Monday, 01 September 2008

My Maandag Storie - 1 September 2008

Goeie more uit 'n koue Johannesburg. Kan julle glo... gedog die somer is hier, en toe kry ons oor die naweek hierdie koue surprise!! Wag, kry gou julle koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Word vir lunch bederf met my eerste KFC Streetwise 2 na my operasie!!! Wonderlik soos altyd. Vrydag aand heerlik voor die tv gesit. Was nie baie lekker vir my nie, want ek't 'n verkoue opgedoen.... by Annie van die werk!! Dis so verdomp... ek's vir 3 weke van die werk af, 'n operasie en alles, en ek is gesond! Skaars 2 dae terug by die werk, of sy steek my aan met haar verkoue!!! Jong, ek word gedous met grippons, disprins, supradyns, corenza c's... you name it, ek het dit gekry! Christo maak vanaand vir ons taco's met salsa, avo's en kaas. Dis heerlik. Net na half 10 was ek onder die appelboom... Saterdag vroeg op, want Ivy kom in... Vanoggend gaan ons weer bietjie Nescafè toe. Mensig, dis lekker om weer gewone kos te mag eet. Gaan kry gou 'n paar goedjies by Pick 'n Pay, en daar gaan die krag af. Wow, julle sal nie glo hoe donker dit daar binne is nie!! Pik-giet-swart-donker! Gelukkig was dit net seker vir so 30 sekondes... maar dit het gevoel soos 'n uur. Terug huistoe, want ons het baie werk vandag. Terwyl Ivy in die huis skoon maak, is ons besig om weer 'n klomp goed te pak wat stoor-kamer toe moet gaan. Een van die goed wat ook moet gaan, is ons kroeg... (die werk het 'n nuwe kroeg en stoele gekry, en toe kry ek die oue met 4 kroeg-stoele en 2 gewone stoele!!) Dis nie net die bakkie wat gelaai word nie, maar ook die sleep-waentjie. Net na 1 in Kaya Sands, alles af gelaai en die plek biejtie reg gepak, en toe's ons weer terug huistoe. Die res van die middag voor die rekenaar en tv gesit, en kon nie glo dat ons so goed rugby gespeel het nie!! Maar dis te laat... Christo braai vir ons 'n ou hoendertjie op die kole. Met twee slaaie daarby, is dit heerlik. Is al die hele dag gedokter met medisynes, en vanaand is geen uitsondering nie. Vroeg-vroeg onder die appelboom... Sondag bietjie laat geslaap. Kry vir Alta 10 uur by Fournos vir ontbyt. Die wind waai, en ons sit binne. Gelukkig is daar nog plek, en ons kuier heerlik. Moenie hulle ontbyt onderskat nie, want dit was heerlik! Ja, ons moet nou die kuiers geniet, want een van die dae... Alta, ons gaan jou vreeslik mis! Die koerant daarna gaan kry, en toe's ons huistoe. Koerant gelees terwyl Christo vir ons ribletts, groente en kool maak. Vroeg geeët, en toe't ek die kar gaan was. Kyk, julle sal nie glo hoe vuil daai Honda was nie! Tot gestofsuig ook. Net na 4 stop Francois en K hier. Geen verskoning nie, en ons moet saam Parkhurst toe vir koffie en koek. Ek en Francois vat lemon-merang, terwyl Christo en K die tera-ma-su gevat het. Wel, my lemon-merang was absoluut di-flippen-vin! Later kuier ons om 'n pita-broodjie... Teen half 8 gaan ons terug huistoe, en ons kuier oor 'n koppie koffie verder. Wat 'n heerlike middag en aand. Fransman, regtig, ons hou vir jou duim vas. Wel, Dinsdag, 2 September, is daar 'n paar mense wat verjaar. My sussie Lien, my vriendin Corlia, Nocky, en Amorè. Julle 4, baie geluk met die verjaarsdag, en mag die jaar vol geluk, vreugde en baie liefde wees. My wens vir die week:- A friend is... a tissue when you can't stop crying, a shoulder when you feel like dying, a wing when you want to fly, understands, without knowing why. An ear for a secret to tell, an aspirin when you feel unwell, a jack when you are feeling low, and a love that never let go!! Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

No comments: