Sunday, 02 August 2009

My Maandag Storie - 03 Augustus 2009

Goeie more uit 'n koue Johannesburg. Ongelooflik hoe die weer oor die naweek verander het! Vrydag nog 'n heerlike warm dag, en Saterdag oggend met die geluid van reën op die dak opgestaan. Ek hoop julle het 'n heerlike naweek gehad, al was dit die hele tyd onder 'n warm kompers, of voor 'n heerlike warm vuurherd. My naweek - altyd goed, dankie. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag oggend gou 'n draai by die poskantoor en die bank gaan maak voordat ek al my admin op kantoor gedoen het. Natuurlik was Wayne weer op sy stukke, en ons het lekker vir sy grappe gelag. Die dag het behoorlik gevlieg en teen half 4 is ek al by die huis. Thomas het gesê hy sal laat wees vanaand, so, ek maak nie kos nie. Sommer 'n broodjie met stroop en kaas op gemaak, en voor die rekenaar gesit. Net na 8 is hy hier. Vanaand net rustig voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Saterdag wakker geword met die geluid van reën op die dak. Buite is dit bewolk, koud en nat. Mensig, so vroeg al reën, maar dis wonderlik! Wil eers 'n draai by Gina gaan maak, want QP het Donderdag huistoe gegaan. Oppad sommer by Oriëntal gestop en gou 'n knoop vir 'n jean gekry, en natuurlik elk 'n samoosa of 3! Wow, die beste ontbyt wat ek in 'n lang tyd gehad het, en moenie van die bekende salsa-sous vergeet nie! By Gina'le slaap Q nog, en ons kuier in die kombuis oor 'n lekker koppie tee. Ek, Thomas, Gina en Michelle. Ag, Michelle gee vir my die mooiste chinese waaiers, en ook 'n muur-hangsel met chinese munte aan. Later daag Richard ook op, en terwyl hy en Thomas besig is met sy sel, kuier ons oor nog 'n koppie. Met eens sê Thomas:- 'Gina, het jy al hierdie goed op Richard se foon gesien?' En daar wys hy vir ons... nou wonder almal of Richard nie iets vir ons wil sê nie....? Seker teen 11 uur word Q wakker, en ons gaan sit by hom in die kamer en kuier. Ai, hierdie maatjie van my lyk regtig nie goed nie. Lekker gekuier en gelag, en toe's ons vort. Q, Gina, ek dink aan julle; baie sterkte en blessings vir julle. Oppad Pretoria toe reën dit saggies. Sommer by Kentucky gestop en vir ons elk 'n Streetwise 2 met 'n ekstra stuk gekry vir lunch. Heerlik by die huis geëet voordat 'operasie start Gertruida' begin. Eers die clutch gebloei, en terwyl ons werk, val daar 'n hael-bui dat die wêreld wit lê! En dis ysig koud! 'n Paar keer haar gejump, en toe vat sy. Jippee! sy het weer lewe! Sou sweer sy het uit die dode opgestaan so vol stof is sy... Eers om die blok gery om te sien alles is reg voordat ek na Sussie toe is. Sy en Nadia is by die stoei by die universiteit. Ai, en sy lyk so goed met haar lang hare. Nadia is net so bly om vir Coen te sien! Gee ook vir Sussie haar persent van Dad, Moeder en myself af. (ek hoop sy hou daarvan?) Kuier tog te lekker met 'n heerlike koppie cappuccino en 3 pannekoeke. Skielik kom Nadia daar aan met rooi gehuilde oë. Sy het haarself in die kantoor toe gemaak, en kon nie die deur oop kry nie. Gelukkig het 'n ander vrou haar gehoor roep, en oop gemaak. Ag shame, sy sê sy het vir ons aan die muur geklop om oop te kom maak, maar ons het haar nie gehoor nie! Wel, nou moet ek weer in die pad val Johannesburg toe. Buite is dit koud en bewolk, en daar wil Gertruida nie start nie. Net toe ek vir Sussie bel om te kom help, sak daar weer 'n hael-bui uit. Gelukkig is Obed naby, en hy en Sussie bring sommer sy kar uit om Gertruida te jump-start. Mensig, die lang staan het haar battery behoorlik pap gemaak. En toe's ek oppad. Die hele pad val die reën in vlae, en die pad is nat! Gelukkig kan Gertruida nie vinnig ry nie, en ek bly maar aan die linker kant. Net voor 6 is ek by die huis. Vanaand sommer my stukkie Kentucky geëet wat oorgebly het, en die res van die aand voor die tv gelê. Teen 12 uur is ek in droomland. Sondag oggend bietjie laat geslaap, en kon nie regtig opkom nie. Nadat ek gestort het, is ek uit om Gertruida aan die loop te kry. Wel, net voordat ek uit is, het ek eers vir my 'n hoendertjie in die oond gedruk, want ek moet seker ook eet. Ai, selfs die werk se Tazz gebruik om haar te jump-start, maar niks. Daai battery is so dood soos 'n mossie! Teen half 2 gee ek moed op. Gelukkig wag die hoendertjie, lekker gebakte aartappels, en 'n noedel-slaai wat ek gemaak het. Lekker geëet! Die middag wou ek aan 'n arbitrasie-verslag werk, maar ek't dit in die Honda vergeet. Wel, daar is niks wat ek nou kan doen nie! Sommer voor die tv gelê en net sleg word. O ja, het ook klere gewas. Vanaand kan ek nou nie kerk toe gaan nie, maar ek weet Dominee Trevor sal my in sy gedagtes onthou. Wel, Maandag, 03 Augustus is dit my liefste Sussie se verjaarsdag. Lol, baie geluk, en mag dit 'n wonderlike dag en jaar vir jou wees. When we spend time together I want you to know, I enjoy your company so much I don't want to go. You're someone I can count on when I need a helping hand, you know me so well, you always understand. We have our ups and downs, this we both know; through it all our bond still manages to grow. We may be different in many ways, but we still enjoy each other when together we spend our days. What I'm trying to tell you, you may already know. You're an important part in my life and I hope this I show. Happy Birthday! Geniet 'n wonderlike week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Sussie en Nadia

No comments: