Thursday, 04 December 2008

My Vrydag Storie - 05 Desember 2008

Goeie more uit 'n warm Johannesburg. Mensig, ek hoop nie julle het ook so warm gekry soos ons hierdie week nie! Ons was amper kaiings!! Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek julle... Maandag gou 'n draai op kantoor gemaak, toe's ek uit. Nie net hier rond nie, maar ook North Riding en Fourways toe. Regtig, dis so warm in die kar dat mens verlang na 'n heerlike koel swembad. (en ek is nie een vir swem nie!!) Die middag omtrent om gewens, en teen half 5 terug by die huis. Vanaand maak Christo vir ons 'n heerlike groen-bone stew. Mensig, dis heerlik!! Vanaand rustig voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Dinsdag skaars op, of bel vir Janneman. Dis mos vandag sy verjaarsdag! En toe kan my dag begin. Vandag Roodepoort en Krugersdorp toe. Gaan maak ook 'n draai by West Rand Pack. Op soek na enige plastiese bakke, styrofoum, verpakkings materiaal...? Gaan kyk gerus hierso! Nie regtig enige iets gesoek nie, maar daar uit met 'n sak vol goed. Oppad huistoe eers by Karlientjie (die tuisnywerheid) gestop om 'n heerlike koek te koop, toe by Cresta gestop vir 'n persent vir Janneman, en toe huistoe. Basies net deur die stort gespring, toe oppad. Moet half 7 by Janneman vir ete wees. Mens, en is daar vir jou mense!! Janneman se Dad en Moeder, Frikkie se Dad en Moeder, Johan, Kobus, Jansie en haar man, Philip en Johan, Niggie en haar boyfriend, Egoli, Riekert en Bets, Nico en Sarieta, Derick en Tania, en nog mense wie se name ek nie kan onthou nie... Ons kuier heerlik, en natuurlik is Janneman se kos uit die boonste rakke! Heerlike hoender pasty, mince pasty, rys en heerlike slaai. Vir poeding.... 'n klomp koeke en terte om uit te kies! Daar is kos vir 'n hele army! en alles is so lekker...! Ons lyk so goed, want ons eet so goed! Teen half 11 moet ons ry, want more is 'n lang dag. Skaars my kop op die kussing gesit, of ek's in droomland... Woensdag op kantoor. Vandag begin met 'n klomp compliance arbitrasies. Soos dit maar gaan, daag niemand mos op nie. Gelukkig gee dit my tyd om al die awards te skryf. Met die pro-forma gaan dit vinnig. Die dag vlieg behoorlik! Vanaand net rustig by die huis, en Christo maak vir ons heerlike skaap roast, met groente en rys. Ai, dit bly maar lekker! Vroeg voor die tv plat geval, en net na 11 in droomland... Donderdag weer op kantoor, want vandag is dit konsuliasies. Wel, hoop dit gaan beter as gister! Met die half 10 vergadering kan ons nie 'n skikking beryk nie, maar wel met die 11 uur vergadering. Bly daaroor, want as hierdie een vir arbitrasie moes gaan... Die res van die middag aan die laaste awards geskryf, en teen 4 uur klaar. Rustig by die huis vanaand. Sommer 'n lekker tjou-tjou gehad met brood, en die res van die aand voor die tv. Teen 9 uur sak hier 'n bui reën uit wat tot die tv se sein belemmer. Nie dat ek kla nie, maar nou kan ons nie Dirty Sexy Money klaar kyk nie.... Vanaand gaan ons lekker slaap... Wel, my wens vir die naweek:- Elke sonsopkoms; elke voëlsang; elke groen blaar; elke bui reën; dis God wat sê: 'Dis Ek, neem My hand, Ek wil jou seën en van vreugde laat lag!' Tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx
Annabel, Ruan, Nadia, Hein en Blue die Great Danne.
Kyk!! Nadia se tand is uit!
Birthday-boy Janneman en Frikkie.
Janneman en Frikkie saam met Jan se Moeder en Dad.
Ek en Christo.
Christo met Janneman se kind.

No comments: