Thursday, 28 August 2008

My Vrydag Storie - 29 Augustus 2008

Goeie more uit 'n lekker warm Johannesburg. Ek hoop en glo dit gaan nog baie goed met julle almal, en dat dit 'n lekker week was. Wel, ek het mos Maandag weer begin werk na twee en 'n halwe weke af siek, en glo my, dit is goed om weer terug te wees. Wag, kry gou dai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag vroeg op. Weer terug 'klippe kap'... Almal is bly om my te sien, en selfs 'n paar wat gesê het hulle kan sien ek het gewig verloor! (ek het 'n goeie oog-arts...) Natuurlik kan ek dit nognie aan my klere sien of voel nie... Daar's 'n bietjie admin wat vir my wag, en verder niks nie. Ek sal myself hierdie week moet besig hou by die kantoor... Dit was maar rustig elke dag, en Dinsdag het ek vir Cornè ingestaan om van sy konsuliasies te doen. Natuurlik was dit mos weer een van daai dae waar - of niemand nie, of net die werkgewer opdaag... Elke aand was so 'n 'ek kul jou hier, ek kul jou daar, en siedaar!!' - so vol surprises was Christo met sy lekker kos. Selfs maccaroni en kaas Dinsdag aand gekry! Woensdag oggend saam Christo gaan koffie drink by Seattle Coffee Shop in Killarney... lank-laas dit gedoen! Elke aand bietjie voor die tv gelê, en teen 10 was ek al in droomland. Weet nie wat is dit nie, maar ek is gedaan elke aand. Donderdag weer sommer 'n vroeë middag-ete saam hom gaan eet. Na 'n heerlike hoender-slaai agter die blad, is ek terug kantoor toe. Wel, my eerste week terug het behoorlik gevlieg, en ek glo dit sal net beter gaan vorentoe. Ivy is ook terug, en ek sien daarna uit dat sy Saterdag kom werk. Nou kan die huis weer skoon wees... (nie dat die ander dame die plek skoon gemaak het nie; glo my, ons kon net sowel elke Donderdag daai geld in die water gegooi het...) Ek hoop julle gaan almal 'n heerlike naweek hê. My wens vir die naweek:- God sê vir ons... Hou op spartel met wat jy moet doen, moet wees, moet dink, hoe jy moet bid, moet ontspan. Julle is my Genade Kinders! Wat 'n vreugde as daar iemand is wat ons lief het en aanvaar net soos ons is. Ons hoef nie perfek of anders te wees voor God nie! Sy genade is vir ons genoeg! Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Die begin.... Adriaan en Jacques Wettig getroud.

No comments: