Sunday, 30 November 2008

My Maandag Storie - 01 Desember 2008

Goeie more uit 'n heerlike nat Johannesburg.
Mensig, ek't gedog as ek My Storie skryf, sal ek bietjie rus, maar dit lyk nie so nie.... Al sit ek, moet die gedagtes maar werk om alles van die naweek te onthou! Wag, kry eers daai koffietjies, sit terug, dan vertel ek... (Dominee, ek hoop dis 'n warm koppie koffie!)
Vrydag mos ons werks-funksie gehad. Vroeg op kantoor gewees, en so teen 12 almal restaurant toe. In Parkview gaan eet by .......? (sorry, kan nie die plek se naam onthou nie) 'n Klomp van ons saam met Wayne in sy kombi - en na dese kan ek verstaan hoekom ons taxi-comuters nooit lag, gesels of smile nie.... hulle bid die hele tyd om veilig anderkant te kom!! Wayne, dankie dat ek saam met jou kon gery het, en dankie vir 'n onvergeetlike ondervinding, maar volgende jaar ry ek met my eie kar... Wel, en kuier ons nie lekker by die plek nie! My keuse van 'n starter is basil en tamatie sop (heerlik!!), as hoofgereg is dit kalkoen (bietjie droog, maar ook lekker!!), en as poeding crepe met vrugte in! Dit was absoluut heerlik!! Daar gekom 12 uur, en eers 4 uur daar uit. Tim, Les, baie dankie! Van ons is terug kantoor toe om daar verder te kuier. Nou nie 'n hot party nie, maar ons kuier lekker. Christo het so 6 uur saam kom kuier, en teen 7 is alles verby. Lesley wou nog gehad het ons moes saam verder gaan kuier by Radizios in Victory Park, maar ek het nie kans gesien nie! Vanaand wil ek net rustig by die huis wees, en dalk vroeg in die kooi wees. Wel, was vroeg in die kooi, maar tv gekyk tot net na 12. Gou-gou onder die appelboom...
Saterdag vroeg op, want ons het baie om te doen. Na die nuwe President Hyper in Krugersdorp toe om 'n paar goedjies te kry vir die huis. Mensig, so baie mense, maar ons is daar!! Koop bietjie groceries, en teen 1 is ons daar uit. Oppad huistoe by die Fruit & Veggie by Hillfox gestop om daar ook 'n paar goedjies te kry. Uiteindelik is ons oppad huistoe.... Wel, nadat ons eers gou by Cresta ook gestop het... Terug by die huis, en Christo bak eers weer 2 broodjies vir vanaand. Gaan mos by Rudi kuier - hamburger aand!! Mensig, toe ons net voor 5 hier ry, het ons nie geweet dit sal so 'n lang en lekker aand word nie... Vanaand is dit die gewone groepie. Rudi, Kobus, Clinton, Jonathan, Frans, nog 'n Kobus, Martin (wat later gekom het) en natuurlik ek en Christo. Ai, ons kuier lekker, en die burgers wat ons elk maak, is heerlik! (Elke persoon het iets gebring vir die burger. Ons lysie was kaas en pynappel.) Later begin ons mos toe Noot vir Noot speel, met Frans as ons eie... ja, hy't ook 'n geblomde onderbaadjie aangehad! Die aand het gevlieg, en toe ons weer kyk, is dit net voor 3 uur!! Nee, nou moet ons huistoe!! Wat 'n aand, en watse wonderlike vriende!! Rudi, baie dankie vir weer 'n onvergeetlike aand, en dankie dat jy een van ons vriende is! Nogmaals dankie vir jou gasvryheid, en onthou jy is 'n baie spesiale persoon!! Kan nie onthou wanneer laas het ek by die huis gekom as die voëltjies fluit nie... My kop het skaars die kussing geraak (net voor 4...) en toe's ek weg...
Sondag die wekker gestel vir 10 uur... Wou nog bietjie lê, maar ons moet op. Vandag is dit lunch saam met Corman en tannie Karen by Angie's in Honeydew... Eers gou by Cresta in gehardloop om by die tuisnywerheid 'n bordjie soet en sout te kry vir vanaand se kerk, en toe's ons vort. Met die plek gereël dat ons dit net na 4 sal kom haal, want anders raak dit suur in die kar... (dis mos warm in die kar, en die room gaan suur word...) Die dame by die tuisnywerheid verseker ons nogal hulle is oop tot 5 uur!! Wel, is Angie's nie 'n wonderlike plek nie. Buite op 'n kleinhoewe, met plek vir die kinders om te speel en te swem, terwyl die grootmense kuier en hulle self verlustig in die heerlike kos van Angie's! Corman en tannie Karen met hulle kiddie's Werner en Wilmari, Mark en Elsabè, Stef en Ciela, Mike en Griet en klein Rudi, en nog mense wat ek nie die name van kan onthou nie. Ek en Christo bestel elk 'n voorgereg.... slakke in phylo deeg. Julle kan net dink hoe lekker dit moes gewees het... Heerlik!! Vir hoofgereg vat ek beesstert in 'n rooi wyn, en Christo eet eend. Nee kyk, hier kan ons gerus weer kom kuier. Miskien volgende keer vir Dad en Moeder bring as hulle kom kuier... Ons kuiertjie vlieg verby, en net voor 4 is ons weer oppad. Die volgende afspraak wag... Eers gou by Cresta gestop om ons soet en sout by die tuisnywerheid te kry... en daar's hulle toe!! Kan julle glo, hulle is toe!! dit nadat die vrou vir ons uitdruklik gesê het hulle is oop tot 5 uur! Christo bel toe maar die 'nood nommer', en daar verseker die partner sy kom dadelik om ons te help. Wow, ek sal beslis weer by hulle koop, want die diens was wonderlik! Al die pad van Greenside af gekom net om ons soet en sout uit die yskas te haal. Karen, julle kry my 'thumbs up' vir diens! Gou 'n draai by die kerk gemaak om ons lees-stukke te oefen, toe huistoe om ons deur 'n stort te sleep, en toe weer terug kerk toe. Vanaand is ons Kerssang diens, en dominee Trevor het vir my en Christo gevra om stukkies uit die Bybel voor te lees. Wat 'n wonderlike diens was dit nie. Menigte mense het 'n traan afgevee toe daai 3 kindertjies van die Abram Kriel Kinderhuis so mooi gesing het... ek inkluis! Ek het net weer opnuut besef hoe bevoorreg ek is om nog my Dad en Moeder saam om die Kerstafel te kan hê... Na die tyd saam met almal gaan koek en tee, en teen 9 huistoe.
Wel, Dinsdag die 2de verjaar my liefste vriend Janneman, en Donderdag die 4de sou dit my liefste vriend Schalk se verjaarsdag gewees het. Janneman, ek wens vir jou net die mooiste toe vir die jaar wat kom. Mag jou dae gevul wees met sonskyn, reën op jou lande, en rose in jou hart. My vriend, onthou ek is oneindig lief vir jou, en ek wens dit vir jou toe wat ek graag vir myself wil hê!!!
My wens vir die week:-
When we share laughter, there's twice the fun. When we share success, we surpass what we've done. When we share problems, there's half the pain. When we share tears, a rainbow follows rain. When we share dreams, they become more real. When we share a smile, then our love shows... Thanks for being my friend!!
Geniet die week, en tot ons weer gesels; no worries mate, en take care.
Coen xxx
Die Deacon's 'down under' se nuwe baba....
Oom Corman en tannie Karen.
Kyk net hoe groot het Werner en Wilmari geword!!
Mamma Grethe, klein Rudi en Cecile.
Christo met Rudi Schùsler.

No comments: