Thursday, 27 August 2009

My Vrydag Storie - 28 Augustus 2009

Goeie naand uit 'n heerlike koel Johannesburg. Ai, ek hoop nie julle het gedink ek het vergeet van my Maandag Storie nie, maar ek het net-nie kans gesien om Sondag aand nog 'n Storie ook te skryf nie.... Wel, ek hoop dit gaan sommer baie goed met julle? Soos altyd gaan dit mos goed met Coen! Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek..... Nee, ek gaan vanaand nie begin voordat julle 'n lekker koppie koffie (en 'n koppie tee vir my Moeder!) gekry het nie..... ek wag..... toe, kry dit gou! O.K., laat ek begin... Vrydag middag soos altyd half 4 by die huis. Net rustig, en sommer 'n hoendertjie in die stoompot gegooi. Eers hom sag gekook, toe al die bene uit gehaal, en daarna lekker groentes en speserye ingegooi. Terwyl ek die kos dophou, bel Janneman om te sê hy en Frikkie kom bietjie later oor vir 'n koffietjie. Thomas is net na 7 hier. Rustig gekuier totdat Jan en Frikkie opdaag. Mens, my Sussie (ek het mos 3 sussies; my regte sussies in Pretoria en die Kaap, en dan Janneman!) bring die heerlikste muffens hier aan. Vanaand wil hulle nie saam eet nie, maar Frikkels het darem so 'n bietjie geskep. Thomas het sommer 2 borde agter die blad gehad! mmmmm.... dit moes lekker gewees het! Kuier heerlik saam met hulle tot so half 10. Net nadat hulle weg is, stel ek voor ons gaan maak 'n draai by Top Bar in Ellispark. Ook nie hierdie rubber-arm van Thomas baie gedraai om hom te oortuig om te gaan nie... Mensig, wat 'n aangename verrassing is die plek nie. Lekker musiek, goeie geselskap, mense wat sag is op die oog, veilige parkering, goedkoop drank, en natuurlik die shooters...! Craig en Hendrik is ook daar, en ons kuier 'n hond-uit-'n-bos! Wel, ek kan nie onthou wanneer laas het ek eers 4 uur in die kooi gekom nie - jare gelede! Maar wat 'n lekker aand! Ongelooflik! Ek kan nie eers onthou of my kop die kussing geraak het nie, toe's ek onder die appelboom... Saterdag so half 9 opgestaan. Moet sê, kon nog gedoen het met 'n paar uur se slaap... Ry Highway toe, want ek't vleis bestel, en moet dit gou gaan oplaai. Sommer daar elk 'n heerlike wors-rolletjie gekoop vir ontbyt! Toe terug huistoe om vir Gertruida te gaan haal, want ons wil haar weer Brakpan toe vat sodat Chris kan kyk wat is fout. Noudat die nuwe master cylinder in is, lek sy nog-steeds brake fluid. Thomas ry agter, want as daar dalk probleme is, het ons altyd 'n back-up kar. Daar gekom, en Chris kyk gou. Wel, nou is die probleem die slave cylinder! Mensig, dit hou net-nie op nie! Sal dit in die week koop, en dan kan ek die kar Vrydag by hom kom los. (ek vlieg mos volgende Saterdag Oos Londen toe om by Robert en Corlia te gaan kuier vir die week - het julle weer vergeet?) Toe na Gina toe. Ag, ek kry hierdie vriendin van my so jammer! Dis maar somber en stil daar, en oral staan blomme en ruikers. 'n Koppie tee gedrink, toe's ons vort. Die meisie van die matriek-afskeid rok kom pas so half 4, en ek moet by die huis kom. Skaars hier, of hulle stop. Mensig, hoe kon ek myself so misgis het met die mates... Die skirt is reg, maar die top is heel te groot! Gelukkig is dit net die lining, en nou moet ek die res natuurlik op die kleiner mates maak. Net nadat hulle weg is, steek Thomas vir ons die vuurtjie aan. Vanaand braai ons heerlike skaap-ribbetjies, wors en pot-brood. Ai, kuier rustig om die vuurtjie. En was die kos nie lekker nie! Thomas het nog so rukkie daarna gekuier, toe's hy terug Pretoria toe. Wel, ek is nie juis lus om by die huis te bly nie, want daar's 'n stip-show by Top Bar... Vir Pieter van Pretoria ook daar gesien, en wat 'n teleurstelling was die stip-show nie.... het ek nie al my les geleer met hierdie stip-shows nie! Pateties!!!! Wel, nie lank daarna is ek huistoe. Net na 11 onder die appelboom.... Sondag bietjie laat geslaap. Sommer gou die koerant gaan koop, en toe na Janneman toe om daar 'n koffietjie te gaan drink. Altyd mos lekker om by hom te kuier. Oppad huistoe begin die clutch gly.... wat nou? So erg dat ek teen 'n slakke-pas by die huis kom. En soos julle weet, is Gertruida mos stadig.... nou is sy net ekstra stadig!! Ek is moedeloos, maar eers wil ek die koerant lees. Rustig met die Rapport gesit, en daardie stuk waar Hanlie Retief met Erika du Plessis gesels, laat my weer besef hoe ek my werk en omstandighede waardeer! Erika, ek benoem jou as Vrou van die Jaar 2009! Jy is voorwaar 'n besonderse mens! Wel, moet seker een-of-ander tyd gaan kyk wat is fout met Gertruida... Gevroetel, gedraai, gekyk, gestart, ag, die clutch gly nou so dat sy in 1ste nie eens roer nie! Sy staan behoorlik en spin op een plek - en die wiele staan stil! So 5 uur gee ek moed op, want ek sien al vanaand gaan ek nie kerk toe nie... Ek glo my geloof is sterk; gaan stort, en maak reg vir kerk. Skielik kry ek net die gedagte (Dankie!) om die bloei skroefie bietjie los te draai... julle sal nie glo nie, maar daar spuit 'n straal brake fluid uit! En toe ek haar in rat sit, daar gaat sy! Wel, ek was op my plek in die kerk! Dominee Trevor het 'n pragtige boodskap gehad - soos altyd. Na die tyd eers 'n koffietjie gaan drink, en toe huistoe. Vroeg-vroeg in droomland... Maandag - ja, Maandag... Vroeg op, en 'n paar werkgewers gaan sien voordat ek terug huistoe is net voor 1. Thomas wag al vir my, want dis QP se begrafnis vanmiddag. My werks-klere verruil vir 'n meer somber outfit, en toe's ons weg. Daar gekom net voor half 2. Nie regtig rond gestaan voordat ons in die saal is nie. Baie mense, so dat ek of Thomas nie eens 'n begrafnis-brief gekry het nie! Wat 'n hartseer diens, maar sekerlik die meeste gehuil toe Nocky na die diens afskeid van haar Pa geneem het. Vanmiddag het ons afskeid geneem van 'n dierbare vriend, 'n Pa, 'n Oupa, en 'n man vir Gina! En soos Q altyd gesê het - koebaai Boetietjie! Na die diens eers saam met die vriende en familie koffie gedrink, en heerlike begrafnis-kos geëet. Oppad huistoe maar stil in die kar... My gedagtes loop ver paaie met my - ek kan nie indink wat ek sal doen as dit my Dad of Moeder moet wees nie... Terug by die huis nie regtig honger nie, en Thomas het net koffie gedrink, toe's hy weg. Vanaand weer aan die rok gewerk. Teen 9 uur is ek in die kooi. Bietjie tv gekyk (kan mos nie hoor nie....) en so 10 uur in droomland. Dinsdag oggend vroeg op, want vandag wil ek Randfontein toe. Gelukkig verstaan ek Gertruida nou, en dis ry, stop, bloei haar gou, ry, stop, bloei haar gou, ens. ens. Ja, Piet, ek weet, ek weet! Die regte tools, 6 biere, en 'n naweek... Kan julle glo, net toe ek in Randfontein se hoofstraat kom, raai wie staan hier langs die pad? Theuns! Stop en laai hom op. Hy't by iemand kom kuier, maar die ou se selfoon is af - nou loop hy bietjie rond. Siende dat hy niks het om te doen nie, ry hy saam. Gou Hillshaven toe, en toe Westonarea toe. 'n Paar werkgewers gesien, en sommer by KFC vir ons elk 'n burger gekoop. Toe Randfontein toe om daar ook 'n paar werkgewers te sien. Die dag het behoorlik gevlieg - veral noudat ek geselskap saam gehad het. Nadat ek Theunsie by sy huis afgelaai het, ry ek gou Dover Spares toe om die slave cylinder te koop. Teen R128.00 is dit 'n bargain! Toe weer Randburg toe om 'n werkgewer daar te sien. Oppad huistoe net besluit - vanaand is die aand wat ek Gertruida eens-en-vir-altyd gaan uitsort! My tools gekry wat ek dink sal werk, en myself heerlik met olie en brake fluid besmeer. Wel, dis goed en wel alles is reg in, maar niemand om te help met die bloei van die clutch nie! En teen 9 uur kan ek mos nie mense bel om te kom help nie! Myself deur die stort gesleep en geskrop, en met 'n swaar gemoed in die kooi geklim. Gertruida is so naby aan reg, maar ook so ver van reg! Sal maar sien wat more gaan gebeur... Woensdag oggend gelukkig 'n afspraak saam met Cornè by 'n werkgewer in Randburg gehad, en ons ry met sy kar. Die meeting verloop goed, en ons is net na half 1 terug by die kantoor. Siende dat Gertruida nie kan move nie, besluit ek om aan 'n arbitrasie bevinding te werk. My goed gedoen, want nou kry ek dit uit! Vir Thomas gebel om te vra of hy my vanaand sal kom help. Die middag vlieg behoorlik, en die bevinding is sommer tjop-tjop klaar. Na werk my over-all aan, en weer onder Gertruida in. Alles wat ek gister aand gedoen het weer af gehaal, skoon gemaak, en weer terug gesit. Thomas is net voor 6 hier, en hy bring sommer vir ons elk 'n groot burger en tjips van Mac D's af. Ook 'n groot lemoen-sap vir elk. Moet sê, twee koppe is mos beter as 1, en voor 8 ry ons om die blok! Mensig, ek is so bly hy't kom help! So trots op myself dat ons die slave self ingesit het, en daar's nie 'n druppel brake fluid wat lek nie! Vanaand kan ek met 'n geruste hart en gemoed gaan slaap. Ek sluit sommer 'n kiekie in van hoe het ek gelyk nadat ons Gertruida geservice het! Toe Thomas net voor 9 weg is, het ek myself met waspoeier en handy andy gaan skrop! Vanaand vroeg in die kooi, bietjie tv gekyk, en toe's ek onder die appelboom... Donderdag oggend weer uit op die pad. 'n Werkgewer in Morningside gaan sien, en toe Benmore toe. Die oggend vlieg. Net na 11 gou koffie by Janneman gaan drink, en vandag word ek bederf met heerlike koekies! Toe weer na 'n werkgewer in Florida toe. Ag nee, oppad voel ek die clutch gly weer. Gestop, haar bietjie gebloei, en toe met gebed verder gery. Seker die nuwe master en slave wat moet ingeloop word, want ek't daarna die clutch stadig in getrap, en stadig gelos. Vanmiddag val die eerste somers-reen, en dis wonderlik om te weet die somer is uiteindelik hier!! Toe ek net na 5 by die huis kom, loop sy soos 'n droom, en daar's nie 'n druppel brake fluid uit nie!!!!! Hoe sê hulle - there's a method to my madness! Wel, ek sal nou nie volgende week 'n Maandag of Vrydag Storie hê nie, want ek's mos in Oos Londen! Kyk maar uit vir daai Maandag Storie! My wens vir komende naweek en sommer die week ook:- God put me on your road of life, not because you need someone like me, but because He knew I'll never survive without special people like you!! Geniet die volgende week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxxx

No comments: