Monday, 10 August 2009

My Maandag Storie - 10 Augustus 2009

Goeie naand Suid Afrika! Goeie naand my vriende! Ai, ek hoop julle het net so 'n wonderlike naweek gehad soos myne! Alweer 'n SC naweek vir my, en dan's vandag nog 'n vakansie-dag ook! Aan al die vrouens (nie meisies nie....) ek hoop julle het 'n heerlike vroue-dag gister gehad. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag net na half 10 hier uit, en eers 'n koffietjie by my liefste vriend Janneman gaan drink. Nie lank vertoef nie, en oppad terug gou by 'n werkgewer by Millpark aan. Al my admin op kantoor gedoen, en half 4 is ons huistoe. Rustig gewees, en so half 8 maak ek sommer 'n lekker groente-gebak met vis. Thomas is so half 9 hier, en ons eet. Wel, die groente was heerlik, maar die vis....! Nota aan myself:- in die toekoms mag jy nie weer Yankee Klippers dressed baby hake koop nie!! Heerlik voor die tv gelê, en teen 11 uur val ons doodmoeg plat. Sommer gou onder die appelboom... Saterdag vroeg op, want Ivy kom vir 'n slag in. Half 9 kom, en 9 uur gaan. Half 10 kom sy uiteindelik hier aan. Ons ry Killarney toe, en eet elk 'n heerlike ontbyt by die Wimpy. Toe's ons gou na Gina toe. Terwyl ons in die kombuis kuier en tee drink, is Q besig om te bad en skoon te maak. Kuier bietjie daar by hom om die bed. Vandag lyk hierdie maatjie van my maar bleek. Ai, ek kan net dink in watse pyn hy moet wees. Na die 3de koppie tee sê Thomas ons moet nou ry, want dis al net na 1. Gelukkig het Ivy net klaar gemaak toe ons daar kom, en dis lekker om weer in 'n skoon plek te wees. Die middag rustig voor die tv gewees, en terwyl ek sommer vir ons spaghetti gemaak het, het Thomas gedoedoe. Half 7 hom wakker gemaak dat ons kan eet. Skaars klaar, of Frikkie bel om te sê hulle is oppad om koffie te kom drink. So onverwagse kuier is altyd lekker. Ai, Frikkels en Janneman is op gedress, but no where to go! (mmmmmm..... ek wonder?) Kort gekuier, toe's hulle weg. Gou die skottelgoed gewas, en toe's ek ook voor die tv. Net na 12 in droomland... Sondag bietjie laat geslaap. Gaan sommer die koerant by Rosebank koop, en loop bietjie by die vlooimark rond. Sien vir tannie Helena, en ook vir Lance. Sy skilderye is regtig mooi. Nie lank daar gewees nie, en oppad gou by Pick 'n Pay in Killarney aangegaan. Terug by die huis maak ek vir ons kaas, uie en tamatie broodjies om te braai terwyl Thomas die hoender gespice het, en die vuur aan die gang gekry het. Sit sommer buite by die vuur en lees die koerant terwyl die chef braai. Lekker vark-worsies, hoender, en die broodjies. Ai, dis mos altyd lekker om so van die vuur af te eet, en die hoender is heerlik! Het van my natural BBQ sous gebruik om oor die hoender te smeer..... Ongelooflik lekker! Net na 3 ry Thomas terug, en ek val bietjie op die bed neer. Ook maar goed Janneman het my gebel, want anders het ek verslaap, en kerk gemis. Vanaand is daar nie baie mense nie. Dominee Trevor het 'n ongelooflike mooi boodskap. Dominee, dankie vir die wete dat ons gesalf word om teleurstellings te oorkom. Na kerk bietjie saam met Gerhardt gekuier voordat ek huistoe is. Bietjie op die net gewees voordat ek bed se kant toe staan. Teen 12 uur onder die appelboom... Maandag net probeer laat slaap, maar teen half 9 is ek op. Gaan drink gou 'n koffietjie by Janneman, (het nie eens by die koffie uitgekom nie....) en weer terug. Vanmiddag werk ek bietjie aan die matriek-afskeid rok. Begin ook die lining vaswerk! Ry 5 uur na Fransman toe om daar te kuier. Terwyl ons tee drink, maak hy sommer vir ons elk 'n heerlike kaas toebroodjie. Hy en Ryan was die naweek in die Kaap, en hy kan nie uitgepraat raak nie. Sewe uur is ek weer oppad huistoe. Vanaand gou my Storie uitkry, en wil vroeg in die kooi wees. Ja, die paar dae wat oor is van die week sal maar wild gaan. My wens vir die week:- To understand the meaning of life, we must harmonize truth, love and beauty. None of them are higher or more important than the other. A life without beauty and love is without fulfillment. A life without truth is without substance. Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

No comments: