Sunday, 26 October 2008

My Maandag Storie - 27 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike nat Johannesburg. Ek hoop en glo julle het 'n heerlike naweek gehad. Wel, siende dat die Sharks toe gewen het, en dat ons heerlike reën gehad het, was dit 'n SC naweek! Dan het ek ook gehoor van die paartjie wat R5000.00 gewen het by die Sexpo, en nadat hulle hul prys gespend het, moes hulle nog geld inbetaal.... Maar wag, genoeg gewonder oor wat hulle alles kon gekoop het met al daai geld.... Kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... (nee, nie van al die speelgoed nie, maar van my naweek....!) Vrydag aand rustig by die huis. Christo maak vir ons 'n heerlike mix-grill - wors, eiers, mash en 'n lekker sous. Mensig, hy kan gewone kos ook maak! En dêm lekker, hoor!! Rustig voor die tv, en net na Dexter onder die appelboom... Saterdag oggend vroeg op. Teen half 9 sit ons al by Nestcafè in Rosebank. Neil en Alani join ons vanoggend vir 'n heerlike kuier. En is dit nou lekker om hulle te sien, en weer 'soos van-ouds' te kuier. Hulle lyk so goed, en mens kan nie glo dis omtrent 'n jaar en 'n paar dae gelede wat hulle getroud is nie!! Nie net koffie nie, maar ook 'n ou 'bloody mary' vir my. Almal eet tramazini's, en ons kuier lekker. Die oggend vlieg behoorlik, en teen half 12 moet ons gaan. Neil en Alani, dankie vir 'n heerlike oggend. Ons gaan beslis gou weer kuier. Nou Norwood Hyper toe, want ons het 'n klomp goedjies nodig vir die huis. Ai, vandag lekker om shopping te doen, want dis nie so besig nie. Toe gou 'n draai gaan maak by Killarney om ons vleis, drinks en Willie se 'house warming' persent te kry. Terwyl ons by Pick & Pay in die ry staan om te betaal, staan ons goeie vriendin Winnie Mandela met haar veiligheidswagte voor ons! (het mos nou al haar 'signature' gekry op 'n vroeë geleentheid; nie weer nodig nie!) Terug huistoe, want ek moet 'n slaai nog maak. Net voor 4 is ons oppad. Mensig, so goed om vir Willie, Jacques en Jaco, Pierre, Vincent, Christo, Corrie, en Janneman en Frikkie te sien, en weer saam te kuier. Maar die weer is nie aan ons kant nie, en dit sak net voor 5 uit. Terwyl ons die vuur aan die lewe probeer hou, hou Christo ons op hoogte van die telling. Was natuurlik baie bly toe die Sharks wen, want nou kan ons begin braai. Almal braai hulle eie vleisie, want met so baie 'bestellings van medium, of well-done', is dit net makliker as elk hul eie braai. Ons pork rushers was heerlik. Mensig, Pierre se 3 bone-slaai is heerlik, en net so Willie se aartappelslaai. My lagie-slaai was (soos altyd) 'n wenner! En Pierre het die lekkerste poeding gehad. Net na half 12 daar weg, en teen 12 uur in die bed. Pierre, baie dankie vir al jou lekker kos, poeding en die peusel-happies! Dit was regtig heerlik! Willie, dankie vir jou gasvryheid, en welkom in Johannesburg. Ons gaan nog baie kuier. Skapie, baie dankie vir die vleis wat jy so lekker vir ons gebraai het. Jy is die beste braaier! Sondag bietjie laat geslaap, en net na 9 op. Gaan saam met Christo Killarney toe, en kry die koerant. Wil iets kry vir lunch, en stel voor ons gaan eet iets by Cresta. Oppad kan mens sien hoe het die water gisteraand geval. Elk 'n lasagne by Mugg & Bean gaan eet, en lekker gekuier. Terug huistoe, en terwyl die klere gewas het, het ons die dvd van Thumbelina gekyk. Te sweet! Vanaand gaan ons na Pastoor Philip Liebenberg se gemeente toe. Bietjie vreemd om daar te kom en niemand te ken nie, maar gelukkig het Neil en Steve daar aangekom. Pastoor Philip, dankie vir die bewusmaking van 'n hart van steen wat weer 'n hart van vlees kan word. En daai stuk wat jy gesê het oor jou 'magiese kragte van die wiele van die taxi's wat afblaas'.... hoe het jy geweet ek het ook dieselfde 'kragte'...?! (en ek toets hulle omtrent elke dag uit...!) Na die tyd heerlik gekuier, koffie gedrink, en elk 'n heerlike hot-dog geeët. Gaan maak gerus 'n draai by Die Kapel op die hoek van 4de Laan en 4de Straat, Melville. (oorkant die NG Kerk). Gaan kyk ook na Philip se blog by http://philipliebenbergsegaychristenblog.blogspot.com/ . Terug by die huis, en ons val voor die tv plat. 'n Program wat ons tussen 9 en 10 wil kyk, en daarna is ek voor die rekenaar. Wel, Donderdag die 30ste, is dit my skoonsussie Sheila se verjaarsdag. Sheil, baie geluk, en mag dit 'n wonderlike dag wees. Mag die jaar vol geluk, vreugde en baie voorspoed wees. My wens vir die week:- Soms het jy nodig om jou siel te vind. Soms het jy nodig om te huil oor wat jy verloor het en soms moet jy lag oor wat God vir jou wil gee. Soms is die gisters vol hartseer maar die mores vol nuwe beloftes. Soms moet jy leer dat God met liefde mense na jou stuur om jou lewe te verryk. Geseënde week saam met God - wat nie net Soms is nie, maar EWIG! Tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx Jaco as ons eige Gene Kelly... Singing in the rain, I'm singing in the rain..... Willie lyk heel verbaas om te sien dis tjoppies, en nie wors nie....
Christo besig om ons rump te braai.
Janneman cheers op Willie se nuwe plek!
Jaco en Jacques is Vanderbijl se eie Siamese tweeling...
Janneman en Frikkie
Willie saam met Pierre, ons gasheer.

No comments: