Friday, 14 November 2008

My Vrydag Storie - 14 November 2008

Goeie dag uit 'n heerlike nat Johannesburg.
Ek hoop dit was net so 'n heerlike week vir julle soos wat dit vir my was? Lekker gereen, en ook besig by die werk gewees. Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Maandag eers 'n draai by die kantoor gemaak, en toe's ek uit. Christo ry weer vandag saam. Eers 'n draai gaan maak in Emmarentia, toe Sunninghill toe, en daar vandaan die Noorde gedoen. Wat 'n dag; nie net warm nie, maar ook 'n laaaaang dag! Eindig die dag in Florida, en net na 5 terug by die huis. Vanaand eet ons lekker skaap-boud op brood! Mensig, eet soos 'n koning vanaand!! Voor die tv gewees, en net na 11 onder die appelboom...
Dinsdag weer uit op die pad. 'n Klomp werkgewers wat gesien moet word. Roodepoort, Krugersdorp, Honeydew, en ook 'n draai by German Butchery gemaak. My vriend Niel gesien, en gou saam hom 'n koffietjie gedrink. Altyd lekker om hom so 'onbeplan' te sien. Gou-gou weer terug op die pad. Heerlike reen gekry terwyl ek gewerk het vandag, en teen half 5 terug by die huis. Christo maak vir ons heerlike spaghetti met hoender, van Sondag se boud, en 'n heerlike sous. Mensig, dis lekker! Julle dink seker my lewe is baie boring, maar ja, alweer voor die tv gewees.... En ja, alweer net na 11 in droomland...
Woensdag oggend 'n arbitrasie. Ai, en (gelukkig) daag net die werkgewer op. Vandag se arbitrasie word uitgestel tot 'n volgende datum. Skaars is die werkgewer weg, of die unie en die applikant daag op... Wel, soos ek gese het, die arbitrasie word uitgestel tot 'n volgende datum. Moet vleis gaan haal vir vanmiddag se vergadering by Rood Vleis in Florida, en oppad terug eers koffie gaan drink by my liefste vriend Janneman. So goed om hom te sien, en altyd lekker om saam met hom te kuier. Lekker koffie gedrink, en toe's ek gou Randburg toe om gas vir die gasbottel te kry. Net na 1 terug by die kantoor. Vanmiddag is dit die laaste raads-vergadering vir die jaar. Raai wie daag hier op....? Mamma Evilyn Selora! Ag shame, sy het oud geword, en hierdie sal sekerlik haar laaste vergadering wees... Toe die volgende vergadering. Ook die laaste MTAG vir die jaar, en na die tyd drinks, en prego steaks wat gebraai word. Ek, Craig en Mac is agter die kroeg, terwyl Corne, Jaco en Molefi met die werkgewers kuier. Later elk 'n heerlike prego rolletjie gehad, en ons kuier. Teen half 8 is almal omtrent weg; net ek, Craig en Mac wat nog kuier. (buiten vir die baas wat ook nog kuier) Ai, herleef weer saam met Craig die dae van LZ.... Lekker gelag, en nostalgies geword... 8 Uur is hulle ook weg. Vir Christo vroeer 2 prego rolletjies gevat, so, ons het klaar geeet. Skaars by die huis, of die hemel sak uit. Dis harde reen!! 'n Bietjie tv gekyk voordat ek in droomland is...
Donderdag weer op kantoor. Kan julle glo, ek het 3 konsuliasie vergaderings vandag, en niemand daag op nie! Dit beteken ek moet sertifikate uitreik vir onopgeloste sake.... Gelukkig gee dit my tyd om aan 'n bevinding te werk - wat al verlede maand moes uit gewees het...!! Vandag is daar nie tyd vir koerant lees nie; ek moet daai bevinding uit kry!! Gou gedurende lunch 'n lagie-slaai gemaak, want ons is vanaand genooi vir ete by Gaba en Derick. Die dag vlieg behoorlik, en teen half 5 is ek so-te-se op die hond se stert met my bevinding. Wel, vanaand gaan ons uit vir ete, en net na 6 ry ons. Eers by Janneman en Frikkels 'n draai gemaak, en toe agter hulle aan. Mensig, het Tania nie vir jou uitgehang nie! Heerlike vark fillette, pampoen, boontjies, aartappeltjies, blomkool met 'n kaas-sous, en heerlike tuis gebakte brood! O ja, amper vergeet ek, my slaai. Nie net is die kos lekker nie, maar ook die gasvryheid is wonderlik. Na die tyd speel ons eers 'n bietjie 'ten pin bowling' op die WII. Geniet dit, en lag lekker; mens sal sweer dis regtig! Janneman het die wonderlikste malva poeding gemaak, en ek eet twee borde! Ook 'n bietjie saam met Derick se ma gekuier... Dit was regtig 'n heerlike aand, en ons gaan sommer gou weer kuier. Toe ons ry, reen dit liggies. Vanaand is ek gedaan, en skaars by die huis, of ek's in droomland...
Vrydag eers aan my bevinding gewerk. Teen 10 uur is dit klaar, en gefaks vir die werkgewer en unie. Christo ry saam. Eers gou Hydepark toe, toe arbeids hof toe. Het 1 uur 'n dissiplinere verhoor by 'n werkgewer in Southdale. Was bietjie vroeg, en gaan loop rond by Southdale shopping centre. Wanneer laas het ek 'n cone gehad...? Vandag bederf ons onsself met 'n heerlike cone van die Wimpy. Ai, lekker!! 1 uur vir my afspraak, en terwyl ek besig is, sak daar 'n storm uit! Teen half 3 is ek klaar, en ons is oppad terug kantoor toe. Die kantoor sluit half 4, en gaan gou Killarney toe om 'n paar goedjies te kry. Vanaand maak Christo vir ons heerlike steak burgers. Mensig, Steers kan maar gaan slaap!!
Wel, ek moet seker klaar maak, want julle wonder seker hoekom die Storie nie vroeg Vrydag oggend uit was nie... My wens vir die naweek:-
Wat maak my swak? My vrese. Wat maak my heel? My God! Wat hou my staande? My geloof. Waaruit leer ek die beste lewenslesse? My foute. Wat maak my suksesvol? My moed om op te staan as ek val. Wat maak my gelukkig? Om te weet julle is my vriende!
Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Peter - heimwee....
Leanca, die scare-crow en Pieta.
Ruan met sy beker.
Ruan in sy SA sweetpak.
Kyk net hoe lekker dans Nadia!
My sussie! Is sy nie pragtig nie!!
Kyk hoe mooi is die hare!!
Lyk sy nie mooi in oranje nie?
Beautiful!!

No comments: