Thursday, 20 August 2009

My Vrydag Storie - 21 Augustus 2009

Goeie more uit 'n koue Johannesburg. Mens sou gesweer het die winter is verby, maar nee! dis die laaste 2 dae ysig koud hier by ons! Ek hoop julle het 'n heerlike week gehad? Wel, onder omstandighede was myne goed.... Maar wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag oggend 'n dissiplinêre verhoor 10 uur in Alberton gehad. Ai, Gertruida ken al die pad soontoe, en is net na half 12 klaar. Sommer daar vandaan reguit Dover Parts toe in Selby, want ek moet 'n nuwe clutch master cylinder vir Gertruida kry. Gelukkig is dit nie duur nie, en ek is heel in my noppies. Toe Florida toe, want ek moet 'n werkgewer daar gaan sien. Nog ander afsprake ook gehad, en net na 2 gou by Janneman ingehardloop vir 'n koppie koffie. Trumpet is ook daar, en dis maar 'n vinnige kuiertjie. Sommer vir Trumpet 'n lift gegee Parkwood toe, en toe Brakpan toe. Annie se man - Chris - gaan na werk vir Gertruida opkikker! Gelukkig is die verkeer nie te erg nie, en ek's voor haar huis net na 4. Sommer net my gedagtes laat gaan terwyl ek vir hulle wag. Buks (Annie se seun) kom daar aan, en ons kyk tv totdat Chris opdaag. Hy's net voor 6 daar. Gertruida se bonnet word af gehaal - om beter te kan werk, my kind - en gou-gou (na 'n helse gesukkel!) is die nuwe clutch in. Nou vir die bloei.... Wel, dis nogal 'n gesukkel. Pomp, pomp, pomp, hou hom in! Pomp, pomp, pomp, pomp, hou hom in! Pomp, pomp, hou hom in! Wow, as ek nie geweet het wat hy doen nie, sou ek baie nuuskierig gewees het.... En dis ysig koud buite! Mensig, ek het lank-laas so koud gekry! Eers gou 'n spin om die blok gevat om te voel om sy reg is, en toe word die enjin gestoom-was. Gertruida, vanaand kry jy baie TLC! Die bonnet terug, en net na 9 is ek daar weg. Hopenlik is die stop, bonnet oop, gooi brake-fluid in, ry tot by die volgende werkgewer, stop, bonnet oop, gooi brake-fluid in, ens, ens. nou op 'n einde! Oppad terug gou by Gina gestop vir 'n koppie tee. Ai, Q het glo die hele dag geslaap, en vanaand is hy ook in droomland. Sy gee vir my 'n heerlike bord herders-pastei, en ek eet asof ek nog nooit kos gehad het nie. Nie lank gekuier nie, en toe's ek huistoe. Skaars by die huis gekom, myself deur 'n stort gesleep, en toe's ek kooi toe. Gou-gou onder die appelboom... Dinsdag vroeg op om te kyk of daar nog brake-fluit in is. Wonderlik, nie 'n druppel is uit nie! Vandag eers Sandton toe om 'n werkgewer te sien, en oppad nog 'n paar ander. Ek't 11 uur 'n afspraak in Fordsburg. Dis 'n aangename werkgewer, en vandag kry ek 'n bottel Inah Shiraz wyn as geskenk. Nogal snaaks, maar hierdie Shiraz het 0% alkohol in! Net toe ek wil loop, kom sy skoonsuster daar in met 'n bordjie simoesa's. Mensig, dis heerlik, en die bord moet skoon voordat ek mag ry. Mr. Khan, baie dankie vir jou gasvryheid! Toe 'n draai by nog 'n paar werkgewers, en net na 4 is ek by die huis. Vanaand bietjie voor die rekenaar gesit. Vico bel, en wil weet wanneer kom ek kuier. Wel, gou-gou is ek om die net besig om vliegtuig kaartjies te soek vir Oos-Londen. Terwyl ek met Corlia praat, bespreek ek sommer. Ek is nou so opgewonde, ek kan skaars vanaand slaap! Bietjie voor die tv (sonder klank) gelê, en net na 10 onder die appelboom... Woensdag op kantoor, want vandag het ek 'n stuk om 15 vergaderings. Ja, 15 vergaderings!!!! Wat dink julle - ek werk nie? Maar teen hierdie tyd ken ons mos die storie - niemand daag op nie! Gelukkig hou dit my besig. So half 1 bel Cor om te bevestig sy het die kaartjie betaal, en dis 'n geskenk van hulle af! Ongelooflik! Nie aldag dat jou vriende vir jou 'n kaartjie Oos-Londen toe koop sodat jy daar kan gaan kuier nie!! Die middag het ook sommer gou gevlieg. Wel, teen 4 uur het ek nou genoeg gewerk, en ek gaan huistoe. Bietjie voor die rekenaar gesit toe die telefoon lui... Coen, Dad passed away about half an hour ago.... My hart gee 'n ruk, en ek word yskoud! QP! Ons het dit verwag; maar nie nou nie... Gou vir Moeder en Thomas laat weet, en toe's ek na hulle toe. Oppad sommer 'n bos blomme ook gekoop. Wat kan ek vir julle vertel oor hoe dit daar gaan.... Trane, hartseer, somber atmosfeer, stiltes, mense... Thomas was net na my ook daar, en ons sit sommer saam met Nock's, Richard, Michael en Michelle in die kombuis terwyl Gina met die Priester en Opsiener praat. Vanmiddag my jare-lange vriend verloor... So half 9 gery want ek moet huistoe. Bietjie in 'n dwaal gewees toe ek by die huis kom, maar na 'n warm stort moeg op die kooi geval. Slaap..... Donderdag weer op kantoor. Vandag is daar 5 konsuliasie vergaderings, en soos dit maar gaan, daag net 1 werkgewer en applikant op! My genoeg tyd gegee om ander admin klaar te maak. Die dag het behoorlik gevlieg. Na werk gou Hyper toe om koffie te gaan koop. NEE!!! Net toe ek by die ingang stop, gebeur dit wat ek gevrees het... die clutch gee in!! Ag nee fok! Ek is nou al so gatvol vir sukkel met 'n kar, dat ek kan skree!!!! SSSSSSSSSSSKKKKKKKKKKKKKRRRRRRRRRRRRRRREEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!! Sommer net op die sy-paadjie haar tot stilstand gekry, en toe's ek eers in om die koffie te kry. Terug, en dis weer bonnet oop, brake-fluid in, en ry maar stadig terug huistoe. My moed sit in my skoene vanaand. Net die goed in die huis gesit voordat ek kyk of ek nie die probleem kan oplos nie. Wel, na 'n lang gevroetel en gefiddle, hoop ek sy's reg. (maar iewers lek dit, want die brake-fluid sak na 'n paar pompe!) Sal maar oor die naweek Gertruida terug vat Chris toe dat hy kan kyk! Wel, my Storie is nou klaar, en ek moet bed toe staan. My wens vir die naweek: In the rhythm of life we sometimes find ourselfs out of tune, but as long as there are special people like you to provide the melody - the music plays on... Geniet 'n wonderlike naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

No comments: