Sunday, 17 August 2008

Hoekom Wilmare 'n A++ gekry het....

Hierdie storie het my goeie vriendin Karen vir my gestuur van haar dogtertjie, Wilmare. Ek glo julle gaan dit net so geniet soos wat ek dit geniet het.... Dankie Karen, dis pragtig! 15 Augustus 2008 Kunswedstryd Graad R by Louwtjies, 16h00 Dis groot storie die, want sus gaan haar eerste kunswedstryd opsê. Moet mooi netjies wees in skoolklere, so Corman glip vroeg weg om te bad en huiswerk te uitsorteer. Toe skool toe. In die saal is daar al klomp ouers met jonge spruite reg om te luister / gediggie te doen. Luister dieselfde versie ‘n HELE paar keer, voor Wilmare 3de laaste se beurt is: Nou die trick is om te stap tot in die middel, dan stil te staan, te wag tot die tannie (soos Werner sê die JUDGE) vir jou kyk en glimlag voor jy mag begin: “Otjie Potjie met die londe lange snoet Waalom speel jy altyd in die moddel swalt soos loet? (Hande langs die sye, staan doodstil…) Og Og! (Ogies kyk een kant toe) Og Og! (Ogies kyk ander kant toe) Weet jy dan nie? (Dramaties fluister, terwyl kop in die rondte draai om die varkie se stert na te maak) Dit laat my steltjie klul!” Die poging het haar A++ gegee! (Die ander trick was van die vorige pogings om KLAAR te praat – van die het omtrent al gesit dan praat hulle nog van die stertjie…) Ongelukkig het die video clip wat Werner sou neem, eers begin afneem toe sy reeds klaar was, so dit wys hou hy terugloop tot by die stoele met mense wat hande klap. Maar dit was nog baie oulik! Karen Otjie Potjie

No comments: