Monday, 25 August 2008

My Maandag Storie - 25 Augustus 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop dit was 'n heerlike naweek vir almal. Natuurlik met hierdie heerlike warm weer, sou dit net-nie reg gewees het om in die huis te sit nie! Maar dit was my nie beskore nie, want ek het die laaste 2 dae van my siek-verlof rustig voor die tv deur gebring. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Vrydag net rustig gewees. Laat geslaap, en tv gekyk. Geniet ook die laaste van my dvd-kyk... Vandag is dit a Bug's life, en ice age. Ai, ek kan dit weer en weer kyk! Vanaand maak Christo vir ons heerlike spaghetti bolognaise. Al mag ek nie harde kosse eet nie, is die pasta my gunsteling! Bietjie laat gelê en tv kyk, en net na 12 onder die appelboom...
Saterdag net na 9 op. Dad bel, en ons 'kuier' heerlik oor die foon. Net na 11 gou Christo se tv by Alta gaan haal, en toe's ons terug. Om te dink dis minder as 2 maande, dan's sy ook 'down under'... Terug by die huis is dit 'n gewerkskaf en gewoel, want ons moet plek kry vir die groot tv. Gelukkig - en nadat ons 'n paar skywe gemaak het - is alles binne 'n tjop-tjop reg. Vanaand is daar lekker vis, mash en groente. Lekker! Voor die tv gelê, en teen 11 in droomland.
Sondag, my laaste dag van rus na 2 en 'n halwe week weg van die werk af. Kyk, vandag benut ek die rustigheid ten volle! Laat geslaap, koerant gelees, Christo het vir ons heerlike hoender, rys en groente-gereg gemaak, en die olimpiese spele gekyk. Moet sê, ek het 'n goeie tyd gekies om siek te wees, want ek kon elke dag die spele kyk. Vanaand 'die hard 4' gekyk, en teen half 11 in droomland...
Vandag wil ek dankie sê vir almal wat my gesms het, vir my gebel het, my bederf het, en ook vir my gebid het. Dominee Trevor, Danie, Janneman en Frikkels, Fransman, Thomas, baie dankie vir jul kuiertjies. Maar seker die grootste dankie is vir Christo wat my so opgepas, en bederf het. Skapie, jy is 'n ster, en ek is oneindig lief vir jou!!
Oor die naweek het Pieta sy laaste footy vir die seisoen gespeel. Ongelukkig het hulle verloor, maar daar is mos weer volgende jaar... en Leanka het aan 'n perde-skou kompetisie deel geneem... Uit die 8 items, het sy vier 2de plekke gekry, en 3 derde plekke! Wow, baie geluk Sussa. Peter sê hy was aan die einde moeër as die perd, want hy moes die perd die hele tyd lei...! Dan ook 'n baie geluk aan my maatjie Adriaan en Jacques wat verlede Donderdag die groot stap geneem het! Julle twee, baie geluk met die huwelik, en mag julle altyd vir mekaar so spesiaal bly soos wat julle vir jul vriende is!!
My wens vir die week:- As jou hande moedeloos hang, en die trane blink op jou wang, onthou: JY KAN! As jou kop onseker skud en jou vermoëns is uitgeput, onthou: JY KAN! As jou pas verslap en vuur ontbreek in jou stap, onthou: JY KAN! Dit is GOD wat in jou werk!
Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Leanka, ons volgende Kampioen perde ruiter!!
Leanka en Silver.
Kyk net so 'n trotse Pieta voor die perd!
Deaci besig met footy.
Deaci - moeg en gedaan na 'n harde wedstryd!

No comments: