Thursday, 30 October 2008

My Vrydag Storie - 31 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Ek hoop julle het net so 'n heerlike week gehad soos ek! Wag, sonder enige doe, kry daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Maandag vroeg uit, want vandag het ek baie werkgewers om te sien. Vandag is ek in Cresta omgewing. Gaan maak ook 'n draai by my goeie vriend Janneman, en vat vir hom 'n bietjie biltong saam. Ag, dis altyd so lekker om by hom te kuier. Nie lank nie, en ek is vort. Gelukkig is ek besig, en die dag vlieg verby. Terug by die huis, en vanaand maak Christo vir ons bobotie met geel rys. mmmmm..... heerlik! Net rustig voor die tv vanaand. Net na 11 onder die appelboom...
Dinsdag weer uit. Vandag net collections wat gemaak moet word. Gelukkig is dit nie vreeslike harde werk nie, maar dis baie rondry. Behoorlik van bakboord na stuurboord vandag, en die dag vlieg. Marius (van die Kaap) bel om te sê hy's hier in Johannesburg, en ons moet vanaand saam kuier. Kry hom 7 uur by Cape Town Fish Market in Cresta. Mensig, ons eerste keer hier, maar heerlik! En ons kuier 'n hond-uit-'n-bos. Teen die tyd wat ons terug by die huis is, is dit net na 10. Dolla, altyd goed om jou te sien, en na 20 jaar is en bly jy nog altyd Elizabeth Taylor! Net na 11 in droomland.
Woensdag eers 'n draai op kantoor gemaak voordat ek uit is. Christo ry saam vir geselskap. 'n Paar plekke wat ek moet aan, en so tussen-in ook 'n Wacky-Wednesday by Steers gekry. Vandag word ek lekker bederf! (ook maar goed Christo is saam...) Oppad huistoe gou 'n koeldrank by Frans gaan drink, en wat toe net 'n vinnige 'inloer' moes wees, word 'n kuier. Ons ry net voor 6 daar by hom. Christo maak vanaand vir ons heerlike natcho's. Dis heerlik! Voor die tv vanaand, en teen 11 uur onder die appelboom...
Donderdag weer uit. Vandag moet ek tot in Krugersdorp werk. Dis 'n laaaang dag, en warm ook. Selfs gewerk in Honeydew ook, en net na 4 terug by die huis. Vanaand is ons genooi vir ete by my goeie vriend Janneman en Frikkie. Dis Ulrich se verjaarsdag, en ons is ook genooi. Natuurlik maak ek my lagie-slaai, en Koeks het 'n heerlike lasagne gemaak. Tania het 'n heerlike knoffelbrood met kaas gemaak, en vir poeding was daar die aller-lekkerste roomys met orio's, gekookte kondensmelk en ..... Julle sal nie glo of weet hoe lekker dit is nie!! Ai, en ons kuier so lekker. Teen die tyd wat ons huistoe gaan, is dit net voor 11. Janneman, Frikkels, baie dankie vir 'n heerlike aand, en baie dankie vir jul gasvryheid. Onthou ek is baie lief vir julle!
Wel, Sondag die 2de November, is dit die verjaarsdag van my goeie vriend Andrè. Andries, baie geluk, en mag dit 'n heerlike dag wees. Mag al jou drome waar word, en mag die jaar vol geluk, vreugde en goeie gesondheid wees.
My wens vir die naweek:-
Friendship is a chain of gold, each link is a smile, a laugh, a tear, a grip of hand, a word of love. No matter the load, let's be friends till we grow old!
Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Marius en Coen.
Christo en Marius.
Ulrich, ons verjaarsdag boy.
Ulla, ons birthday-boy.
Derick en Tania (Frikkie se niggie en haar man)
Derick en sy dogtertjie.
Frikkie en Janneman.
Coen, Christo, Ulrich, Frikkie, Koeks, Tania, Janneman en Derick. Ons 4 voetige vriend is Toughies.

No comments: