Friday, 21 November 2008

'FAMOUS' PETER DEACON - The Weekly

Goeie middag almal. Jong, ek kan nie wag tot Maandag met hierdie nuus nie, want dis gans en al te belangrik om nie nou te vertel nie!! My klein-boet Peter se seun, Peter Peet Pieta Dicky Deacon het Woensdag aan die Premier Spelling Bee in Sydney deel geneem. Daar was 71 000 kinders wat begin het; toe 2 400 wat deurgegaan het na die streeks finaal toe. En toe was daar net 32 in die finaal! Kan julle glo, hy was een van hulle!!! Vir 'n boertjie van die Noordkaap om hier in die Ingelse Australiƫ tot onder die laaste 15 te kom, is wonderlik! Ongelukkig het hy nie gewen nie, maar dit maak nie saak nie. Pieta, baie geluk, en jy sal nie glo en weet hoe trots ons almal hier in Suid Afrika op jou is nie! Ek kan al sien hoe trots jou pa en ma op jou is, en moenie vir Sussa vergeet nie! Nou is haar boetie 'famous'! Hy't 'n medalje gekry, 'n groot woordeboek, 'n sertifikaat, en 'n day pass na die Taronga of Dubbo dieretuin. Terug by die huis het die plaaslike koerant 'n storie en kiekie geplaas, en die verslaggewers staan glo tou om onderhoude te kry. Pa Peter en ma Riana, baie geluk met julle seun se prestasies! Hy is voorwaar 'n Uitblinker!! Ek sluit die storie in wat in die koerant verskyn het:- 'Kandos Public School student Peter Deacon will be battling it out against 32 other regional finalists at the ABC Centre in Sydney today for the title of state finalist winner in the Premier's Spelling Bee Final. Mr. Deacon was one of the four Kandos Public School students who attended the regional final in September before being selected to compete in the state championships. Principal of Kandos Public School, Dianne Moncrieff said 12-year-old Peter is a bright young boy who shows a great deal of potential. "This is the first time a student has made it to the state finals and we're delighted that he has made it this far. He's been studying for the competition and he's very prepared. I'm not really surprised that he got so far as we've always expected good things of him.... he's a very bright student," she said. Peter is a Year 6 student and school captain.' Meneer Deacon, nogmaals baie geluk!! The Weekly se berig. Pieta in Sydney by die Premier's Spelling Bee. Selfs buite by sy skool het hulle hom voorspoed toegewens!!

No comments: