Thursday, 20 November 2008

My Vrydag Storie - 21 November 2008

Goeie more, goeie more!
Ek hoop julle week was net so lekker, en vol verrassings soos myne! mmmmm..... wag, kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Maandag oggend eers gou 'n draai by die kantoor gemaak voordat ek uit is. Vandag is 'n lang, en warm dag. 'n Draai gaan maak in Sunninghill, toe Randburg toe, en toe terug kantoor toe. Cornè het my vroeg vanoggend gevra om as tolk op te tree vir 'n arbitrasie wat hy 1 uur het. Moet van ingels na afrikaans tolk.... (ken die omie wat dit versoek het - hy is net plynweg harde-gat, en kan engels praat en verstaan!!) Terwyl ek wag, doen ek admin. Die tyd kom en gaan, en niemand versoek my dienste as tolk nie. Wel, dit gee my die kans om al my admin op datum te kry. Teen die tyd wat ek my oë uitvee, is dit half 5. Kom by die huis, en daar wag 'n pragtige bos rose vir my op die tafel. En julle sal nie glo nie, op die bed is daar 'n klein bull hondjie met 'n persentjie om sy nek! Christo bederf my vreeslik vandag! Baie dankie, Skapie. Vanaand eet ons heerlike hoender dye met tjippies, en heerlike soet pampoen. Net rustig voor die tv, en teen 11 uur onder die appelboom...
Dinsdag weer uit. Eers gou 'n draai gemaak in Sandringham, en toe vir Christo by Nestcafè gekry vir 'n koffie. Heerlike railroad koffie!! 'n Vinnige een, en toe's ek verder. Moet Kya Sands toe, en ook Florida toe. Die dag vlieg net te gou. Dis warm, en bedompig buite. Net na 4 terug by die huis. Vanaand word ek bederf met heerlike hoender pasta! Mensig, dit bly maar lekker. Het gewik-en-weeg of ons nie moet gaan fliek nie, maar toe daarteen besluit. Rustig voor die tv, en soos klok-slag 11 uur in droomland.
Woensdag ry Christo weer saam. Florida, Roodepoort en ook 'n draai gaan maak by Westgate. Kry vir ons 'n Wacky Wednesday met tjippies, en sommer daar gesit en eet. Net lekker om weer 'back to normal' te wees vandag. Oppad terug 'n draai gemaak in Craighall, en toe huis toe. Vanaand is dit net lekker toebies, en alweer voor die tv. Ja, julle dink seker ek is 'n 'coutch patato'.... Gewone tyd in die kooi.
Donderdag is Christo weer saam. Vandag nie net Krugersdorp toe nie, maar ook Randfontein en Westonaria toe. In Krugersdorp by KFC vir ons elk 'n streetwise two gekry. Ai, dit bly maar lekker! Teen half 3 klaar in Westonaria, en oppad by Janneman gestop. Mensig, dit bly altyd lekker om my liefste vriend te sien. Vir hom 'n koelie gevat, en bietjie daar gekuier. Voordat ons huistoe is, eers gou by Killarney gestop. Vanaand eet ons hoender sosatie en knoffel-aartappel. Regtig lekker!
Wel, laat ek eers gaan. Die naweek is vol dinge.... 'n heerlike gemeente ete, en Sondag aand is dit Pretoria gemeente se Kerssang-diens. So, voordat ek te veel sê, hier is my wens vir die naweek:-
Hou 'n goeie maaitjie met albei hande vas, want 'n goeie maaitjie is iemand wat die lied in jou hart ken en dit sing as jy die woorde vergeet het.
Geniet die naweek, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Ruan
Met al die medaljes en sertifikate wat Ruan by die skool gekry het.
Nadia.
En hier is Nadia in haar eerste netbal-wedstryd.
Sussa en Boeta voor die konsert.
Nadia in haar skool-konsert as 'n see-perdjie.
Kyk hoe lyk Cyril nou!
Henry en Adelaide in Kanada. (my buurman van Northcliff...)

No comments: