Monday, 13 October 2008

My Maandag Storie - 13 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop en glo julle het 'n heerlike naweek gehad. Wel, julle kan seker daai advertensie onthou waar hulle vir die twee ou tannies gevra het wat hulle deur die week gedoen het, en dan antwoord hulle 'ons het gekook'. Dan vra hulle weer wat het hulle vir ontspanning gedoen, en die tannies antwoord 'ons het gebak.' Wel, as julle my moes gevra het wat ek die naweek gedoen het, sal ek sê 'ons het gewerk.' En vir ontspanning...? 'Ons het baie hard gewerk!' Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Vrydag oggend is Christo saam my Cedar Square toe om my Donna Clifford opskep-lepels te gaan haal. Julle sal nie glo hoe moi is haar winkel nie! Pragtig! Swaar materiale, donker hout, glas en spieëls. En natuurlik is alles net van die beste, en die duurste!! Was so opgewonde oor die lepels, maar is ook ontnugter deur die grote van hulle... Maak nie saak nie, ek is baie bly oor my prys! Sommer 'n koffietjie in die sentrum gedrink, en toe's ons terug werk toe. Die dag het behoorlik gevlieg. Vanaand is ons net rustig by die huis, en Christo braai vir ons 'n ou vleisie. Lekker tjoppies, wors en 'n slaai. Mensig, weet nie wat hy in die slaai gegooi het nie, maar dis heerlik! Vanaand net rustig voor die tv. Teen 11 uur onder die appelboom...
Saterdag vroeg op, want Ivy kom vandag. Net toe ons wil ry (Nescafè, hier kom ons vir ontbyt!) bel Sussie om te hoor of ons nie haar wil kom help nie... Wel, nou ry ons Pretoria toe... Daar gekom, en ons gaan eers saam met Sussie Spar toe. Raai wie sien ons daar? Neef Jan en Trevor! Goed om hulle te sien, want hulle is juis oppad Australië toe. Vir altyd! Hulle vlieg die 21ste November, en voor dit moet ons nog 'n kuier inkry! Sussie het alles gekry wat sy soek, en terug by die huis word gewys hoe ons die servetringe moet maak. Eers lint gaan kry, maar by al 3 winkels waar ons was, het hulle nie die regte lint nie. Wat nou gemaak? Op die foon met Lol, en sy stel voor ons koop die wat die naaste lyk aan dit wat ons soek. Teurg na die eerste winkel toe, en daar kry ons die lint - vir die wis en onwis sommer 5 rolle gekry! Teen half 2 oppad huistoe. Frikkels en Janneman bel, en ons word genooi vir 'n braai vanaand. So opgewonde om daar te gaan kuier, want nou sien ons hulle nuwe plekkie! Terwyl ons aan die servetringe werk, kyk ons rugby. Jippeeee!!! die Sharks het gewen! Kan nie wag vir die naweek van die 25ste wanneer die eindstryd gespeel word tussen die Sharks en die Bulls nie! 5 uur is ons by Janneman en Frikkels. Ai, hulle het so 'n oulike plekkie. Later kom nog ander vriende, en ons kuier heerlik. Janneman het die heerlikste varkie, hoender en wors gebraai, met aartappelslaai, en Christo se slaai. Mensig, ons eet heerlik vanaand! Speel ook 'n paar 'drinking-games' voordat ons inskuif sitkamer toe. Teen 11 uur moet ons huistoe. Frikkie, Janneman, baie dankie vir 'n wonderlike aand, en dankie vir jul gasvryheid! Dis altyd lekker om saam met julle te kuier, en onthou ons is baie lief vir julle!
Sondag oggend net bietjie laat geslaap, maar teen 9 uur is ek op. Daar's werk wat moet klaar, en die dag stap aan. Werk terwyl Christo vir ons die heerlikste hoender, groentes en rys maak. Net na 2 heerlik geeët, en dis lekker!! Die ringetjies wil net-nie minder word nie. Sussie bel net na 4, en sê hulle is terug by die huis. Ons pak op, en daar gaat ons - Pretoria toe! (mensig, dis die meeste kere wat ek op 'n naweek in Pretoria was....!!) Daar gekom, en ons val verder weg met die res. Gelukkig is dit nou meer hande wat werk. Net na half 8 maak ons klaar met die 100 servetringe. So, nou verstaan julle dat ons die naweek net gewerk het... Eet lekker pizza, en toe's ons terug huistoe. Ek is vanaand gedaan. Skaars by die huis gekom, of ons val op die bed neer. Gou-gou in droomland...
My wens vir die week:-
Vriendskap is: 'n Brug oor eensaamheid; 'n Steunpilaar in pyn; 'n Vlam vir 'n lamp as jou lewenslig kwyn; 'n Skouer om op te huil as die lewe druk. 'n Stewige hand om jou vas te hou; een wat 'n Roos kan pluk; 'n Oor wat luister al sê jy soms sinlose dinge. 'n Stem wat fluister... Jy's 'n kosbare mens!
Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Jenna Clifford se winkel in Cedar Square.
My prys!
Lien, die puzzle en Matewis.
Nadia en Sussie
Nadia en Sussie.
Die spyskaarte en een van die 100 servetringe.

No comments: