Wednesday, 10 September 2008

My Vrydag Storie - 12 September 2008

Goeie more uit 'n lekker koue Johannesburg.
Ek hoop dit was sommer 'n heerlike week. Natuurlik het ek 'n SC week gehad. Hard gewerk, en ook elke aand goed gerus... Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Maandag vroeg uit, want ek het baie om te doen vandag. Baie werkgewers wat gesien moet word voor Vrydag... Kan julle glo, oppad Malvern toe stop die verdomde spietkops my, en gee vir my 'n boete van R200.00 omdat my voorste nommerplaat gedreek is... Ek wonder, as my week so begin, hoe gaan dit nie eindig nie... 'n Klomp werkgewers wat gesien moet word in Roodepoort, en ook in Krugersdorp. Dis nie warm vandag nie, dis kokend!! 30 grade! en more gaan ons glo nog warmer wees... Randfontein, en teen 4 uur Kocksoord. Net na half 5 my laaste werkgewer gesien, en toe huistoe. Gelukkig is die verkeer ok. Die dag vlieg behoorlik verby. Vanaand maak Christo vir ons 'n heerlike hoender-sampioen en rys pasty. Heerlik! Rustig voor die tv, en net na 11 onder die appelboom.
Dinsdag eers op kantoor, en toe Suide toe. Vanoggend 'n disiplinêre verhoor. Toe nie so sleg soos wat ek gedink het nie... Na 11 uur klaar, en kry vir Christo by Nescafè vir koffie. Ons deel sommer 'n tramazini en tjippies. Toe's ek weer oppad. Northgate se kant toe. Eers vas gehaak by 'n werkgewer in Randburg, en soos hulle sê, die res is geskiedenis.... Wel, nou nie geskiedenis nie, maar die dag het gevlieg. Vanaand maak Christo vir ons heerlike pasta! Ai, dit bly maar my gunsteling!! Rustig voor die tv, en 11 uur in droomland.
Woensdag op kantoor. Het arbitrasies in die oggend en middag. Moet sê, die een in die oggend verloop goed, en selfs die middag s'n ook. Net na 2 is ons klaar. Skryf aan die bevinding van gister se disiplinêr. Wil vanaand bietjie uit gaan, maar nadat ek gestort het, besluit ons daarteen. Christo maak vir ons heerlike vis, tjippies en spinasie. Gaan weer rustig voor die tv wees. 10 uur lui my sel, en dis Richard. Wil net vir my sê Gina is in die hospitaal met bloedklonte in haar been... Glo vanoggend opgeneem. Vanaand is ek net na 12 in droomland.
Donderdag weer op kantoor. My twee konsuliasies verloop so-so, en ek kry baie tyd om aan 'n arbitrasie-bevinding te werk. Gou half 1 ry ons Germiston hospitaal toe om vir Gina te gaan kuier. Toe ons daar kom, sit sy buite en rook. Wow, ook maar goed ons het gaan kuier, want sy kan huistoe gaan. Vat haar sommer huistoe, en sien vir QP, 'Chelle en Richard. Word na die kombuis gesummons deur Richard... Sy matriek-afskeid kom nou die 24ste, en daar's baie 'wense' wat bewaarheid moet word... Een van hulle is natuurlik die pak klere... Terug kantoor toe, want my laaste vergadering is half 3. Net die werkgewer is hier, en ek moet 'n 'onopgeloste sertifikaat' uitreik. Net na 4 gou Killarney toe, want ek moet 'n klomp goed kry. Ons het more 'n braai, en raai wie moet slaaie maak...? Terwyl Christo vir ons kos maak, maak ek slaaie. Moeder se aartappel slaai, en 'n lagie-slaai. Christo maak vir ons die lekkerste vleis, aartappels en groente. Teen half 12 is die slaaie klaar, en ek val voor die rekenaar plat. Wel, dis 'n opwindende naweek wat wag, en ek moet my 'beauty sleep' inkry vir more.
My wens vir die naweek:-
Vriendskap is:
'n Brug oor eensaamheid. 'n Steunpilaar in pyn. 'n Vlam vir n lamp as jou lewenslig kwyn. 'n Skouer om op te huil as die lewe druk. 'n Stewige hand om jou vas te hou. Een wat 'n roos kan pluk. 'n Oor wat luister al sê jy soms sinlose dinge. 'n Stem wat fluister... Jy's 'n kosbare mens!
Tot ons weer gesels; geniet die naweek, no worries mate, en take care.
Coen xxx
Nadia by haar laaste Oupa en Ouma Dag
Nadia
Tatum
Dylan
Logan... is sy nie pragtig nie?
Peter en die koala wat kom kuier het...
Dad en sy boetie, oom John. Mens kan sien dis boeties...

No comments: