Friday, 24 October 2008

My Vrydag Storie - 24 Oktober 2008

Goeie more uit 'n heerlike koel Johannesburg. Ek hoop en glo julle het 'n heerlike week gehad. Wel, natuurlik het ek weer 'n SC week gehad. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag vroeg op. Vandag gaan ek bietjie 'platteland' toe. Christo ry saam vir geselskap. Eers 'n draai in Westgate gaan maak, want hy't gou 'n klient daar gesien. Toe Krugersdorp en Randfontein toe, en toe Oberholtzer toe. Wel, as jy nie weet waar Oberholtzer is nie.... dis deel van Carltonville! 'n Heerlike rit uit. Daar by die Kentucky sommer vir ons elk 'n heerlike Streetwise 2 gekoop, en dit rustig gesit en eet. Toe die werkgewer gaan sien, en 'n stadige rit terug Johannesburg toe gehad. (so 100 die hele pad gery, want ons het die reuk van die gras en die reën ingedrink...) Ook 'n werkgewer by Hillfox gaan sien voordat ons huistoe is. Wow, wat 'n heerlike dag uit op die pad! Vanaand maak Christo vir ons sommer van gister aand se hoender gemix met 'iets' wat ons op brood eet. Heerlik! Net rustig voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Dinsdag weer uit. Florida toe, en ook 'n draai gaan maak in Northriding. Oppad German Butchery toe ry ek by Niel verby, en ons gaan drink gou 'n koeldrank. 'n Vinnige 'werks-kuier', en toe's ek weer oppad. Dis warm, en ek wens die dag verby! Net na 4 almal gesien wat gesien moet word, en toe terug huistoe. Terug by die huis koffie gedrink voordat ek oppad koor toe is. Vanaand 'n koor-vergadering. Goed om vir Griet, 'Ciela, Viv en die ander te sien. Maar dis nie goeie nuus wat ons kry nie... Net na 8 weer oppad huistoe. Dit reën liggies. Christo het vir ons beet-pasta hoender gemaak. Dit lyk heerlik, maar ek is nie baie honger nie, en eet net 'n bietjie. Weet nie wat gaan aan nie, maar my maag is nie te lekker nie. (nie 'n goeie nag vir my nie, want ek was elke uur op....) Woensdag die dag op kantoor, want dis arbitrasies. Net na 9 kom die eerste faks in waarin die eerste vergadering settle, en net daarna bel die werkgewer van die 1 uur vergadering om uitstel te vra.... Wel, ek is uit op die pad! 'n Paar werkgewers in Randburg gaan sien, en sommer vir Christo ook daar gesien. Toe Cresta se kant toe. Net na 1 gou by my goeie vriend Janneman ingeval. Ai, altyd so goed om hom te sien! 'n Bietjie daar gesit, en net toe ek wil ry, kom Frikkels daar aan. Maar ek moet ry... Nog 'n paar werkgewers wat ek moet sien. Voel nie te wel nie, en teen 4 uur terug by die huis. Val op die bed neer en slaap tot so half 7. Christo het vir ons heerlike vis gemaak. Gelukkig voel ek beter, en dis heerlik! Vanaand vroeg in die bed, en net na 10 onder die appelboom... Donderdag op kantoor. Vandag 3 konsuliasies. Soos dit mos gaan, daag die eerste nie op nie. Gelukkig is almal hier vir die 11h30 vergadering, en ons kan 'n settlement bereik. Wonderlik! Vir lunch gaan drink ek en Christo gou 'n koffie by Nestcafè in Rosebank. Toe terug werk toe. Die vergadering van vanmiddag verloop toe nie so goed nie... maar dis o.k. Vanaand eet ons heerlike stir-fry. Ook bietjie aan Gwen se sunroof gepeuter, want dit sukkel om die laaste tyd oop te maak. Het mos magic vingers, en dit werk! Rustig voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Wel, my wens vir die naweek:- Shalom in hebreeus beteken om veilig te wees, om heel te wees, niks ontbreek, niks stukkend, om gelukkig te wees, veilig, tevrede, ongeskonde, sonder hartseer, vrede te hê. My wens vir jou - SHALOM! Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxxx

No comments: