Sunday, 14 September 2008

My Maandag Storie - 15 September 2008

Goeie more uit 'n koel Johannesburg. Ai, ek hoop sommer dit was 'n heerlike naweek. Natuurlik het ek 'n fantastiese naweek gehad! Net te min slaap gehad.... maar wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag mos die braai by die kantoor gehad. En was ons nie verras oor die rede vir die braai nie...? Sybil se 10 jaar diens by die maatskappy! Ja, duu!! (onthou, die duu moet in 'n diep bas stem gese word...) Lekker prego steaks en wors! En natuurlik my heerlike slaaie! Mensig, ons eet lekker vandag, maar net so lekker kuier ons ook. Wel, net toe ek besluit om vir Christo te gaan haal sodat hy saam kan kuier, besluit almal om te gaan.... (is daar dalk 'n boodskap in hulle optrede?) Nee, ek maak net 'n grap. Sybil en Mike besluit hulle sal nog 'n bietjie kuier. Eers buite gesit, en later geskuif binne toe. Elk weer 'n heerlike bord slaai en prego gehad... Na 'n heerlike middag, wat toe 'n aand geword het, is hulle net na half 9 weg. Vanaand is ek nogal gedaan, en net na 12 onder die appelboom... Saterdag vroeg op, want Ivy is weer hier vandag. Vandag gaan ons Parkhurst toe vir ontbyt. Mugg & Bean. Lekker om so nou-en-dan op 'n ander plek ontbyt te gaan eet. Daarna Cresta toe. Ons wil sommer vir die klein-kinders bietjie klere koop om saam met Shaun terug te stuur. En natuurlik moet Logan ook haar teddy kry! Ai, daar is so baie oulike kleertjies... kry ook Logan se teddy! Net daar weg, of Christo stel voor ons gaan maak gou 'n draai by Janneman. Ag, so lekker om hierdie boetie van my te sien! Ek voel so bevoorreg om 2 keer in een week saam met hom te kuier! Frikkels is ook oppad, en ai, net so lekker om hom te sien. Besluit ons gaan lunch by die Spur. Mensig, elk 'n heerlike spare rib burger! Dis heerlik! Buiten vir die lekker kos, is die geselskap wonderlik! Janneman, Frikkels, dis wonderlik om julle weer te sien. Onthou ek is baie lief vir julle! Toe 'n draai gaan maak by Gina, want Richard wil my swart suit 'leen' vir sy matriek-afskeid die 24ste. Daar gekom, hou hulle verjaarsdag party... Wel, ek het nie geweet nie, en ek is ook nie genooi nie, maar hier is ons nou. Richie pas gou die pak aan, en mensig, dit pas perfek! Hoop nou hy gaan dit oppas totdat ek dit terug kry... (sy broer het mos die pak geleen vir sy troue, en na die tyd word dit toe in die was-mandjie gegooi...) Wel, die dag het behoorlik gevlieg, en met Teddy wat agter sit, en wil huistoe gaan... is ons terug. Vanaand is dit die kerk se 12de verjaarsdag viering met 'n ete en 'n dans. Word gehou by die Rooseveld Bowling Club. Moet self 'n pluimpie vir Christo gee... hy het so sexy gelyk! Oom Pieter en Kevin is ook daar! Ag, ek is regtig so bly hulle kon dit maak! Sit aan Hennie se tafel, en saam met ons is daar 'n jare-gelede kennis... Willie. Jare gelede... om presies te wees - so 20 jaar gelede! In die jare toe ek in Pendennis Woonstelle gebly het... Wel, hy kan my onthou toe ek nog hare gehad het... Dis nie net die geselskap wat goed is nie, maar die kos... Julle sal nie verstaan nie... dit was uit die boonste rakke! 'n Heerlike phylo-koekie met tuna op, dan hoender, lams vleis, rys, boontjies, lemoen worteltjies, aartappeltjies, slaai... en vir poeding lekker mousse met room... Wow, ek sal enige tyd hierdie spyseniers aanbeveel! Gerhard, dra asb my komplimente oor aan hulle, want dit was absoluut wonderlik! Nie net was die kos lekker nie, die dans ook. Tiekie-draai, wals, twist, two-step, you name it... ons het dit gedoen. Mensig, teen die einde was ek gedaan... Kwart voor 12 is dit tyd vir ons om huistoe te gaan... net voordat die koets in 'n pampoen gaan verander! Dominee Trevor, baie dankie dat ons nog 'n jaar saam met julle kan vier. Vanaand was (buiten vir die ja-broers wat nie daar was nie....) 'n heerlike aand! Half 1 in droomland... maar half 2 word ons wakker gemaak met die alarm wat lui...! Sondag net na 6 op... as dit van my afgehang het, het ek nog geslaap! Jan Smuts toe, want ons wil vir Shaun sien voordat hy terug vlieg Kaap toe. Teen kwart oor 7 op 'n Sondag oggend sit ons al pen-orent by Fournos besig met ontbyt! Net na half 9 sien ons gou vir Shaun, en al die persente word gegee. Dis jammer ons kon nie langer tyd saam met hom spandeer nie, maar ons verstaan... Terug huistoe. Terwyl ek die koerant lees, en klere in die wasmasjien het, gaan dut Christo so bietjie. So half 12 bel ons vir Franscois, en ons kry hulle by Nuno's in Melville vir lunch. Kuier heerlik. Vandag is ek baie teleurgesteld met hulle pasta! Maar mens eet seker nie pasta by 'n portugeuse plek nie... (ons moes dalk by Dad en Moeder gaan eet het, want dit was glo 'n konings-maal daar!!) Net na 4 terug by die huis, en ons val op die kooi plat... Slaap tot 6 uur. Swaar opgestaan, maar ons wil kerk toe. Vanaand is dit nagmaal. Dominee Trevor, dankie vir die bewusmaking van dat ons moet gereed wees... ek hoop ook maar party dae dat ek gereed sal wees... Wel, my wens vir die week:- Ek is hier, se die Here. Jy kan My nie sien nie; tog is Ek die lig waarby jy sien. Jy kan My nie hoor nie; tog spreek Ek deur jou stem. Jy kan My nie voel nie; tog is Ek die krag van jou hande. Ek is besig om jou te lei, al verstaan jy nie My wee nie. Net in stilte is Ek by jou vir altyd. Tot ons weer gesels, no worries mate, en take care. Coen xxx

No comments: