Thursday, 02 October 2008

My Maandag Storie - 29 September 2008

Ai, jammer julle moes so in suspense wag vir my naweek-storie. Maar glo my, die wag was die moeite werd, want dit was ‘n heerlike naweek. Kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek… Saterdag oggend mos uit, want Ivy is hier. Kry ‘n vriend van Christo, Mornè, by die Clearwater Mall vir ontbyt. En is dit nou nie ‘n aangename jong man nie. Kuier baie lekker, en die ontbyt is heerlik. Moet sê, hierdie kuier was lank due… So hoor ek toe mos dat Christo vanaf 1995 tot en met 2005 (elke jaar!!) die Maria van Riebeeck prys gekry het vir die Sosialiet van Kaapstad! En ek dink nie eens twee keer oor al die mense wat hy ken nie…. Ongelukkig is Coen mos die stil tipe, en hy sal maar op sy ‘facebook’ moet ‘network’… Dit was regtig so nice om vir Mornè te ontmoet, en ons sal beslis weer kuier as ons in die Kaap is. Bietjie rond geloop, en toe’s ons weer oppad. Eers gou stoorkamer toe om ‘n paar goedjies daar te los, en toe terug huistoe. Maar eers ‘n draai gaan maak by Cresta. Ons bly maar in die strate… Wel, by Emmarentia Dam is ‘n orgidieë uitstalling, en ons moet daar stop. Julle sal nie glo hoe pragtig van die blomme is nie! Dit lyk soos plastiek. Ander lyk soos spinnekoppe… Te pragtig! (nie dat ek ‘n groot fan van spinnekoppe is nie, maar julle weet wat ek bedoel….!) Terug by die huis, en ek val eers ‘n bietjie op die bed neer. Gedaan van al die rondloop. Vanaand is ons net rustig by die huis, en Christo braai vir ons ‘n heerlike stukkie steak. Met my aartappel slaai, en Moeder se beet slaai, is dit heerlik! Net rustig voor die tv, en teen 10 uur onder die appelboom… Sondag vroeg op, want ons gaan vandag Stonehaven on Vaal toe in Vander Bijl Park. Gertruida hou van hierdie uitstappies platteland toe, en haar enjin sing van blydskap. By Vereeniging stop ons by ‘ons kweekery’ om eers koffie te drink. Wel, hulle scones lyk toe so lekker, dat dit toe koffie en scones op die einde is. Heerlike bran scones, met jam, en kaas. Lekker! Bietjie daar rond gedwaal, en begeer, en toe’s ons vort. Kwart voor 11 by Stonehaven gewees. Dis vandag Jacques se verjaarsdag partytjie hier. Mens, is dit nie pragtig hier langs die Vaal nie? Die groen gras, en oral staan stoele met sambrele. Die partytjie word bo-op die boothuis gehou, en dis pragtig gedek. Sekerlik wat dit so mooi en spesiaal maak, is al Sus Jacomien se blomme-rangskikkings. Die pragtigste ligte bruin rose, met groen daarby. Kyk, daai hande van haar is besonders… sy het vir jou talent! Ek sal nou nie weet nie, maar daar moet meer talent wees as wat ons kan dink…. Weet nou nie of dit dieselfde talent as nig Willemien s’n is nie, maar talent is talent… En of jy dit nou gebruik sodat almal dit kan sien, of net een of twee mense, dit maak nie saak nie… Solank jy dit net gebruik, nè! Nie net word Jacques se party hier gehou nie, maar ander ook! BAIE!! Sit aan tafel met Jacques, Jaco, Pierre, Hendrik, Willie, Paula-prit en haar vriend. Maar wag, toe ons begin eet, kan ons nie ophou nie. Die kos is uit ‘n ander wêreld! Mensig, daar’s gorgonzola cold meat tower, smoked salmon cucumber bites, interesting canapés topped with caviar, smoked mussels on salty biscuits, rolled beef with pickled dill & asparagus, smoked sausage & fruit kebabs, roast chicken, Stonehaven coronation chicken, ens, ens, ens….. Te veel om van te kies, en elkeen lyk lekkerder as die ander. Dis regtig nie net mooi om na te kyk nie, maar ook heerlik! Die poeding menu het soos volg gelees… rich cappuccino mousse, blueberry sherry trifle & fresh cream, lemon meringue en pavlova. Nou verstaan julle hoekom ek en Christo so goed lyk… dis nie net van sit en tv kyk nie, maar al die lekker kosse wat vir ons voor gesit word! Jacques, Jaco, baie dankie vir ‘n wonderlike dag, en die heerlike bederf. Moet nooit vergeet dat julle baie spesiaal is nie! Ons moet regtig probeer om meer te kuier!! Half 4, en ons is oppad huistoe. Sommer direk Pretoria toe, want Gertruida moet terug Thomas toe. Altyd lekker om haar hier vir ‘n naweek te kon gehad het, en dan weer herinner te word aan hoe lekker dit is om met haar te ry! Behoorlik haar net gestop, ‘n koelie by Thomas gedrink, en toe’s ons weer oppad huistoe. Vanaand gedaan, en val voor die tv plat. Net na 10 onder die appelboom… Wel, laat ek nou eers gaan. Geniet die res van die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx
Orgideë 1
Orgideë 2
Orgideë 3
Orgideë 4
Orgideë 5
Orgideë 6
Orgideë 7
Orgideë 8
Christo by Emmarentia Dam
Christo en die kat by Stonehaven on Vaal

No comments: