nie, maar 2!! Hulle is so lekker, dat ek 2 moet eet! En soos die noodlot dit ook moet hê, is dit juis die tyd wat Christo my bel.... (Vanaand sal ek al my kos moet eet, anders gaan ek raas kry...) Die middag vlieg verby, en teen 5 uur is ek terug by die huis. Vanaand maak Christo vir ons heerlike spaghetti en mince. Baie lekker! Hy slag ook vir ons 'n spanspekkie. Wow, dis absoluut stroop-soet lekker!! Net rustig voor die tv vanaand, en teen 11 uur onder die appelboom... Dinsdag weer uit op die pad. 'n Lang dag wat net-nie wil verby gaan nie. Sien 'n paar werkgewers, en teen 2 kry ek vir Christo by Norwood Hyper. Vanmiddag soek ons persente vir die kinders en klein-kinders.... Mensig, julle sal nie glo wat die pryse van speelgoed is nie! Vir 5 nappy's vir 'n pop (ja, mens kry nou ook vir hulle nappy's!!) vyftig rand!! Kan julle glo, dit vir 'n pop! Vandag se kinders word vroeg-vroeg geleer van hoe om mamma's te wees... Omtrent alles gekry waarna ons gesoek het, en net na 5 terug by die huis. Vanaand eet ons sommer van gister aand se spaghetti. Die res van die aand weer voor die tv gelê, en net na 11 in droomland... Woensdag besluit vandag wil ek op kantoor wees. (daar gaan nie veel buite aan nie, en ek kan my tyd beter by die kantoor gebruik.) Daar's admin wat ek kan doen, en ook 2 kondonasie aansoeke wat moet klaar. Gelukkig geniet ek om dit te doen, en tjop-tjop en dis klaar. So ook die dag, want terwyl ek besig was, het die dag gevlieg. Vanaand maak Christo vir ons lekker gebakte hoender, eier-vrug en skorsies! Lekker! Vanaand draai ek persente toe. Ai, dit bly tog so lekker om dit te doen, want ek kan net daai gesiggies sien as hulle die persente oop maak... Teen die tyd wat ek klaar is, is dit ook tyd om bed toe te gaan. Teen 11 uur onder die appelboom... Donderdag ry Christo saam my. Eers 'n draai by sy kantoor gaan maak, en toe's ons oppad. Terwyl hy 'n werkgewer in Pretoria moet sien, gaan ons sommer 'n draai by Sussie ook maak. Lekker skons gekry, en so bietjie gekuier. Die dag stap aan, en ek moet nog in Krugersdorp ook kom. Gaan maak 'n draai by West Rand Pack, toe Hermes, en toe huistoe. Ongelooflik wat net so killo van die huis af gebeur... Die Honda se waterpyp bars, en ek kan nie verder ry nie! Mensig, is dit nie ongelooflik nie....? Dink net as dit oppad van Pretoria af Krugersdorp toe moes gebeur het... En nou gebeur dit basies op my voorstoep! Gelukkig kan ek vir Blackie in die hande kry, en hy kom met sy kar en 'n tou om te kom help. Sleep die kar huistoe, haal die pyp af, want ons wil gou Pirate Parts toe gaan in Norwood om te kyk of ons nie 'n pyp kry nie.... Ongelukkig het hulle nie een nie, en ek sal maar more by Honda moet gaan kyk. Vanaand maak Christo vir ons hoender-lewertjies met mash. Heerlik!! Wel, ek sluit kiekie's in van Peter met al sy boeke, sertifikate en persente wat hy by sy skool se prys-uitdeling gekry het. Peet, baie geluk, en glo my, ons almal is baie trots op jou!! Doen so voort!! Hier is 'n lys van alles wat hy gekry het:- Certificate of graduation (almal). Representative award for representing Kandos School at Regional/State level. Outstanding effort and for achieving excellent results in literacy. Peer award. Citizenship Senior primary. School Captain. DUX 2008 + pen. Kandos School Memorial Spoon. Dan is daar ook kiekie's van my niggie Berdine se dogter, Nadine. Sy het verlede Saterdag die Model van die Jaar kompetisie gewen. Dis nie net haar uiterlike wat so mooi is nie, maar ook haar persoonlikheid. En sy straal haar Christenskap dag na dag uit!! Nadine, baie geluk; jy verdien dit!! Wel, ek sluit nou eers af. My wens vir die week:- Byt vas, hou jou oë gevestig op Jesus en druk deur; Beur net vorentoe. Stry die stryd. Voltooi die wedloop. Behou die geloof - en God sal vir die res sorg! Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx
Peter met al sy boeke.
Nog 'n kiekie van Pieta met al sy pryse.
Nadine - Model van die Jaar
Nadine - Model van die Jaar
Nadine - Model van die Jaar.

No comments: