Thursday, 21 August 2008

My Vrydag Storie - 22 Augustus 2008

Goeie more uit 'n lekker warm Johannesburg.
Natuurlik was dit mos net 'n fals alarm - die koue van verlede naweek!.... gelukkig is dit weer lekker warm hier by ons!! Ek hoop julle het 'n heerlike week gehad. Myne, sommer heel lekker, maar baie rustig. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Hierdie hele week mos nog by die huis gewees. Eers komende Maandag terug by die werk. Maar dit gaan sommer stukke beter. (nie dat dit sleg gegaan het nie...) Dinsdag middag was Thomas gou hier (net 'n koffietjie gedrink), en ek't ook die nuwe Acer Aspire one gesien. Wow, absoluut wonderlik!! Robert slaap hier oor vanaand, en ons kuier tot wie-weet-watter-tyd. Christo het natuurlik sy wonderlike hoender-feta pasta vir ons gemaak. Soos altyd is dit weer 'n wenner! Elke dag was ek maar rustig voor die tv, en is bederf met heerlike kos en drink-goed. Baie tv gekyk, en lekker laat geslaap. Wayne maak ook Woensdag oggend 'n draai hier.
Wel, soos julle kan sien, het ek behoorlik 'n rustige week gehad. Glo my, volgende week sal dit sekerlik 'back to normal' wees... Ek sluit sommer 'n paar kiekie's in van Dad en Moeder se handewerk.... lekker maketaan konfyt! Dan van Nadia by die skool se mode parade, van Ruan ook by die skool, en natuurlik van Robert en Corlia se kiddy's.... Pikkie, Ico en Nici.
My wens vir die naweek:-
I said a little prayer for you, the way I often do. I asked the Lord to fill your life with joy and blessings too. I asked Him to be close to you and hear you when you call, and give you all His sweetest gifts for you deserve them all.
Geniet die naweek, en tot ons weer gesels, no worries mate, en take care.
Coen xxx
Lien besig met 9000 stukke.
Lien steeds besig...
Die lekker konfyt.
Lyk dit nie lekker nie? Nadia as model.

Nadia en maatjies.
Ruan by die skool.
Ruan en 'n maatjie.

Kan julle glo.... dis Pikkie hierdie!! Mensig, sy het groot geword!
Rovico met die groot burger!
Ag moeder, kyk hoe groot het Nici geword!

No comments: