Thursday, 09 October 2008

My Vrydag Storie - 10 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg. Mensig, julle sal nie glo hoe warm is dit hier by ons nie. En dan bly die reën net weg... Ek hoop julle het 'n heerlike week gehad. Myne - soos altyd mos 'n SC week. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag vroeg op, want daar's baie om te doen. Vandag uit op die pad. 'n Klomp werkgewers wat ek moet sien, en probleme wat afgehandel moet word. Dis warm in die kar, maar werk moet gedoen word. Christo bel my so 11 uur - histeries! Hy't sy beursie (met baie geld in) verloor. Ek voel regtig jammer vir hom, en oppad huistoe koop ek vir hom biltong en droë wors. Net na 4 terug by die huis na 'n warm dag buite. Hy's baie bly oor die bederf, maar dit maak nie regtig op vir die kaarte, geld en bestuurders lisensie wat weg is nie. My troos is dat die persoon wat die beursie opgetel het, die geld baie nodiger gehad het as ons... Vanaand maak Christo vir ons lekker bees-stert. Mensig, lekker bly maar lekker, nè! Vanaand rustig voor die tv, en net na 10 onder die appelboom... Dinsdag weer uit op die pad. Christo ry vandag saam vir geselskap. Dis dalk vir hom net 'n lekker saam-ry, maar ek moet werk. Eers Sunninghill toe, en toe Northgate se rigting. 'n Klomp werkgewers en werknemers gesien, en die dag vlieg behoorlik. Net na 3 bel Les my, en ek moet 'n swembad pomp vir die baas gaan haal in Randburg. Dit gekry, en toe dit vir hom huistoe gevat. Toe huistoe vir ons. Nie baie honger vanaand nie, maar Christo maak vir ons heerlike hoender-pasta. Ai, hierdie persoonlike sjef van my spoil my behoorlik met die lekker kos! Bietjie voor die rekenaar gesit, en teen 11 in die kooi. Iewers tussen 11 en 12 in droomland gewees... Woensdag eers gou 'n paar afskrifte in die kantoor gemaak, en toe's ek uit. Siende dat Christo nie baie besig is nie, vra ek hom om saam te ry. Gou 'n paar draaie gemaak in Roodepoort, toe Randfontein toe. Dan Magaliesburg toe. Voordat ons in Randfontein ry, bel ek gou vir Mari om te hoor of sy by die huis is... Kry vir ons sommer by die Spar doughnats, en daar gaat ons. Warm buite!! Die stofpad getrotseer, en julle sal nie glo hoe groot het Dalmae geword nie! Sy is so vriendelik, lag die hele tyd, en sy is pragtig! Dale, Mari, julle dogter is regtig 'n klein prinsessie. Drink 'n koffietjie, en die dag stap aan. Gou Magalies toe, en toe terug Johannesburg toe. Sussie het lint bestel wat ons vir haar moet gaan oplaai in Randburg, en dan sal sy ons glo halfpad meet.... Daar gekom, is dit weer een van daai 'julle kan maar wag, want ons is die enigste mense wat dit het wat julle soek, en daarom SAL ons diens swak wees'... Sandy's Ribbons wen die jaarlikse prys vir die swakste diens!!!!! Half 4 daar weg, en ons ry deur Pretoria toe om dit vir Sussie te vat. Sy't mos gesê sy sal ons halfpad ontmoet - halfpad tussen haar kantoor en die kar. Werk toe gevat, en sy't heerlike koekies, coke en 'n p.s. - you made my day! Nadia het eers haar nuwe poppe vir my gewys, en sy sing ook nou in die junior koor. Ongelukkig wou sy nie vir ons sing nie.... 'n volgende keer. Ig en Ruan ook gesien, en net na 6 daar weg. Dis donker en dit lyk of dit kan reën... Terug by die huis, en Christo maak vir ons van gister aand se pasta warm - met 'n bietjie verandering. Lekker. Vanaand net rustig voor die tv, en teen 11 uur slaap ek al... Donderdag weer uit. 'n Paar werkgewers gesien, en toe 'n inspeksie gedoen wat ek seker 6 maande gelede moes gedoen het... Ook 'n draai gaan maak by Hermies in Krugersdorp Wes. Sien daar 'n masker, en ek neem toe 'n kiekie daarvan met my selfoon. Wel, die volgende oomblik is hier 'n sekuriteits ou wat sê dat ek nie mag foto's neem nie.... O.K. .... Wat mens nie alles vir jou sussie sal doen nie, nè. Oppad huistoe bel ek vir Christo. Kry hom by Nino's in Rosebank vir 'n 'sun downer' of twee... Vandag was behoorlik 'n dag om te vier, en geen beter manier om dit af te sluit nie. Net na half 5 by die huis. Vanaand is dit heerlike paela. Mensig, dis heerlik! My sel lui net so na 6, en 'n dame sê vir my ek het 'n prys gewen. Julle sal nie glo nie, dis 'n slaai-lepel stel!! Maar nie enige stel nie, 'n Jenna Clifford stel! Yippeeeee!! Ter waarde van - hou julle stoele vas - R2500.00!! Ek sal almal moet deursoek as ons daai lepels gebruik met 'n kuier... Ek is so opgewonde, want ek gaan dit more haal! Het klaar vir Christo opgekommandeur om saam te gaan sodat kiekie's met die oorhandiging geneem kan word vir My Storie. Wel, natuurlik kan julle uitsien na Maandag se kiekie's.... Sondag is dit my vriendin Yolandè se verjaarsdag. Vriendin, mag dit 'n wonderlike dag wees, en mag die jaar vol geluk, vreugde en baie voorspoed wees. My wens vir die naweek:- Steady your steps with faith, set your eyes on hope, and remember the important thing is to move. Let your heart lead you forward, let your dreams keep you going. If you get weary or discouraged, if you feel lonely, remember this - Life is your friend; God is your guide and somebody cares abour you.... me! Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx
Moeder voor die huis in Sydney.
Leanka - ons ballerina.
Leankie.
The New Adventures of Crocodile Dun.... Nee, ons eie Koala Deacon...
Shaun, Dylan en Logan.
Kyk hoe lekker slaap ons, Oupa's.
Mari (my niggie) en Dalmae.
Coen en Dalmae.
Christo en Dalmae.
Dalmae. Kyk net daai mooi blou oë!
En is sy nie vriendelik nie.... vol smiles!
Dalmae

No comments: