Sunday, 28 September 2008

My Maandag Storie - 29 September 2008

Goeie more uit 'n heerlike koel Johannesburg. Mensig, het ons nie so gehoop dit gaan Sondag reën nie.... dit was koud, bewolk, en dit was al... geen reën nie! Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag begin met konsuliasies op kantoor. Het gedog dit sal lank vat, maar gou-gou daardeur gewerk... My middag arbitrasie was heerlik! Ja, reg gelees... heerlik. Skaars begin, of die werkgewer en applikant sê hulle wil skik. En toe, toe skik ons maar! Dit was nou regtig 'n lekker dag om vergaderings te hê. Vanaand maak Christo vir ons heerlike 'ice bein', tjips en groente. Mensig, dis baie, maar lekker. Net rustig voor die tv, en teen 11 onder die appelboom... Dinsdag weer op kantoor, maar vandag is dit konsuliasies. Ai, I just love it when a plan comes together... En vandag gaan alles ook net volgens 'plan'. Kan elke dag nie net so lekker wees nie? Vandag is dit ook 'n onthou-dag vir ons. Dad, Moeder, Lien, Sussie, Pieta... julle is almal in my gedagtes vandag. Na werk gou reg gemaak, want ons gaan vanaand Legends toe in Pretoria. Philip Liebenberg stel sy boek 'Daar's 'n gay pastoor in my kop' bekend, en Christo wil dit graag bywoon. Stop in Groenkloof om te eet. Kan nie die restaurant se naam onthou nie, maar ons het 'n vorige keer ook daar geeët, en soos altyd was die kos heerlik! 'n Pasta vir my, en Christo vat ook een. Alhoewel ons nie lank gekuier het nie, was die diens uit die boonste rakke! Stop net voor 8 in die Brooklyn Plaza. Raai wie wag vir ons by die ontvangs...? Niemand anders as Stefaans en Andrè nie!! So goed om hierdie maatjie weer te sien. Elk 'n drankie gedrink, en toe gaan luister na Philip. Wow, ek het gedog Christo kan baie praat, maar julle moet hierdie ou hoor!! Na die tyd het hy Christo se boek geteken. Terwyl ek daar rond staan, roek iemand 'Coenie Deacon'!! Die gesigte lyk bekend... maar ek het nie regtig 'n idee wie dit is nie! Kan julle glo, Heino en Chris!! Heino het saam met my gewerk by Mannekrag... jare gelede. Om presies te wees, 14 jaar gelede!! En lyk hulle nie goed nie. Dadelik nommers en e-mail adresse geruil, en toe's ons vort. Saam met Stefaans en Andrè by Mug & Bean gaan koffie drink, en toe huistoe. Net na 10 hier gekom, en dadelik bed toe. Skaars my kop op die kussing gelê, of ek was in droomland... Woensdag bietjie laat geslaap, maar ek moet myself roer, want ons het 'n paar vriende oor genooi vir 'n bring en braai, en ek moet nog 'n aartappel-slaai maak. Tjop-tjop, en dis klaar. In totaal was ons 14 mense. Kuier heerlik, en natuurlik vloei die voggies weer. Christo braai vir almal. Nie net was daar genoeg vleis nie, maar ook slaaie en selfs sjampanje en aarbeie! Dit was regtig 'n heerlike kuier. Paulo en Luiz, Steve en Niel, LeRoux en Lance, Francois en Kobus, Thomas, Henco, Andrew en Garth, dankie vir 'n heerlike middag. Ons moet beslis gou weer kuier. Net na half 9 is die laaste mense weg, en ons ruim gou op. Julle sal nie glo hoe moeg is ek nie, en dadelik in die kooi. Gou-gou in droomland... Donderdag eers 'n draai by die arbeids hof, en toe die CCMA gaan maak. Toe Wesrand toe. Oppad bel Niel, en sê ons moet mekaar gou in Mellville kry vir 'n koppie koffie. Alhoewel ek 'n klomp werkgewers moet sien, is daar tyd vir koffie ook. Nie lank gekuier nie, en toe's ek weer oppad. Gelukkig vlieg die dag net so vinnig verby soos wat ek die werkgewers sien. Christo se boetie, Francois, is hier in Johannesburg, en hulle kry mekaar vir lunch. Hulle reël dat ons vanaand gaan uit eet. Na werk eers myself deur die stort gesleep om van die dag se stof af te was, en toe's ons oppad. Kry Francois by die nuwe Jimmy's Killer Prawn in Edenvale. Buiten vir die heerlike kos, is dit so lekker om saam met die twee boeties te kuier. Na 'n heerlike aan uit, is ons net na 11 terug by die huis. Ek's te moeg om nog te dink aan My Storie, en val op die bed neer. Vanaand is ek gedaan!! Vrydag gou uit om 'n werkgewer te gaan sien, en net na 11 terug op kantoor. Admin gedoen, en die dag vlieg verby. Christo het vanmiddag vir Gertruida in Pretoria gaan haal, en na werk gaan maak ons gou 'n draai by Henriek en Adelaide. Hulle trou vroeg Maart 2009, en ek moet die trourok maak. (Henriek was my buurman toe ek in Northcliff gebly het.) So goed om hulle te sien, en gelukkig is dit 'n heel eenvoudige patroon wat sy wil hê. Daar vandaan Rosebank toe, want ons kry vir Janneman en Frikkels by Primi Piati vir ete, en dan gaan ons Mamma Mia kyk. My pasta was heerlik, maar gaan kyk beslis die movie! Was maar altyd 'n ABBA groupie, maar nou is ek 'n verslaafde Mamma Mia fan!!! My, my, here we go again! Julle moet dit net gaan kyk! Vanaand val ek met 'n rustigheid op die bed neer, en met ABBA wat 'till we meet again' sing, is ek oppad droomland toe... Wel, ek is nou gedaan, en sluit eers af. Die res van my storie sal ek later skryf. Daar's nog ons ontbyt van Saterdag oggend, en natuurlik Jacques se verjaarsdag party by Stonehaven on Vaal... My wens vir die week:- Gebede vlieg waar arende nog nooit kon nie; dit laat jou nie in die steek nie, want dit raak die hoogste troon. Mag jy diè dag nuwe hoogtes deur GOD se genade bereik. Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Lien en Jessy Paul en Margie, tequila op julle! Christo en sy boetie, Francois Ek en Francois

1 comment:

Anonymous said...

Dankie dat jy oor my ook blog! Ek hoop ons gaan ook die kans kry om te Eisbein of braai. Philip Liebenberg