Saturday, 16 August 2008

My Vrydag Storie - 15 Augustus 2008

Goeie more uit 'n heerlike somers Johannesburg. Ek hoop en glo dit gaan nog baie goed met julle almal? Natuurlik gaan dit mos altyd goed met my! Maandag mos nou lekker laat geslaap. Christo my bederf met lekker ontbyt in die bed, en nadat ek gou myself deur die stort gesleep het, het ek weer plat geval voor die tv. Net na 1 is daar 'n klop aan my deur... en dis Danie wat kom kuier! Wow, is dit nou goed om hom te sien. Bel om te hoor waar's Christo sodat hy kan saam kuier. Natuurlik word ek weer bederf, en kry 'n pragtige bos rose, chokies en 'n heerlike stuk biltong! Danie, baie dankie vir jou kuier; ek waardeer dit ontsettend!! Nogmaals dankie vir die bederf ook!! Die middag olimpiese spele gekyk. Vanaand gaan ons by Janneman eet, want Cornelius en Sarel is hier van Londen af! Julle sal nie glo wat gebeur oppad daantoe nie... Stop by 'n rooi robot. Soos dit 'n wets-gehoorsame citizen betref, trek ons weg toe die lig groen slaan... Wel, natuurlik dog die ka..er toe sy fiets is vinniger en hy sal voor ons kan indraai.... Met 'n slag connect hy ons... oor die bonnet, teen die voorruit vas, en oor... Daar lê hy - lights-out!! Ook maar goed, want hy't nie gehoor hoe vloek ek hom nie!! Het julle al gehoor hoe skel 'n spirits-m..d op 'n Vrydag aand?? Wel, ek het so geklink!!! Die ruit - fyn-en-flenters! Ai, so uitgesien na 'n rustige kuier saam met die Londenaars, en nou dit!! Die ongeluk het presies 10 voor 7 gebeur; en die brandweer en 'n ambulaans daag eers daar op 20 oor 7. Tot nou-toe was die metro-polisie nognie op die toneel nie... Ons het maar later self polisie-stasie toe gery om 'n saak te gaan maak.... En ta wat die form moes invul, is meer bekommerd oor hoe die papier gevou moet word as oor iets anders... Welkom in Suid-Afrika!!! Kom eers teen half 9 by Janneman aan. Goed om vir Cornelius en Sarel te sien, en ons kuier heerlik. Moet sê, Lindie en haar nuwe boyfriend is ook daar, en sy giggel net die hele tyd. Janneman, Frikkels, baie dankie vir jul gasvryheid, en dankie vir Christo se heerlike kos. Hy kon nie uitgepraat raak oor die lekker bees-stert nie! Hopelik (oor 5 weke) sal ek dit ook kan proe... Teen half 11 is ons weer oppad huistoe. Dood-moeg en gedaan val ek plat, en gou-gou is ek onder die appelboom... Dinsdag vroeg op, en bel gou 'n paar plekke om te hoor wat sal 'n nuwe voorruit kos. Julle sal nie glo nie, maar PG Glass vra R4500.00! Die goedkoopste wat ons kon kry, was by Commercial Auto Glass in Selby. Teen R1400.00 is dit die beste!! Vir voorruite, probeer hulle gerus. (tel. 011 493 5724 - en praat met Kobus of Carlos) Vandag is ek tussen die olimpiese spele en movies. Die dag vlieg verby. Vanaand maak Christo vir ons heerlike spaghetti bolognaise! Kyk, al mag ek net sagte kosse eet, eet ons lekker!! Vanaand rustig voor die tv, en net na 11 in droomland... Woensdag oggend vat Christo die kar in vir 'n nuwe voorruit. Terwyl hy weg is, begin ek die dvd reeks Taken van Steven Spielberg kyk. Toe hy half 3 terug kom, is die nuwe ruit in! En hy't dit gekry teen 'n nog-beter prys as wat hulle ons gekwote het - R1200.00!! Regtig, save hierdie ouens se nommer vir eendag!! Het vir Francois vir ete vanaand genooi, en hy's net na 7 hier. Christo maak weer sy lekker hoender, pasta rys, groentes, en natuurlik sy caramel patatas en sy groente-pastei. (spesiaal sodat ek ook sagte groentes kan eet...) Ons kuier al te lekker, en die aand vlieg behoorlik. Fransman, dankie vir jou vriendskap, en ek hoop alles werk uit vir jou en H...! Teen half 12 is ek in droomland... Donderdag vroeg op, want vandag word my steke uit gehaal. Net voor 10 by dokter Toppie. Gou-gou hom gesien, en hy's baie tevrede. Sê ook vir my as ek ooit weer 'n op wil hê, moet ek gerus na hom toe kom; ek was 'n goeie pasiënt. (hoop ek kry 'n afslag daarvoor!!) Wel, net na half 1 kry ons die goeie nuus... Christo en ekke het oupa's geword van Logan Visser. Shaun, Rochelle, baie geluk met jul pragtige dogter, en ouma Margie, baie geluk en dankie dat jy daar is om ons te verteenwoordig!! Logan Visser weeg in teen 2.8 killo's. Oupa Christo, baie geluk vir jou ook!! Ek weet dis vir jou moeilik om hier te wees en nie daar nie, maar weet ek is altyd langs jou... Oppad eers gou 'n draai gaan maak by Christo se ou woonstel, en amper die laaste van sy goedjies gelaai. Terug huistoe, want ek kan voel ek's moeg. Val op die bed plat, en gou-gou aan die slaap. Net na half 6 maak Christo my wakker. Vanaand eet ons heerlike vis, mash, en lekker pampoentjie. Heerlik! Thomas kom maak ook 'n draai. Thomas, baie dankie vir die kuier, en dankie vir die biltong.... (private joke!!) Wel, my gebed vir die naweek:- Here, U is my lewe, U sorg vir my. U het die aarde gemaak en alles daarop en 'n Pragtige deel is vir my afgemeet. Dankie Vader. Elke dag is vol van U genade; en dit is alles onverdiend. Bly by my o Heer, nou en altyd. Amen. Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Frikkie, Janneman, Lindie en ....? Frikkels, Janneman, Coen, Cornelius en Sarel Pappa Shaun en Dylan Hello World.... this is me.... Logan! Mamma Rochelle, Pappa Shaun en Logan 'n Trotse pappa Shaun met Logan

No comments: