Sunday, 14 December 2008

My Maandag Storie - 15 Desember 2008

Goeie more uit 'n baie warm Johannesburg. Mensig, ek hoop julle naweek was lekker, want myne was heeeeerlik!! Sou nog graag in die kooi wou gelê het vandag, maar van ons moet werk soos dit arm mense betaam... (Janneman, dankie vir hierdie wysheid!) Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag net hier by die kantoor gewees. Half 4 sak ons die board-room in, want ons het drinks. mmmm..... ek skink net tequila vir almal. (maak asof ek ook drink, maar my glasie is die hele tyd leeg!!! Hulle kom nie eens agter ek maak net of ek drink nie!) So half 5 kom kuier Christo saam met ons. Teen half 6 is almal weg. Buite begin dit donker word van die onweers-wolke, en skielik sak die reën uit. Was veronderstel om vir Gertruida in Pretoria te gaan haal, maar ons kanseleer dit en gaan haar liewers more haal. Vanaand elk 'n heerlike pie gehad, en net rustig voor die tv gewees. Teen 11 uur onder die appelboom... Saterdag vroeg op. Wag vir Ivy om te kom, en toe's ons oppad. So kwart voor 9 by Thomas. (bly om te sien ek is nie al een wat hou van bietjie laat slaap nie...) Eers diesel gaan ingooi, toe's ons oppad huistoe. So lekker om weer met Gertruida te ry! Eers gou Christo se kar by die huis gaan los, toe Brixton toe. Soek vandag 'n waterpyp vir Gwendolien. Nie hier nie, en ons ry Beras toe in Alberton. Ook nie hier nie! Oorkant is 'n roadhouse, en ons gaan stop daar vir 'n heerlike burger, tjips en coke. Toe terug huistoe. So 2 uur begin klaar maak, want vanaand gaan ons Lucit toe in Pretoria. Net na 3 gery, want ons moet 4 uur by Rudi wees. Daar gekom, en ons wag net vir 2 ouens. So half 5 val ons almal in die pad. Ek, Christo, Rudi, Martin, Clint en Jonathan in Rudi se Toyota, en die ander in hul eie karre. Totaal - 4 karre! Net buite Pretoria het 1 van die ouens probleme met hul kar, en ons doen 'n 'pitstop' langs die pad. Gelukkig nie erg nie, en ons kan weer verder ry. Daar gekom, en dis goed om weer vir Gideon te sien. (het jare gelede een aand daar gekuier, en dit was lekker!) Lucit is 'n restaurant waar die eienaar, Gideon, self die kos voorberei, bedien en saam kuier. Mensig, die tuin is pragtig met al die vis-dammetjies. 'n Lekker laaaaang tafel buite op die stoep, wat uitkyk oor die vis-dam. Ons kuier heerlik. Wel, buiten vir die pragtige en rustige omgewing, was die 3 Great Dane's net so rustig. 3 GROOT swart honde!! Die voorgereg was lekker tuisgebakte brood met lamsboud pattè en 'n groen slaai. Baie lekker! Die hoofgereg was gebraaide aartappels, groente en hoender pastei. Moet bieg, het nie my pastei klaar gemaak nie, want ek was nie mal oor die kors nie. (omtrent almal aan ons tafel het hulle pasteie opgeeët!) Ongelukkig kon ek nie die poeding eet nie, maar dit was roomys met piesang en kerrie. (daar was gemmer in, en Coen is alergies vir gemmer!) Die aand was net te kort, en 11 uur is ons oppad huistoe. Gaan kyk gerus by www.lucit.co.za vir meer inligting oor Gideon se restaurant. Eers gou 'n koppie koffie by Rudi gedrink, en toe huistoe. Teen half 2 onder die appelboom... Sondag net voor 9 op. Vandag wil ek bietjie aan Gertruida werk. Het 2 air-intakes wat ek in die bak wil sit, want daar's nie 'n trek in haar nie! Hopenlik gaan hierdie 'n groot verskil maak. Dis toe nie net 'n tjop-tjop werkie nie... Terwyl ek buite doenig is, maak Christo vir ons lunch. Heerlike tjops, aartappels, broccoli met 'n heerlike kaas sous, rys en soet wortels. Ook Gertruida se enjin gewas. Soos dit maar gaan met 'n ou lady, wil sy nie daarna start nie. Wel, selfs met Christo se hulp, wil sy niks weet nie. Ek is moeg, rooi gebrand van die son, en dit moet maar wag tot more. Sleep myself deur die stort, en skrop my arms van al die olie. Vanaand se kerk het ons buite 'n sang-diens. Elk op 'n kombers buite die sterre-hemel! Ai, ons Dominee weet net hoe om die hart-snare te roer! Na die tyd gaan koffie drink, en toe's ons huistoe. Wel, vandag, 15 Desember, is dit die verjaarsdag van ons goeie vriend Steve. Steve, mag die jaar vol geluk, vreugde en goeie gesondheid wees. Ons kuier vanaand saam met jou....! My wens vir die week:- I carry you with me in my thoughts and heart.... I pray that you be showered in blessings. With love I leave you in God's hands and I thank Him, for in His hands you will be safe. Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx
Pitstop! Christo, Martin, Kobus, Frans, Rudi en Peter.
Christo in die wynkelder.
C&C
Christo in die tuin van Lucit.
Gideon, die eienaar van Lucit, sy Great Dane's, en Christo.
Die Pan en ekke.

No comments: