Friday, 07 November 2008

My Vrydag Storie - 07 November 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg. Hoop julle het 'n lekker week gehad. Wel, hoe lekker kan my week nie wees nie...? Wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... Maandag op kantoor, want vandag het ek weer arbitrasies. Nie dat ek baie daarna uitsien nie, maar nou-ja... werk is werk, ne! Met my eerste vergadering besluit ek om terug te gaan konsuliasie toe. Wel wel, en dit werk, want ons kan 'n settlement bereik. Wonderlik, nou hoop ek net my 1 uur vergadering verloop ook so goed. You never know, maar daar daag omtrent 'n hele winkel vol mense op vir die vergadering. Net die bywonings register geteken, en toe vra ek 'is there any room for settlement?' Hier begin ons toe met 'n onderhandeling wat aanhou tot net voor 4 uur. Teen die tyd wat almal hier uitstap, het ons 'n settlement!! Wat 'n absolute fantastiese dag was dit nie. Vanaand maak Christo vir ons heerlike stew, rys en pampoen. Net rustig voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom... Dinsdag vroeg op, want ek't 'n afspraak by 'n werkgewer 9 uur, en dan moet ek terug kantoor toe vir my konsuliasie half 10. Gelukkig is ek 'n paar minute vroeg by die werkgewer, en ongelukkig is die vergadering geskuif na volgende week toe. Nou's dit terug kantoor toe. Daar gekom, en net die werkgewer is daar. Corne wil weet of ek nie met hom wil uitruil vir Donderdag nie. O.K. met my, en net na 10 uur ry ek. Eers 'n draai gaan maak by die arbeids hof, en toe vort. 'n Klomp werkgewers gesien, en ook 'n draai gaan maak by my liefste vriend Janneman. Janneman, ek is so bevoorreg om jou as my vriend te mag he, en onthou ek is baie lief vir jou. Toe weer verder. Dis 'n warm dag, en daar's nog ander werkgewers wat gesien moet word. Net na 4 terug by die huis. Voel nie te wel nie, en val op die bed neer tot net voor 6. Christo maak vir ons heerlike vis met 'n tartar sous, mash en skorsie. Lekker. Vanaand net voor die tv, en teen 11 is ek in droomland... Woensdag gou 'n draai op kantoor gemaak, en toe uit. Christo ry vandag saam. Dis nie net in Florida wat ek 'n draai maak nie, maar ook Kriekiesdorp (Krugersdorp), Randfontein, Weston area en toe Hillshaven toe. Sommer by Highway vir ons gekerfde biltong en droewors gekoop 'vir die pad'... Dis 'n lang dag, maar dit het ook gevlieg. Sommer baie gedoen vandag. Net na half 5 by die huis. Vanaand eet ons heerlike hoender-pasta. Mensig, dit bly maar lekker. Rustig voor die tv, en teen 10 uur onder die appelboom... Donderdag weer op kantoor. Alweer konsuliasies, en die dag verloop toe sommer heel anders. Dis nie net die eerste vergadering wat ons settle nie, maar ook die tweede!! Wow!! Die middag admin gedoen. Regtig, vandag was sommer 'n heerlike dag; siende dat ek twee arbitrasies Maandag en twee konsuliasies vandag geresolve het! Vanaand eet ons heerlike hoender, vis en spinasie paela. So 10 uur probeer ek my Storie skryf, maar ongelukkig druk ek die verkeerde knoppie, en daar delete ek alles. Het toe maar besluit ek sal gaan dyk.... My wens vir die naweek:- Besef jy dat jy 'n ongelooflike manier het om liefde te saai? Net soos sonskyn strooi jy jou omgee-strale oor almal in jou lewe... Jy laat Jesus glimlag elke keer as jy Sy liefde so uitdeel. Dankie dat jy deel is van my liefdeskring. Tot ons weer gesels; no worry mate, en take care. Coen xxxx

No comments: