Sunday, 16 November 2008

My Maandag Storie - 17 November 2008

Goeie more uit 'n heerlike warm Johannesburg.
Mensig, ek hoop julle het net so lekker naweek gehad soos myne! Sou net 'n rustige naweek by die huis gewees het... maar wag, voor ek te veel vertel; kry gou daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek...
Saterdag vroeg op, want Ivy is hier. Christo het hulp nodig met sy Golf se deur-handvatsel, en ek help hom. Terwyl hy gou Rosebank toe is vir 'n vergadering, lees ek die koerant. Rustig buite in die koelte gesit. Net na 11 is Christo terug, en Ivy is ook klaar. Vanmiddag die dvd Sleeping Beauty gekyk. Niel bel om te hoor of ons nie wil oorkom vir 'n braai nie. Eers die rugby gekyk, en net na 6 is ons oppad. Goed om Niel en Steve te sien. Heerlike hoender gebraai, lekker slaai en heerlike groente. En ons kuier heerlik!! Later in die ja-kosie gesit, drankies gedrink, en gekuier! Mensig, teen die tyd wat ek uitgeklim het, het ek soos 'n verdroogde pruim gelyk! 'n Melktert en koffie vir poeding, terwyl Christo met Gabriella (Niel se Franse poedel) speel. Net na half 12 oppad huistoe. Niel, Steve, dankie vir 'n heerlike aand. Mensig, dis altyd lekker om saam met julle te kuier.
Sondag net laat geslaap. Teen die tyd wat ek ontwaak, het Christo al die koerante gekoop, en is die kos vir middag-ete amper klaar. Eers die koerante gelees voordat ek myself deur die stort gesleep het. Toe vir Marie gebel, want sy verjaar vandag. 60 jaar jonk vandag! Weet julle, sy't by my Moeder begin werk toe sy 17 was, en nou's sy 60. 'n Leeftyd! Ag shame, sy was so hartseer toe ek vir haar sing. Mara, baie geluk, en mag jy nog baie mooi en gesonde jare gespaar wees. Heerlike groente en vis pastei wat Christo gemaak het. Vanmiddag ons programme opgevang wat ons gedurende die week gemis het, en vanaand kerk toe. Ai, mos altyd goed om vir Janneman daar te sien! Dominee Trevor, dankie dat jy ons herinner om op te hou met kla, en meer die positiewe raak te sien.
Wel, Woensdag, die 19de, is dit die verjaarsdag van my klein-niggie Mari, en my kollega Craig. Julle twee, baie geluk, en mag die jaar vol geluk, vreugde, baie voorspoed en gesondheid wees.
My wens vir die week:-
May God bath you with mercy, towel you with love, cream you with honour, cloth you with grace, adore you with favour en perfume you with blessings.
Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Dylan en Logan (Oupa, kyk my horlosie!)
Logan slaap (lyk sy nie soos 'n poppie nie?)
Dylan (en skielik is ons skaam...)
Dylan met sy 'magic' hare.
Tatum wat lekker lag!
Tatum (Oupa, ek kan tog 'n tjomp eet met my groot mond!)

No comments: