Sunday, 09 November 2008

My Maandag Storie - 10 November 2008

Goeie more uit 'n nat Johannesburg. Ek glo en hoop julle naweek was net so lekker en nat soos myne! Wag, sonder enige verdere dooooo's, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Vrydag middag die kantoor gesluit half 4. Ek en Christo gaan maak gou 'n draai by Killarney, en toe terug huistoe. Vanaand eet ons heerlike hamburgers, en toe voor die tv. Noot vir noot gekyk, en myself misgis met die aanbieders... Maak nie saak nie, ek is nog steeds nie op goeie voet met die klomp by RSG (Radio Sonder Mense) nie... Net na Dexter onder die appelboom... Saterdag vroeg op, want Ivy is mos hier. Daar's 'n pypie wat lek op die Honda, en vandag moet ek dit reg maak. Haal dit af, en oppad om 'n nuwe pyp te gaan koop maak ons sommer 'n draai by Rooseveld Park om seker te maak ons kan volgende jaar stem. Alles gedoen, en ons id's gestamp, toe verder. Kry dit wat ons soek by Hursthill Motors, en toe terug huistoe. Nou om nuwe pype in te sit... Gaan rof, maar na 'n gesukkel en geswoeg kry ons dit in. (ja, Christo het ook gehelp...) Eers myself deur die stort gesleep, want ons is oppad P-town toe. My neef Jan en sy lewensmaat Trevor hou 'n afskeid vanmiddag, want hulle vlieg die 22ste Australie toe - vir altyd! Eers by die Centurion waterfront gaan soek vir Primi, maar gelukkig dit gekry net soos mens van die hoofweg af kom. Is ek toe verras om vir oom Jan, tannie Nell en tannie Erica, Eben, Petro en die kinders, en natuurlik al die ander vriende te sien... Jan en Trevor is heel gemaklik en opgewonde, en ons kuier lekker. Later kom Andre en Reinette ook daar aan. Lekker pizza gehad, en terwyl ons kuier sak daar 'n storm uit wat skrik vir niks!! Jan, Trevor, it is not good-bye... for that's too sad to say. Let it be just - au revoir - until a happier day... Skaars terug by die huis of dit begin reen vreeslik! Tv gekyk, en sommer 'n toebie gemaak vanaand. Net na 10 uur in droomland... Sondag net bietjie laat geslaap. Word wakker met die reuk van gebakte skaapboud in die lug... mmm, vandag eet ons lekker! Opgestaan, en Christo is amper klaar met middag-ete. Lees die koerant, en so 12 uur loop ons gou oor die straat om weer te registreer.... Gesien net oorkant die straat is hierdie wyk se stem-lokaal, en ons besluit om ons registrasies te verander.... (soos 'n dame daar dit gestel het, ons het gister 'gejok' oor waar ons bly....) Nou's dit ook gedoen. Wel, julle sal nie glo hoe lekker was daai skaapboud, pattatas, rys en ertjies nie. Is 'n sonde dat ons niemand genooi het om saam te kom eet nie!! Vanmiddag kruip ons onder die duvet, en kyk dvd's. Eers Jungle Book, en toe Hook. Peter Pan is mos my gunsteling animasie karakter, en as ek ooit my lewe kan oor he, sal dit wees as Peter Pan! Die hele middag saggies gereen, en vanaand gaan ons kerk toe. As julle ooit hoor van All Gold wat 'n advertensie maak oor tamatie-sous.... laat weet, want ons het net die persoon om daarin te speel... Dominee Trevor, dankie vir die wete dat al gaan dit hoe sleg, kan ons altyd op Hom vertrou. Na die tyd gaan koffie drink, en daar sien ek vir Pierre, 'n ou vriend van die dae toe ek net in Johannesburg gekom het! Mensig, dis 1990! Ag, kuier eers weer, en herleef die ou-dae.... Wel, my wens vir die week:- Today I lean back... close my eyes... and think of the people that I love... now I'm sending you my love in prayer, and asking God to bless you because I care. Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxx

No comments: