Sunday, 16 August 2009

My Maandag Storie - 17 Augustus 2009

Goeie more uit 'n heerlike koel Johannesburg. Ek hoop en glo julle het 'n heerlike naweek gehad! Ai, soos altyd het ek weer 'n SC naweek agter die blad.... (gelukkig is dit nie 'n whisky'kie nie, nè...!) Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag aand bring oom Thomas toe vir ons lekker stir-fry steak en mince, en ek maak 'n konkoksie wat smelt in die mond! Mensig, gebruik ook van my continental stew mix, chutney, gemende groentes en pasta, en wat 'n wenner! So lekker gewees dat ons elk sommer 2 borde geëet het. Rustig voor die tv gelê, en net na 12 onder die appelboom... Saterdag bietjie lekker laat geslaap. Eers na 9 opgestaan, en toe's ons na die bootskou by die Coca-Cola Dome toe. Ons VIP kaartjies gekry, en ook my Youth Watersport-baadjie as prys gaan haal. 'n Keuse gehad tussen die Barbie en Spiderman een - kies toe die Spiderman! Wel, soos ek vir Moeder gesê het, die baadjie sal seker vir Barbie pas, want dis vir 'n klein kiddie - tot 20 killogram... Sorry Ruan, ek't gedog ek sal dit vir jou gee, maar dit gaan gans en al te klein wees. Sal maar hoor hier by die werk of iemand dit nie vir hulle seuntjie wil aanskaf teen 'n prys nie - winskoop van die jaar!! (dan hoef ek nie provita's hierdie week te eet nie....! my en Moeder se grappie) Bietjie rond geloop en ons self vergaap aan al die nice bote en jet ski's, en toe huistoe. Thomas is net na 3 weg, en ek val voor die masjien plat. Gou die lining van die bodice aanmekaar gesit. Terwyl ek werk, vang my neus die reuk van drade wat brand. Kyk oral in die kamer by al die krag-proppe, maar niks. Wel, toe ek die klank van die tv aansit, is daar niks! Sien alles, maar hoor niks! Wat volgende? Ek sal maar radio luister terwyl ek na die beelde op die tv staar... Net na 11 in droomland... Sondag behoorlik laat geslaap, en teen 10 uur opgestaan. Die koerant gaan koop, en die oggend rustig met 'n koppie koffie en die koerant gekuier. Wel, kyk gerus op bladsy 3 van die Leef - my naam is ook daar onder Wenners! Rustige middag; gewas, en niks gedoen nie. Vanaand is ek kerk toe, en dis nagmaal. Dominee Trevor het 'n pragtige preek gehad - gedog hy preek net vir my...Dankie Dominee dat ons ons maskers voor die Aller Heiligste Meester kan afhaal, en weer mens word. My wens vir die week:-

'Maskers

Elke dag van vroeg tot nag Van stad se straat tot myn se skag.

Gesigte-massa maal verby Is dit ek, is dit jy?

Elke dag van uur tot uur Van skool se bank tot kamp se vuur.

Ek leef vir my en jy vir jou Agter ons masjers toegevou.

Maar nou...

Elke dag van môre tot aand Van berg se top tot see se strand

Maskers af sonder vrees, betree ons só die Lewensfees.

Sien ons nou soos wat ons is Sien dat ons Sy kinders is.'

Geskryf deur Erica Human Geniet 'n wonderlike week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

No comments: