Thursday, 27 November 2008

My Vrydag Storie - 28 November 2008

Goeie more uit 'n warm Johannesburg. Ek hoop julle het 'n heerlike week gehad? Wel, myne was soos altyd mos 'n SC week! Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag op kantoor, want vandag het ek 'n arbitrasie. Net na half 10 is die partye hier, en ons kan begin. Soos dit mos maar altyd gaan, is dit 'n speletjie van 'kom ons kyk hoe ver kan ons dit vat....' Julle sal nie glo nie, maar ons gaan deur die hele arbitrasie, en net voordat die werkgewer sy 'closing arguments' moet lewer, besluit hulle om te skik!! 'n Volle 5 ure se intense konsentrasie, en hulle skik op die laaste. Mensig, julle sal nie glo hoe bly ek daaroor is nie, want eerder 'n skikking as dae se werk aan die arbitrasie bevel. Hierdie is goed en wel, maar as al jou werk op die rekenaar 'missing' is.... Moet op die einde 'n nuwe 'settlement' tik! So half 3 kry ek vir Christo, en ons gaan eet 'n toebie by 'aroma' in Killarney. Wanneer laas het ek 'n toasted cheese and tomato gehad....? En dis heerlik! Kuier en probeer net bietjie ontspan na die oggend se stress. Teen half 4 ry ons gou Amalgam toe, want ek moet by die sheriff 'n draai maak. Klaar daar, toe terug huistoe. Vanaand maak Christo vir ons heerlike hoender pasty. Net rustig voor die tv, en teen 10 uur is ek onder die appelboom... Dinsdag konsiliasies. Mensig, en die dag verloop mos nou nie te wel nie. Eers daag net die werkgewer op, toe net die applikant, en met die laaste vergadering daag niemand op nie! Vandag al gespook om my 'files' op die rekenaar te probeer kry, maar sonder enige geluk. En die ou wat ons instandhouding doen, is ook nie beskikbaar nie! Ek sien al hoe moet ek dit los vir Woensdag... Vanaand maak Christo vir ons heerlike spinasie lesagne met hoender. Dis absoluut wonderlik! Magies vol, ogies toe. Voor die tv gelê, en teen 11 uur in droomland... Woensdag eers 'n draai in die kantoor gemaak voordat ek uit is. Werk vandag nie net in die Roodepoort gebied nie, maar ook in Krugersdorp. Oppad word ek gestop by 'n pad-blokade. Ja ek weet, my liksens het verval, en ek was van plan om dit in die week te hernu. Wragties, die ou wil my 'n boete gee, en soos 'n goeie burger sê ek vir hom 'in die gees van Kersfees, laat my asb. gaan?' Weet julle wat is sy antwoord? 'Hy het 'n Kerspersent nodig....' Nee, ek het nie vir die ou geld aangebied nie, maar ek dink hy't gesien hierdie is 'n arm blanke.... toe laat hy my gaan!! Wel, nou's my eerse taak vir die dag om my lisensie te vervang. In minder as 15 minute is ek in en uit met my nuwe lisensie! Sommer vir my 2 nuwe nommerplate ook laat maak voordat ek uit ry Florida toe. Dis 'n lang en warm dag. Gaan maak ook 'n draai by die nuwe President Hyper. Wow, en is dit nie vir jou 'n groot winkel nie! Kry daar 'n Pachypodium van 15 cm. Mensig, vir hierdie prys kan ek dit nie laat verby gaan nie. 'n Volle R40!! Ons het Saterdag een by Keith Kursten gesien (oor 15 cm) vir R350! Kry vir Christo net voor 4 by Killarney, en toe's ons huistoe. Vanaand is dit mos 'carols by candlelight' by Zoo Lake, en ons gaan daantoe. Frans en Kobus kry ons hier by die huis, en ons ry sommer saam met hulle. 'n Heerlike plekkie gekry om te sit, en die piekniek-mandjie oop gemaak. Mensig, Christo het weer uitgehang met sy lekker broodjies, lewer pattè, kaas, you name it!! Steve en Niel het hulle ook later by ons aangesluit. Ag, die weer speel saam vanaand, en dis heerlik om te kuier, te sing, en na die musiek te luister. Daar's baie mense vanaand hier! Sou so graag van ons ander vriende ook hier wou gesien het, maar Philip, ons verstaan... Die aand het net te gou verby gegaan. Terug huistoe vir 'n koffietjie, wat tot half 12 aangehou het.... Skaars my kop op die kussing gesit, of ek's in droomland.... Donderdag weer uit op die pad. Vandag 'n klomp werkgewers wat gesien moet word. Dis mos maar elke dag dieselfde; net ander werkgewers! Vroeg-vroeg kry ek gou vir Christo by Mc Donald's in Mellvile vir 'n koffietjie. Lekker so vroeg in die oggend....! Toe's dit werk. By Brixton 'n pak biltong gekry, en by New Farmers 2 bottels wyn, mince en wors! Wow, dis baie welkom, want met die prys van vleis hou ons maar by hoender en vis. (nee, dit gaan nie so sleg met ons nie!!) Oppad terug gaan maak ek gou 'n draai by my liefste vriend Janneman. Ai, so lekker om hom te sien, en hy lyk so goed. Janneman, onthou ek is baie lief vir jou, en ek is altyd daar vir jou!! Skaars by die huis, of begin solank die binne-hof regkry vir vanaand. Sommer 'n paar vriende vir ete oorgenooi. Terwyl Christo die kos aan die gang kry, dek ek die tafel, sit die musiek en glase uit, en kyk ook tv. Net na 7 is Steve en Niel hier, toe Frikkels, Janneman en Koek's, en 'n paar minute later Egoli. Eers bietjie gekuier voordat die kospotte van Egipte uit gedra word. Mensig, vanaand is dit hoender-a-la-king met rys, soet pampoen, en 'n tuisgebakte brood! ....my sussie se resep!! (Lien, jou resep is die beste en wonderlikste ding wat Christo gekry het!!) En almal geniet dit baie. Skapie, baie dankie vir die heerlike kos, en al die moeite wat jy gedoen het met vanaand! Aan my vriende, baie dankie dat julle vanaand saam met ons gekuier het, en onthou julle is baie spesiaal in ons lewens. Wel, dis laat, en ek moet gaan. My wens vir die naweek:- Jesus is jou Sakdoek as jy huil! Hy is jou Hoekie as jy êrens wil skuil, jou Sambreel as hartseer oor jou reën! Hy is jou 911 as jy in Nood verkeer, maar meeste van als; Hy is die Anker op jou lewensboot - hou altyd daaraan vas! Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care. Coen xxxx

No comments: