Sunday, 21 September 2008

My Maandag Storie - 22 September 2008

Goeie more uit 'n koel Johannesburg. Nee, dis nie weer winter hier nie, maar dis koud! Ek hoop julle het 'n heerlike naweek gehad. Natuurlik was dit nie net 'n lekker naweek vir my nie, maar ook 'n besige en opwindende naweek vir onse regering.... Soos almal seker teen hierdie tyd al weet, het die ANC mos vir President Thabo Mbeki gevra om te bedank... Wag, genoeg politiek gepraat. Kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag net na 12 vir Christo by Nescafè gekry vir middag ete. Word bederf met 'n pragtige hemp van Old Khaki. Na 'n heerlike hoender-slaai, is ek weer oppad. Gou 'n werkgewer gaan sien, en toe terug kantoor toe. 'n Klomp admin gedoen, en teen half 5 by die huis. Vanaand net rustig. Christo braai vir ons 'n heerlike stukkie hoender en varkworsies. Met 'n lekker pita-brood en slaai, was dit heerlik. Net rustig voor die tv vanaand, en teen 12 uur onder die appelboom. Saterdag vroeg op, want Ivy is mos weer hier. Gou 'n draai by Nescafè in Rosebank gaan maak vir 'n cafe-latte, toe Woolies toe, en toe Parkhurst toe. Gaan eet ontbyt by Espresso's. Het eiers en bacon op brood.... lekker! Sit rustig in die sonnetjie, want dis koel vanoggend. Na 12 weg, en gaan maak 'n draai by Cresta. Christo koop sommer 'n gas-bottel, en ons doen window-shopping met die oë... Oppad uit ook natuurlik chokolade gekoop. Gaan maak 'n draai by my liefste vriend Janneman. En is hy nie bly vir die chokkies nie...! Bietjie daar gekuier, toe's ons huistoe. Terwyl ek voor die rekenaar was, lees Christo sy boek. Vanaand kan ons (ek!) nie besluit wat ons wil maak nie... Tjippies, vis en uie-ringe is op die spyskaart. Jong, dis lekker! Natuurlik het my mond gewater vir heerlike melk-kos voor 'n warm kaggel, maar dis net vir my Dad en Moeder beskore... Bietjie gelees, en net na 11 in droomland. Sondag bietjie laat geslaap. Net voor 9 op, klaar gemaak, en toe's ons Parkhurst toe. Vanoggend 'n verjaarsdag-ontbyt by Hadego. Henco het Maandag verjaar, en vandag is die party! Julle sal nie glo nie, maar ons is die eerste mense daar! Natuurlik is almal laat, en net voor half 11 daag hulle op. Ken niemand nie, behalwe Henco. Gou-gou vriende gemaak, en die oggend skop goed af. Na die eerste 'bloody merry' is die ys gebreek, en ons kuier heerlik. Bestel 'n lekker ommelet, en die kos is heerlik. Buiten vir die kos wat lekker is, is die mense net so nice. Die drankies begin vloei, en dis die een jagie-bom na die ander. Moenie bekommerd wees nie - ek het op 2 biere gekuier! Wel, die oggend het gevlieg, en net na 3 is dit tyd om te gaan. Kan julle glo; van 10 uur af tot 3 uur!! Gou 'n draai gaan maak by die huis, en toe's ons Janneman toe. Vandag is daar 'n SALE by sy huis, want hulle trek die einde September na 'n ander plek toe. Ek het niks op my 'wish list' nie; net die Manola Swarofski sandale. Mensig, ek het mos al lankal my oog op hulle, en raai wat? Janneman het hulle spesiaal vir my gehou! Sal beslis in die toekoms vir julle 'n kiekie stuur... 'n Bietjie gekuier, toe's ons huistoe. Eers 'n paar goedjies in die was gegooi, en toe voor die tv gesit om na die bedankings-boodskap van President Mbeki te luister. Wel, Sondag, 21 September, was my goeie vriendin Casandra se verjaarsdag, Maandag 22 September is dit my tannie Sus (Hantie) se verjaarsdag, en Dinsdag 23 September sou dit my ou-boet Eric se verjaarsdag gewees het. Cassie, tannie Sus, mag dit 'n wonderlike dag vir julle wees, en mag die jaar vol geluk, vreugde en gesondheid wees. My ou-boet, ons onthou... My wens vir die week:- If you find a dream inside your heart, don't ever let it go; for dreams are the tiny seeds from which beautiful tomorrows grow. Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Dad en Moeder

No comments: